Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Twee Mossies" van DONALD RIEKERT

Vr, 24 Januarie 1997 00:00

TWEE MOSSIES
Donald Riekert

Die ou Engelse sendeling
beduie met altwee hande
Hou hy die Genade uit na
swart gesigte Waai sy wit
baard bo blou are op sy voor-
kop Sy stem roep uit die ou
afdak God hou julle in sy hand
En 'n warrelwind stort twee
klein mossies in sy oophand uit

(gepos deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

AUSTRALIE: DIE DAG TOE DIT SO BLERRIE WARM WAS....

Vr, 24 Januarie 1997 00:00

As 'n Kangeroe verbygespring kom en jy sien haar kleintjie
het uit haar buidel uitgeklim en klou aan hare ore vas,
dan moet jy weet dis blerrie warm.

Julle het seker gelees dat hier in Australie
met die tennis-kampioenskappe, is dit so warm
dat die hare van die balle afsmelt.
(nie die kangeroe-balle nie, die tennisballe).
Nouja, met nuwejaar was daar 'n ysige koue in Europa
wat rekords daar gebreek het, en terselfdertyd was daar hier
'n hittevlaag wat rekords gebreek het by ons in die suide.
(ek het nog altyd gedink warm lug styg op, en koue sak af,
maar dit is maar 'n deurmekaar wereld).

Op nuwejaarsdag het ons besluit om saam met 'n ander gesin
vir 'n paar dae te ontspan in 'n verlate sinkdakhuisie in die "outback".
'n Dom ding, want ons weet dit word tussen 5 en 10
grade warmer as by die kus. Nuwejaarsdag breek aan en breek 'n rekord:
dis 42 grade by die kus. En toe ons in die verlate heuwels aankom
wys die termometer 45. En dis nog nie eers middag nie.
Ons sluit die huisie oop. Kerse in die huisie is pap-omgebuig,
die kerswas so sag soos klei.

Toe ek probeer om die enjin aan die gang kan kry vir die ligte en waterpomp,
pas die sleutel nie. 5 Minute se gevroetel met sleutels
laat my voel asof ek 50km gehardloop het met geweer en volle mondering
in die army. Ek gee op, my Australiese vriend le^ in die skaduwee -
sy go^ is lankal uit. (Hulle gaan nie army toe nie).
Ek probeer water met 'n emmer uit die sinkdam kry,
maar toe ek aan die dam se warm deksel vat brand ek my soos op 'n stoof.
Toe ons weer kyk is dit 48 grade. In die skaduwee.
En daar is geen yskas nie, geen waaiers nie, niks lopende water nie.

Ons kry almal in die karre en sak af na die naaste ou dorpie toe.
Die kinders se wange is bloedrooi, ek kyk in die spieel en my wange
is nie net rooi nie, my oe is opgeswel. My vrou is so koel
soos 'n komkommer. Sy kom van Upington. Sy kan hitte vat.
Die lugreelaar in die kar werk so hard ek kan die kar nie uit 2de rat
kry nie. Ons kom by die dorpie se swembad aan en almal is daar.
Die kinders swem lekker saam met die Aboriginies.
(In die swembad is almal se snot groen, so wie gee om ?)

Ons koop ys in die dorp en ry toe maar terug, want ek wil potjiekos maak.
By die sinkdakhuisie is die termometer nou al op 50.
Ek kan dit amper nie glo nie. Die sak ys het intussen sommer verdamp.

Ek probeer vuurmaak maar die son brand die vuur dood.
Toe maak ek maar vuur in die skaduwee.
Dit brand gou uit. Ek sit die pot in die son
en dit begin sommer vanself prut.
Niemand is honger nie. Die kinders is lusteloos.
Bruce le^ lui en onbeweeglik op die stoep.
Die vrouens probeer die kinders koelwaai.
Die kaas wat ons saamgebring het, verander in olierige pappery.
Ek skink 'n dop maar die alkohol verdamp voor dit in my keel kom.

In die verte sien ons skape. Hoe warm moet hulle nie kry met hul
woljasse nie ? Ons sien uit na 'n koel aand, maar tot ons ontnugtering
val dit net tot 43 grade want daar is geen wind nie, die lug is doodstil.
Die sterre pragtig. Jagse jagspinnekoppe kom uit en loop rond in die flitslig.
Ek sien die grootste jagspinnekop in my lewe, gelukkig aan die buitekant
van die sifdeur. Toe die dag breek spring almal in die kar.
Bruce lyk verlig, hyt gedink ek gaan nog 'n dag bly - hy wou die vorige
dag al padgee.

By die kus gekom is dit 39 grade. Dis niks. Daar waai 'n seebriesie. Goddank.
Net daar neem ek my voor: Nooit weer sal ek oor die blerrie seebries
kla wat my visvang bederf nie.

vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Akkommodasie in Hondeklipbaai

Vr, 24 Januarie 1997 00:00

Ervaar die wildernis van die Weskus. Hondeklipbaai.
Ten volle toegeruste chalets. Slaap 4 persone.
Jetmaster en braaigeriewe. Ryke seelewe (kreef , mossels en vis)
Vir meer inligting : enh...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bill Booth droom in Zulu.

