liewe God
Pierrot en ek drink vanaand
Chivas Regal en Mozart met ys
en fyngekapte melancholie
buite het die bome
te diep in die bottel gekyk,
die maan lê papperig, ge-
hangmat tussen sterre
die nag het die blues
en op die laupunkt
vra Duval na die sin
van die bisarre aardse spel.
stiltes raas dinge oop God
"miskien moes donker blou gewees het",
sê ek vir Pierrot. wonder:
is U ook 'n nar, 'n soort sot,
briljante akteur wat 3 rolle speel
of is U U en wie is U
en is U? en wie kan
die babelaas bome troos
en wie kan die maan
weer regop laat staan
en wie gaan Melancholie se begrafnis reël?
ag liewe God
kom lê tog een nag, nugter
besoek af by my en Pierrot.
Die goeie nuus: Die jaarlikse Klein Karoo Nasionale Kunstefees vind
weer van 29 Maart tot 5 April op Oudtshoorn plaas. Dit gaan groter as
die vorige twee wees, veral a.g.v. groot nuwe borgskappe. Die hooffees
se program is vanaf 6 Februarie beskikbaar. Die feesmense kan gekontak
word by: http://www.karoofees.com
Die slegte nuus: Die Gautengse Onderwysdepartement het dit goed gedink
om vanjaar die matriekleerplan vir Afrikaans te verander sonder om die
onderwysers en eksaminatore daarin te ken. Die vraestelle, hulpmiddels
ens. wat reeds klaar was, moet nou verander word.
Erger nog: Daar is geen ruimte in die nuwe leerplan vir 'n Afrikaanse
roman nie! Die hoeveelheid kortverhale wat hulle moet lees, is wel nou
meer, maar hulle hoef geen ordintlike boek te lees nie. Ons gaan 'n
spul dowwerds sonder verbeelding grootmaak...
Mampoer het gesê
>
>
>
>
> ... meer, maar hulle hoef geen ordintlike boek te lees nie. Ons gaan 'n
> spul dowwerds sonder verbeelding grootmaak...
>
> Groete uit Afrizania,
> Mampoer.
>
Miskien krap ek nou net - maar het ons dit nie in elk geval gedoen deur
kreatiewe denke met dissipline te probeer vervang in die "ou" skoolstelsel nie?
Ek onthou ons onderwysers het ons aan "debatte" laat deelneem - ons kon se wat
ons wou so lank dit gestrook het met die aanvaarde (regering-voorgeskrewe)
sienswyse.
So 'n dag of drie voor die Kongokoors-uitbraak by die Oudshoorn
Volstruisabattoir verlede jaar, sien ek vir die eerste keer hoe Oudshoorn
lyk. Dit het so gereen op Sedgefield en Knysna dat enige ekskursie na die
binneland vir 'n natgereende Valie 'n uitkoms was. Dit is 'n interessante
dorp en die omgewing het geblom na so ongeveer vyf duim reen (waaroor 'n
boer daar rond redelik ongelukkig was toe hy op die ou pastorie se stoep
oor 'n koppie koffie sy lot bekla het). Ek benut toe die geleentheid om
ook by Sagmoedige Neelsie se blyplek, Arbeidsgenot, uit te kom.
Alhoewel ek die meeste van sy werke gelees het (het die rooi stel
versamelde werke) weet ek maar min van Langenhoven as mens. Dit is dus 'n
interessante besoek en ek geniet dit om te sien hoe die wysgeer geleef het
- van die blomtuin buite tot vroutjie se hemelbed wat eintlik vir 'n
Indiese prinses bestem was. In die agterplaas by die kantoor van die
kurator is daar 'n hele klomp boeke beskikbaar en ek staan en kwyl. Elsabe
kry my jammer (sy het bankkussings in Knysna gekry) en koop vir my J.C.
Kannemeyer se biografie oor Langenhoven.
Die res van die vakansie lees ek aanmekaar en geniet dit vreeslik. Die
biografie gee mens 'n heel ander insig in die mens Langenhoven, en het 'n
besonder gepaste titel, nl. "'n Lewe".
