Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Konferensie oor tuisonderwys

Ma, 13 Januarie 1997 00:00

Die Vereniging vir Tuisonderwys se (tweede) jaarlikse konferensie en
onderwysmark word op 18 Januarie in Pretoria gehou.

Navrae per e-pos aan my.

Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

op reis in zuid afrika

Ma, 13 Januarie 1997 00:00

hoi,

in februari verblijven we een maand in zuid afrika

als je interessante sites weet waar we culturele informatie kunnen
halen, mag je die altijd doormailen
(films, musea, leuke plekjes, ...)

alvast bedankt
Karel.

Reis & vakansie | 0 kommentare

'n Gedig deur OLGA KIRSCH

Ma, 13 Januarie 1997 00:00

Illusie
Olga Kirsch

Soms as ek in die silwer skemering stap
met oë half toe, want die ligte reën
prikkel my wange, dans en trippeltrap
verby my lippe en om my oë heen,
dan sak die stilte in 'n klamme vlaag
oor alles, donkergroen en silwergrys
die denne, en ek slaan my jas se kraag
hoër om my nek. Daar's iets wat eis
dat ek meteens met ligter tred moet gaan,
met tintelende ekstase in my bloed.
Dalk aan die einde van die lange laan
gaan ek jou, liefste, ylings tegemoet?

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Koos Kombuis

Ma, 13 Januarie 1997 00:00

Ek is opsoek na gedigte van Koos Kombuis, kan iemand my asseblief help
hiermee?

dankie
maankind

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: vervelige nuusgroep......AGTERBANKERS

Ma, 13 Januarie 1997 00:00

Julle ou agterbankers, draadsitters,
randsitters, suurgatte en winddrolle
Julle wat so kla oor die nuusgroep,
wat se bydrae maak julle ?
As julle iets beters het om te vertel,
se dit, of hou jou bek en skoert.

hou tog op met mor en pruttel, en maak 'n bydrae.
En as iemand dit afskiet, wat daarvan ?

(Terloops, as julle dalk weet hoe loop die snoek,
vertel tog vir ons....)

Vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Afrikaanse Kortgolfradio: Ek kry 'n seintjie !!!

Ma, 13 Januarie 1997 00:00

Ek het my slaapmus afgehaal,
my DRAADLOOS ingestem,
noudieaand om 2vm in die oggend,
(ja wragtie - ek is so begeesterd)
en waarlik ! ek het die STEMME gehoor.
Dit is nou op my ou KORTGOLF-RADIO, hier in Australie.
tussen al die suising en krake en blitse en gesis deur.

Ek kon uitmaak dit is in Afrikaans,
maar kon nie hoor wat die ouens seg nie,
die ou seintjie is te vrot, dit FREK maar so oor die lang pad.
Nou gaan ek vir my 'n moerse LUGDRAAD span
(wee die voel wat daarop sit en skyt),
om my SEINSTERKTE met so 'n ou DESSIEBELLETJIE of twee op te stoot.

(Julle ouens wat nie kortgolf luister nie,
het julle geweet dat daar 'n sekere algemene steuring
voorkom wat klink NES vet wat op warm kole val,
soos wanneer jy wors braai ??)

Gaan kry dadelik vir jou 'n draadloosie,
die nuwes is digitaal en goedkoop ook.

Aan julle ouens wat raad gegee het oor RADIOGOLWE en FREKWENSIES
Baie dankie !
(FREK-WENSIE is so 'n mooi woord, dit is my testament)

Van elektroniese kontakdoos tot kontakdoos, vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Laurence as entertainment

So, 12 Januarie 1997 00:00

>> Sir Laurens in my oe was een van die groot geeste van ons tyd.... waarom
>> nou weer in die "gutter" gaan rondgrawe?>>
>
> OK. So jy se se moer met die kind wat sy aandag probeer kry het en
> keer op keer verwerp is.
> Te moer met die tiener wat hy verwagtend gemaak het.

> ...die skynheilige ou drol.
>
Ek sou sê dis sterk gestel.

