Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bill Booth droom in Zulu.
Bill Booth droom in Zulu. [boodskap #8140] Vr, 24 Januarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Nou die dag kry ons 'n brief van Bill Booth.
Bill en sy vrou bly in Bar Harbor, Maine. In die
brief vertel Bill dat hy in Zulu gedroom het, die
nag nadat sy seun vir hulle vertel het dat hy vir
hulle later in die jaar na Suid-Afrika gaan neem.
Bill sê van sy droom: "You'd be surprised how
good my vocabulary and intonation turned out!"
Om sy verbasing te verduidelik, moet 'n mens
weet dat Bill en Zilpha Suid-Afrika laas in 1964
gesien het. Bill was predikant op Adams Mission
toe ek hom ontmoet het. Die Amerikaanse Sending-
stasie was alreeds daar gedurende die tyd van die
Voortrekkers. (Andrew Lindley was een van hulle.)
Bill Booth het Zulu goed genoeg geken om daarin
te preek. Hy kon hom ook bedien in Afrikaans.
As die wette van apartheid en die inmenging
van Bantoe-Onderwys nie daar was nie, sou Bill en
sy vrou en kinders nou nog in SA gebly het. Hulle
het twee kinders in SA aangeneem, kinders wat nou
nog voel dat hulle eintlik Afrikaners is - hulle het
albei suspisie dat hulle natuurlike ouers Afrikaners
was. Maar in 1964 het hulle besluit om SA te verlaat,
omdat hulle nie langer in so 'n land wou bly nie.
Ek luister so na wat sommige mense op die nuus-
groep praat van ekspatriate en dat hulle geen reg het
om nog wortels in SA te hê nie. Ek wil vir hulle sê:
dink aan Bill Booth, 'n Amerikaner wat in Zulu droom.
'n Amerikaner wat heelwaarskynlik sy Afrikaans in sy
kop oefen, sodat hy die taal kan praat wanneer hy daar
aankom later hierdie jaar.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: aan herman
Volgende onderwerp: Akkommodasie in Hondeklipbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 20:54:29 MGT 2024