Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrikaanse Kortgolfradio: Ek kry 'n seintjie !!!
Re: Afrikaanse Kortgolfradio: Ek kry 'n seintjie !!! [boodskap #8026] Ma, 13 Januarie 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het my slaapmus afgehaal,
my DRAADLOOS ingestem,
noudieaand om 2vm in die oggend,
(ja wragtie - ek is so begeesterd)
en waarlik ! ek het die STEMME gehoor.
Dit is nou op my ou KORTGOLF-RADIO, hier in Australie.
tussen al die suising en krake en blitse en gesis deur.

Ek kon uitmaak dit is in Afrikaans,
maar kon nie hoor wat die ouens seg nie,
die ou seintjie is te vrot, dit FREK maar so oor die lang pad.
Nou gaan ek vir my 'n moerse LUGDRAAD span
(wee die voel wat daarop sit en skyt),
om my SEINSTERKTE met so 'n ou DESSIEBELLETJIE of twee op te stoot.

(Julle ouens wat nie kortgolf luister nie,
het julle geweet dat daar 'n sekere algemene steuring
voorkom wat klink NES vet wat op warm kole val,
soos wanneer jy wors braai ??)

Gaan kry dadelik vir jou 'n draadloosie,
die nuwes is digitaal en goedkoop ook.

Aan julle ouens wat raad gegee het oor RADIOGOLWE en FREKWENSIES
Baie dankie !
(FREK-WENSIE is so 'n mooi woord, dit is my testament)

Van elektroniese kontakdoos tot kontakdoos, vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Vorige onderwerp: SKYT-SKYT DIE BULT YT.....................
Volgende onderwerp: Konferensie oor tuisonderwys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 02:12:08 MGT 2024