Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nog 'n Oorlogsgedig

So, 05 Januarie 1997 00:00

     SOEBATSFONTEIN
       Donald Riekert

Die herder het sy
hande teen die swartdoring
uitgesteek en gesoebat dat
die Boesmanjagters hom nie
sal laat proe aan die
bitteraalwyn     Maar op
swart klippers  van daardie
fontein het die pyl sy
oophand rooi laat blom

   Terwyl ek die bostaande gedig sit en intik, voel ek
my hart seerder en seerder word vir al die menselewens
wat gesneuwel het in oorlogvoer tussen mens en mens
op die suidelike punt van Afrika:  gevegte tussen swart
stamme, oorlogvoering tussen swart en wit op die grense,
oorlogvoering van wit teen wit in die  Eerste en Tweede
Vryheidsoorloëe.  Net in die laaste dekades : 4816  dood
in 'n onnodige  grens-oorlog (4785 aan die een kant, 31
aan die anderkant.) Wat 'n onnodige verspilling van
bloed. Wat 'n  versaking van dit wat die mens glo van die
dier onderskei.
    Maar suider-afrika is nie alleen nie. Hier in  Noord-
Amerika  was daar gedurige bloedverspilling  van die 17de
tot die 19de eeu. Franse teen Engelse,  eerste nasies teen
mekaar of teen die witman.  Die laaste inheemse mens op
die eiland van Newfoundland was 'n vrou,  wat die Engelse
witmense uit die heuwels uitgelok het met die belofte van
presente. En toe sy nou naderkom, toe skiet hulle haar dood.
Wie is dit wat gesê het : " Would it not be nice if one day
they gave a war, and nobody came."

   Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

'n Paar tuisblae...

Sa, 04 Januarie 1997 00:00

,n Paar interessante tuisblae van Suid-Afrika af...

Main Street South Africa:
http://www.mainstreet.t5.com/index~1.htm

Die Boerevolk in Afrika:
http://www.webcom.com/perspekt

South Africa: Discover a Vast & Varied Land (Univ Illinois Homepage):
http://rodie.animal.uiuc.edu/Documents/RSA.html

============================================================ ================
| ("`-''-/").___..--''"`-._ ANDREW HARWOOD |
| `6_ 6 ) `-. ( ).`-.__.`) Environmental Engineering |
| (_Y_.)' ._ ) `._ `. ``-..-' Carleton University |
| _..`--'_..-_/ /--'_.' ,' |
| (il).-'' (li).' ((!.-' Email: AHar...@Chat.Carleton.Ca |
| OR Har...@Engsoc.Carleton.Ca |
| From "Darkest Africa"... Postal: 7 Weatherwood Crescent |
| Vanuit "Donkere Afrika"... Nepean, Ontario; K2E 7C5; Canada |
============================================================ ================

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Twee Oorlogsgedigte

Vr, 03 Januarie 1997 00:00

Ek het grootgeword in SA met stories oor die Tweede
Wereldoorlog, stories met name soos Tobruk daarin,
stories vertel deur ouerige manne met 'n sekere kyk in
die oë, asof oorlog gevaarlik maar tog ook lekker kon
wees. Dis eers toe ek hier in Noord-Amerika aanland
en sien watter verwarring Vietnam in die psige van die
noord-amerikaner teweeggebring het, dat ek oorlog met
'n giftige haat begin haat het. En dat my geboorteland
nou sy eie Vietnam moes deurgaan : die verspilling van
onnodige bloed, die kille manipulasie van menselewens
vir politieke gewin, die uiteindelike vernedering van nie
eens 'n militere sukses te behaal nie. Hier volg twee
gedigte uit daardie oorlog.

GUNSHIP BLUES
Charl Durand

Ratel rations
terrs vir brekfis
Angolese pesos in my hand
boshoed pasop
breekpunt Charlie
blinkboud op Zambezi-walle.
Pb's weet
landmynskrapnel
R1 bid
my God is naby.
Rooilynkaart
Boesman sing
Swapo sny lyn
Kolonel Koljander
soeksteek hier
patrollie daar
bivouac vannag
boshappy daglig
prewel sakbybel
pantserhart
bloederige rendezvous
chopperstretcher
almal saam:
ons vir jou,
Pretoria.