Eintlik is ons maar almal skynheilige koeikoekies op een of ander stadium
van ons lewens. En sukkel ons maar een of ander tyd om met een of ander
geraamte vrede te maak. En as jy in die kalklig is, en ek dink ou Laurence
het die kalklig terdee geniet, wel, live by the gun, die by the gun. (Ek
onder of sy peetkind of wat ookal, prince Charles, sy trieks by die sir
geleer het?)

Let's face it, die ou was 'n groot gees. Gee hom dit gelyk. Dit is egter
vir my verskriklik _toevallig_ dat die ou vroutjie nou na die sir se dood
eers met haar storie by die pers uitkom. Ag maar so what, dis eintlik maar
net entertainment vir die res van ons, iets om oor te gesels oor ons
koppies rooibos.

Want dit is eintlik wat my tref uit die media-kaskenades soos die wat arme
Sir Laurence getref: Enige brokkie "nuus" word aan die populi opgedis as
entertainment. En ek sê ENTERTAINMENT, want we've done and seen it all, en
niks skok ons meer nie. So niks is eintlik nuus nie, dis bloot
entertainment. (Die woord "vermaak" dra nie oor wat ek bedoel nie.)

Bewaar jou as die media jou met jou broek onderkant jou kniee vang, want
daar is 'n honger, bloeddorstige massa wat verslaaf is aan hulle daaglikse
fix sinnelose pret

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Joburg Review - bydraes gevra.

So, 12 Januarie 1997 00:00

Okay, asseblief, al die mense wat kla oor die gediggies op die nuusgroep,
moet om hemelsnaam nie verder lees nie!

Almal weg? Mooi.

Hier is 'n paar mense in Gauteng wat 'n literêre tydskrif met die naam
Joburg Review op die been gaan bring. Ten spyte van die Engelse naam is dit
oop vir bydraes in enige taal -- ons gaan selfs probeer om bydraes van bv
die Portugese gemeenskap te kry. Waar moontlik gaan bydraes in vertaalde
vorm ook geplaas word.

Daar is nie veel "outlets" vir nuwe Afrikaanse skrywery nie, so ons hoop
dat Joburg Review dalk sal help om ongepubliseerde werk onder mense se
aandag te bring. Dus nooi ons almal uit om bydraes te stuur
(ev...@aztec.co.za) vir die eerste uitgawe. Gedigte, kortverhale, en
grafiese werk word aanvaar. Werk met Johannesburg -- in al sy fasette -- as
tema sal natuurlik voorkeur kry, maar ons is nie radikaal provinsialisties
nie. Ek dink dit sal bv nogal interessant wees om bydraes van oorsese Suid
Afrikaners te ontvang wat van die gevoelens wat al hier uitgespreek is
weergee.

Joburg Review gaan nie 'n stywelip, akademiese publikasie wees nie, maar 'n
lekkerlees publikasie met film en boek reviews ook. Dit beloof om 'n spieel
van literêre trends in 'n vinnig veranderende Suid afrikaanse gemeenskap te
wees.

Charl

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaners in Toronto?

Sa, 11 Januarie 1997 00:00

Ek sal graag in kontak wil kom met Suid-Afrikaners wat huidiglik in Toronto
of (ook) Ontario woon.

Skryf asb direk aan jvan...@usa.net

Dankie
Jean

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"eerste aand" - FANIE OLIVIER

Sa, 11 Januarie 1997 00:00

eerste aand
Fanie Olivier

in my binnebaadjiesak
is 'n blaar en 'n duifie
'n karba vol wyn
my klein prinses

die speke sjrr sjrr in die langpad
af na die huis toe;
agter lê berge en ys
my klein prinses

my hart kom aangejaag
saam met die wind en ek sing
soos ek kom
my klein prinses

in my binnebaadjiesak
is 'n blaar en 'n duifie
'n karba vol wyn
my klein prinses

ek ruik die bakoond bo die bossies uit
en jou roep bo die gekarring van die ketting
ek ruk my baadjie oop vir jou
my klein prinses

uit my binnebaadjiesak
'n blaar en 'n duifie
en 'n karba vol wyn
my klein prinses

(gepos deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1561  1562  1563  1564  1565  1566  1567  1568  1569  1570  1571  1572  1573  1574  1575  1576    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 11:22:12 MGT 2024