Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Haiku deur Helene Kesting en Leon Retief
Haiku deur Helene Kesting en Leon Retief [boodskap #7929] Vr, 03 Januarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die klein haiku-versvorm, oorspronklik van Japan,
het in hierdie eeu 'n popule^re versvorm geword oor
die hele wereld. Daar is haiku-verenigings en haiku-
eposlyste in baie lande.Dis 'n sosiale vorm van dig.
Mense neem aan kompetisies deel; mense skryf haiku
saam met ander mense. Dikwels word 'n ékigoë aan jou
gegee - 'n woord wat jy dan in 'n haiku moet gebruik.
Klassieke haiku in Japannees moet altyd net uit
17 lettergrepe bestaan. Hier is een wat elke skoolkind
in Japan ken.

Furuike ya kawazu tobikomu mizu no oto
BASHO

ou vywer --
'n padda spring in:
geluid van die water

Wanneer mense deesdae haiku skryf, gebruik hulle nie altyd
die skema 5 -7-5 lettergrepe in drie reels nie. Hulle probeer
egter om 17 of minder lettergrepe te gebruik en respekteer
daarmee die pittige aard van die haiku.
'n Haiku moet verkieslik geen metafore of vergelykings
bevat nie. Dit moet eerder 'n "snapshot" wees van 'n toneel
of 'n moment, wat direk tot die hoorder spreek en in sy gees
weerklank vind. In die meerderheid van die haiku-voorbeelde
hieronder, is daar nog eintlik teveel metaforiese assosiasies.
Hier volg ses Afrikaanse haiku. Die eerste drie is deur
Helene Kesting. Die laaste drie is deur Leon Retief.

Huisie in die reën,
sy groen staandakkie laag
oor sy oë getrek

Die dagbreekwind se
koue snoetjie kom in by
die venster en snuif

Skemerskaduwees
val kuiltjies in die wange
van Die Apostels

selonsrose pienk
en wit - die N1 hoofweg
weerskante swart

duiwe koer en maak
mekaar die hof - in hul nes
die vreemde eier

blink groen blaartjie -
die vlieg in omhelsing
met die spinnekop

(vertaling van japannese haiku deur izak bouwer)
(ingetik deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Hierdie lys is so tipies Afrikaans...
Volgende onderwerp: 'n Paar tuisblae...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 23:21:26 MGT 2024