Rundu April 1985

NAWEEKPAS
Antjie Krog

skutter 68474790 K
D-Kompanie uit die kommando vir Bloemfontein-distrik
het die naweek pas gekry
die eerste skurfte van geweld
reeds barsies in die kolf van sy slape
sprei venynig skrootfyn oor die sneller onderlip
in loopgrawe verskans swel sy takdun enkels
skuil sy oortromme en tong
klawerkoeëls onder sy vingers
klanke van geweerloopfluite
en 'n hewige opmars van simbale oor die veld

daars 'n vreemde vrees in my voetsoldaat se oë
die skertsblou verdonker halt gespanne
in baretkakie saluut
vanuit my arms mortier sy liggaam telekse van
onrus en veldmyne
die hele huis ruik meteens na oorlog
soggens is daar bloed aan die takke
en kry ek soms my skutter buite
sy geweer soos 'n varkblom in sy arms
sy skouers weerloos laai ek sondagaand by die kamphek af
en keer magteloos
en pasloos terug
om met blote bestaan
'n toekoms vir sy ondergang te bou.


(ingetik deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 9 kommentare

De Zuid-Afrikaanse ambassade in Brussel is online !

Vr, 03 Januarie 1997 00:00

Bezoek de website van de Zuid-Afrikaanse Ambassade in Brussel:

http://www.ambassade.net/southafrica

U vindt er een massa informatie over het land en zijn 9 provincies,
economische indicatoren, reisinformatie, en nieuws.

Zuid-Afrika biedt aan de Europese bedrijven en investeerders
talloze interessante opportuniteiten inzake import/export en handel.

Via haar online nieuwsbrief zal de Zuid-Afrikaanse Ambassade in Brussel
u op de hoogte houden van het laatste nieuws en zakelijke opportuniteiten
uit Zuid-Afrika. Indien u geen WWW-toegang hebt, kunt u zich abonneren
op de nieuwsbrief door een e-mail te sturen aan lists...@ambassade.net,
met in de body van het bericht de tekst "subscribe southafrica Uw Naam".

--
INTERSIGHT NV - Internet Presence and Content Provider
Guido Gezellestraat 10, B-8790 Waregem (Belgium)

[ Phone ] +32 (0)56 61 50 32
[ Fax ] +32 (0)56 61 50 30
[ Mail ] in...@intersight.be

[ be.announce is moderated - send submissions to be-an...@innet.be ]

Emigrasie & buiteland | 0 kommentare

Haiku deur Helene Kesting en Leon Retief

Vr, 03 Januarie 1997 00:00

Die klein haiku-versvorm, oorspronklik van Japan,
het in hierdie eeu 'n popule^re versvorm geword oor
die hele wereld. Daar is haiku-verenigings en haiku-
eposlyste in baie lande.Dis 'n sosiale vorm van dig.
Mense neem aan kompetisies deel; mense skryf haiku
saam met ander mense. Dikwels word 'n ékigoë aan jou
gegee - 'n woord wat jy dan in 'n haiku moet gebruik.
Klassieke haiku in Japannees moet altyd net uit
17 lettergrepe bestaan. Hier is een wat elke skoolkind
in Japan ken.

Furuike ya kawazu tobikomu mizu no oto
BASHO

ou vywer --
'n padda spring in:
geluid van die water

Wanneer mense deesdae haiku skryf, gebruik hulle nie altyd
die skema 5 -7-5 lettergrepe in drie reels nie. Hulle probeer
egter om 17 of minder lettergrepe te gebruik en respekteer
daarmee die pittige aard van die haiku.
'n Haiku moet verkieslik geen metafore of vergelykings
bevat nie. Dit moet eerder 'n "snapshot" wees van 'n toneel
of 'n moment, wat direk tot die hoorder spreek en in sy gees
weerklank vind. In die meerderheid van die haiku-voorbeelde
hieronder, is daar nog eintlik teveel metaforiese assosiasies.
Hier volg ses Afrikaanse haiku. Die eerste drie is deur
Helene Kesting. Die laaste drie is deur Leon Retief.