Vr, 24 Januarie 1997 00:00

Nou die dag kry ons 'n brief van Bill Booth.
Bill en sy vrou bly in Bar Harbor, Maine. In die
brief vertel Bill dat hy in Zulu gedroom het, die
nag nadat sy seun vir hulle vertel het dat hy vir
hulle later in die jaar na Suid-Afrika gaan neem.
Bill sê van sy droom: "You'd be surprised how
good my vocabulary and intonation turned out!"
Om sy verbasing te verduidelik, moet 'n mens
weet dat Bill en Zilpha Suid-Afrika laas in 1964
gesien het. Bill was predikant op Adams Mission
toe ek hom ontmoet het. Die Amerikaanse Sending-
stasie was alreeds daar gedurende die tyd van die
Voortrekkers. (Andrew Lindley was een van hulle.)
Bill Booth het Zulu goed genoeg geken om daarin
te preek. Hy kon hom ook bedien in Afrikaans.
As die wette van apartheid en die inmenging
van Bantoe-Onderwys nie daar was nie, sou Bill en
sy vrou en kinders nou nog in SA gebly het. Hulle
het twee kinders in SA aangeneem, kinders wat nou
nog voel dat hulle eintlik Afrikaners is - hulle het
albei suspisie dat hulle natuurlike ouers Afrikaners
was. Maar in 1964 het hulle besluit om SA te verlaat,
omdat hulle nie langer in so 'n land wou bly nie.
Ek luister so na wat sommige mense op die nuus-
groep praat van ekspatriate en dat hulle geen reg het
om nog wortels in SA te hê nie. Ek wil vir hulle sê:
dink aan Bill Booth, 'n Amerikaner wat in Zulu droom.
'n Amerikaner wat heelwaarskynlik sy Afrikaans in sy
kop oefen, sodat hy die taal kan praat wanneer hy daar
aankom later hierdie jaar.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Antjie Krog, FEMINISTE en so aan...

Do, 23 Januarie 1997 00:00

Ek het nie vergeet van my ou vriend Charl se digbundel nie,
ek soek my gat af na die ding en ek kry dit nie,
(ons het na 'n ander huis getrek).
Ek het ook baie baie lank gelede gesê ek sal vir Koos (dis Koos nr 1)
vertel van Sydney, ek moet net nog daarby uitkom.
Intussen soek ouens soos Herman onnodig moeilikheid met my....
Hy dink ek en jy is dieselfde..
(miskien help dit as jy hom vertel jy is 'n vrou en ek 'n man...)

Die aanhaling oor Mao tse Tung is waar hoor! (maar my vry vertaling).
Die Marxisme en kommunisme het nogal baie te sê oor vroue-uitbuiting,
dis eintlik inherent aan Kapitalisme om die vrou (en andere) uit te buit.
Marxisme staan die emansipasie van ALMAL voor,
terwyl die pienk liberaliste in die Weste gedurig almal in
kompartemente verdeel: "gelyke" regte vir vrouens, swartes,
homoseksuele, minderheidsgroepe, regte vir diere ens. ens.
Daarom het ek meer simpatie met die Marxistiese ideaal van
vryheid en emansipasie vir almal. Die Kapitaliste se perspektief
hieroor ondergrawe hul eie argumente.

Moenie dink oor ek nie tyd het vir feministe nie
dat ek nie teen die uitbuiting van vroue ens. is nie.
My ma is as 'n vrou uitgebuit toe sy as weduwee moes gaan werk
het om die pot aan die kook te hou, en daar is mense baie na aan
my wat, sê nou maar, "anders" is.

Maar wat my die moer in maak is bv. hier in Polities Korrekte Australie
(by gebrek aan ander politiese kwessies),
daar bv. lesbiese drukgroepe is wat sê dat lesbiese "egpare"
NET SO GOED en NET SO NORMAAL 'n kind kan grootmaak
as 'n man/vrou egpaar, en dat die staat (dis nou ons)
nog boonop moet betaal vir hul bevrugtingsoperasie!.
Want mens mag mos nie "diskrimineer" teen hulle nie. ens ens.
Dis mos nou sommer snert!
Ek het geen twyfel daaraan dat hulle 'n kind kan grootmaak nie,
maar dit is NIE dieselfde nie en vir die kind is 'n "GEWONE" egpaar beter!
En asof daar nie reeds genoeg wette is teen diskriminasie is nie,
moet daar SPESIALE wette gemaak word vir diskriminasie teen Homos.
En dan wil hul seker ook spesiale wette he^ vir swartes, en chinese,
en vietnamese en ex-pat suid-afrikaners ens ens....
(asof meer wette nou gaan help dat hul ophou met "poofter-bashing").

Nee wat ou sus, ek was my my lewe lank teen diskriminasie,
maar ek het nie tyd vir pienk liberaliste nie.
En ek sal nooit om verskoning vra omdat ek 'n ware man is nie.
Ek is nie 'n SNAG nie ("Sensitive New Age Guy").
(meisies sê hul gesels graag met SNAGS,
maar hulle gaan nie graag met hul bed toe nie)
Ek ruik nog na sweet, seesout en twak. (soms na aas ook)
En ek maak nog deure vir vrouens oop.
Vrouens is heerlik anders. Gelykheid se gat.
Ek koop vir my dogtertjie 'n pop en nie 'n lugdrukboor nie,
en my seun het nie 'n pienk teestel gekry vir kersfees nie.

Van elektroniese kontakdoos tot kontakdoos, vriendelike groete!
NS: Hoe lyk my e^ vir jou he^ ?
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

aan herman

Do, 23 Januarie 1997 00:00

hallo

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wat is "Crushed Ice" in Afr.

Wo, 22 Januarie 1997 00:00

Ek het die volgende terme in gedagte
1 vergruisde ys
2 gemaalde ys
3 fyn gemaakte ys

Kan Julle moontlik aan nog 'n paar beskrywende terme dink

Hangende groete

Tarzan

Afrikaans, ons taal | 3 kommentare

Wat is die nuwe naam vir 'n driepootpot?

Wo, 22 Januarie 1997 00:00

Die Mandela-Microwave

Cheers

A D

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

EINDE VAN DIE EEU

Wo, 22 Januarie 1997 00:00

Ek het op my tuisblad (http://www.pix.za/nakkie-die-nar)
vir my lesers gevra wanneer dat die volgende eeu begin.
Ek het lekker terugvoering ontvang. Gaan loer bietjie daar
in en lees wat die ouens dink. Sommige sweer op 1.1.2000
en ander sê: "Aikona, dit moet 1.1.2001 wees."

Wanneer dink jy moet jy jou klappers gaan koop om die
nuwe eeu te verwelkom?

Stuur my asseblief jou mening na dm...@pixie.co.za

Groete,

Danie Martins

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Onderwys

Wo, 22 Januarie 1997 00:00

Ek sou graag wou weet wat die onderwysbeleid van die nuwe regering is. In
"my tyd" was dit pover.
Miljoene moes onderwys "ondervind" in n taal wat nie hulle moedertaal was
nie, alhoewel in hul vaderland.
Ek dink hier is verandering ingetree? Kan die verskillende taalgroepe nou
onderrig word in hule eie taal ? (dit is n vraag) Ek kan my voorstel dat
dit waansinnig veel probleme bring. Ook die opleiding van leerkragte. Wie
doen die opleiding vir n groep wat haast geen opleiding geniet het nie. Wie
skryf die boeke, wie bepaal wat? En die GESKIEDENIS, vanuit welke
perspektief?

Ek was op Afrikaans hoër seunskool Pta. (alleenlik blankes, natch.) waar
ons n verwronge onderwys gehad het en ons daagliks vertel was dat ons die
room van die bevolking was. Meer fout kon die lerare nie gewees het nie.
Skuim eerder. Toe op Tukkies verder studeer. Dit was wanhopig en in
vergelyking swakker dan n gymnasium hier in Nederland. Later was ek dosent
aan UCT en by Wes-Kaap. Groot verskille tussen die universiteite m.b.t.
standaard, wat n direkte gevolg was van wetgeving. (Voor-skool, skool en
behuising van die studente (beroep van ouders) detrimenteel beinvloed deur
die wetgeving van die versufte landsregeerders) Was W.A. de Klerk nie
hiermee gemoeid nie?

Dit klink vir my asof die onderwysstelsel nou vir die "eerste keer" van die
grond af opgeset moet word vir die hele RSA. Ook is dit so dat onderwys
nie losstaan van die gehele bestel nie. Alles pril op die oomblik.
Onopgeleides moet oplei. Ongeduld van welke kant dan ook is ongepas op die
moment.Soook afbrekende kritiek. Dit lyk my juis om alle kragte te bundel
en te ondersteun.

Ten minste kan almal nou vrylik praat en hulle stem laat hoor en uitbring.
In "my tyd" was van my vriende en studente hiervoor in huisarres geplaas,
in tronke gesmyt en gemartel, was ons telefoons getap en was ons gereeld
bedreigd en versmaad. (ag dit is nou maar by the way want wie gee om; dis
mos verlede tyd en ons moet dit vergeet. Here and Now is al wat tel en wat
maak dit nou ook uit dat jou geliefdes dood is daar in die wye en droewe
land, of dat jy vir jare as....... o shit ek is nog n bietjie bitter, ek
werk daaraan. )

Met vriendelike groet
Xfiles

Nog n vraag: Is -seg- n gebruiklike woord in Afrikaans. Ek lees die woord
in vreemde kontekste op die ng.

Onderwys & opvoeding | 29 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1557  1558  1559  1560  1561  1562  1563  1564  1565  1566  1567  1568  1569  1570  1571  1572    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 13:44:51 MGT 2024