Huisie in die reën,
sy groen staandakkie laag
oor sy oë getrek

Die dagbreekwind se
koue snoetjie kom in by
die venster en snuif

Skemerskaduwees
val kuiltjies in die wange
van Die Apostels

selonsrose pienk
en wit - die N1 hoofweg
weerskante swart

duiwe koer en maak
mekaar die hof - in hul nes
die vreemde eier

blink groen blaartjie -
die vlieg in omhelsing
met die spinnekop

(vertaling van japannese haiku deur izak bouwer)
(ingetik deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Laurens van der Post

Vr, 03 Januarie 1997 00:00

Ek het net verneem van die dood van Sir Laurence. Was daar berigte hiervan
in die RSA pers. Hier was geen woord daaroor nie ons is te besig om te
skaats.
Vriendelike groet
Xfiles

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Afrikaanse Musiek Midis?

Do, 02 Januarie 1997 00:00

Is daar iewers waar ek "midis" of "wavs" kan kry van tipies Afrikaanse musiek?

Colin
gar...@iafrica.com

Musiek & liriek | 0 kommentare

'n Gedig van ANTJIE KROG

Wo, 01 Januarie 1997 00:00

MA
Antjie Krog

Ma, ek skryf vir jou 'n gedig
sonder fênsie leestekens
sonder woorde wat rym
sonder bywoorde
net sommer
'n kaalvoet gedig -

want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand
vir jou Here God.
jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie.

(ingetik deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Drie gedigte van MATTHEWS PHOSA

Wo, 01 Januarie 1997 00:00

Die gedigte in Matthews Phosa se bundel is geskryf
tussen 1970 en 1995. Die eerste twee bitter gedigte
is duidelik uit die apartheidsjare. Die derde gedig moet
van later wees. Hy is vandag premier van Mpumalanga.

WIE IS EK?

Wie is ek in my geboorteland?
Ek is 'n kneg van die immigrant;
hy wat my verniel en verwoes,
op my spoeg met wette
wat my soos kanker laat verval.

Wie is ek in my geboorteland?
My oupagrootjie was 'n kaffer,
my oupa 'n naturel,
ek is vandag 'n bantoe,
my seun wat de hel?

Wie is ek in my geboorteland?
Ek is die mees onderdrukte,
die mees gekulde,
die mees ontroue -
die mees gevreesde "vyand".

"ONLY"

Jy is uitgeput van die dag se gewoel,
jy wil 'n rukkie net ontspan;
daar staan 'n stoel, maar
jy mag nie daarop sit nie,
daar staan "only".

Jy is lus vir koeldrank of tee,
jy wil dit gaan drink
in die naaste kafee, maar
oor di'e drumpel durf jy nie,
daar staan "only".
Oral waar jy gaan,
waar jy in stilte wil lees
of by iets bly staan,
wil eet, wil droom, of in slaap vergeet,.
daar staan "only" in jou pad:
WHITES ONLY.

HOE

hoe moet ek praat
wat moet ek sê
hoe kan ek praat
in hierdie vierkantige kamer
dat die wereld kan hoor
hoe kan ek die waarheid oopvlek
voor mense wat dit so haat
hoe kan ek praat
my saak stel
duidelik vir almal
wat moet ek sê
om ministers en senatore te behaag
moet ek leuens vertel oor myself
hoe kan ek
hoe?

(ingetik deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 6 kommentare

Re: Afrikaanse Radio - ek gaan weer probeer......

Di, 31 Desember 1996 00:00

Hannes het geskryf:

> Radio Sonder Grense saai nog steeds uit en ek vang dit op in die VSA op
> 3360.

Jy gee my nuwe moed.
Dankie, ek sal dit dadelik probeer. Ek het al my gat af gesukkel om radio RSA
in Australie te kry. Eerstens het die ambassade hier my 'n klomp frekwensies
gegee wat oud was en niks opgelewer het nie.

Uiteindelik het ek 'n nommer gekry en die SAUK in
Kaapstad gebel 021-5511592 - vra vir "Senderbeheer"
- hulle het my 4810 khz en 3230 khz gegee,
maar ek het slegs iets op 3230 khz gekry. Dit was egter onhoorbaar
sleg, en in die middel van die nag. Toe het ek opgegee.

Wil iemand in SA hulle nie bel en vir ons seg wat aangaan nie ?
(Laas het dit my $15 gekos voor ek by die regte ou uitgekom het)
en vir ons die tye gee ?

In Sydney kan mens maar opgee, daar is te veel radiostorings.
Perth is meer stil wat radiostorings betref. Maar jy het nog steeds
'n lang draad nodig.

Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1565  1566  1567  1568  1569  1570  1571  1572  1573  1574  1575  1576  1577  1578  1579  1580    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 11:30:22 MGT 2024