Na my mening het Kannemeyer 'n baie gedugte taak aangepak en het dit
deeglik, eerlik en sonder omhaal of voorbehoud afgehandel. Ten spyte van
die lang tydsverloop sedert Langenhoven se dood (62 jaar) en sy eksentrieke
testament (vrees vir skyndood, geen hulp aan biograwe) kon Kannemeyer
genoeg inligting bekom om regtig 'n omvattende werk daar te stel. Dit is
ook duidelik dat Langenhoven 'n komplekse mens was met baie verskillende
fasette, party waarvan ek totaal onbewus was. Wat my veral opgeval het, is
dat Kannemeyer daarin slaag om met 'n verteltrant wetenskaplik streng
korrek te skryf. Dit is nogal 'n lessie vir die van ons wat af te toe
probeer om iets in 'n wetenskaplike tydskrif gepubliseer te kry, maar
sukkel om die ding tog lekker leesbaar te hou.
Wie van julle het dit al onder oë gehad?
Hans
========================================
Hans van Zyl
Molekulêre Genetika
LNR Diereverbeteringsinstituut Irene
Privaatsak X2
1675 IRENE
========================================
Jacques doseer al etlike jare Afrikaans by Brigham Young in Utah. Hy doen
jaarliks so 'n oproep. Help gerus.
Groete, Leendert
------- Forwarded Message Follows -------
From: Jacques Du Plessis
Organization: Brigham Young University
Subject: [VLP] Afrikaans Oorsee
Ek wil alle lesers graag uitnooi om my te help asseblief. Ek doseer
Afrikaans 202 hierdie semester. Die semester strek van Jan-April. My
studente se voorgeskrewe boek is:
HOOGTEPUNTE IN DIE AFRIKAANSE VERHAALKUNS
byeengebring deur AP Grove.
Hulle moet egter ook navorsingswerk doen en hier is die opdrag aan
elke student:
"Kontak sprekers en nie-sprekers en doen 'n diepgaande meningsopname
oor die die gevoel omtrent AFRIKAANS, en vind ook uit hoe die
respondante voel oor die toekoms van Afrikaans. Doelbewus wil ek he
dat hulle so wyd moontlik moet navraag doen. Van my studente was nog
nooit in Suid-Afrika nie en dus het hulle geen idee omtrent die
nuanses waarmee hulle te doen gaan kry nie. Ek moedig hulle aan om
aan soveel andersdenkendes as moontlik dieselfde vrae te stel--regoor
die politieke spektrum heenl. Ek hoop dat hulle goeie teenstrydige
antwoorde gaan kry, sodat hulle self 'n bietjie sal moet delf om
agter die kap van die byl te kom. In die geval (as akademikus) wil ek
hulle juis aan die leeu en die lammetjie bekendstel, maar ek wil he
dat
hulle self moet leer hoe om goeie navorsing te doen deur met die
interaksie uiteindelik by die regte vraag uit te kom om hulle groter
vrae te beantwoord.
Sou enige van julle belangstel (dit sluit nou almal in,
Engelssprekendes ook) om met my studente d.m.v. skermpos te
kommunikeer om hulle uit te help in hierdie navorsingsprojek, sal ek
baie dankbaar wees. Stuur asb 'n kort boodskappie aan my by
JAC...@BYU.EDU en dan plaas ek jou naam op die lys wat ek aan die
studente gaan uitdeel.
Mag ek asb 'n verdere gunsie vra: Ek het nie toegang tot die algemene
gespreksgroepe soc.culture.south_africa en die
soc.culture.south_africa.afrikaans nie. Indien enige van julle wel
toegang tot hierdie twee groepe het, kan julle asb. hierdie boodskap
knip en daarop plaas. Dit sou baie gewaardeer word.
Ontvang daagliks u Boerenuus via die e-pos stelsel.
Stuur boodskap aan:
bo...@boer.co.za
Subscribe boerenuus
NUUSKOMMENTAAR, MAANDAG 27 JANUARIE 1997
Die jongste berigte oor wanbetalings in die staatsdiens van Natal, is
'n
sprekende voorbeeld van wat op die belastingbetalers van Suid-Afrika
wag.
As die berigte waar is wat deur die media versprei word dat sowat
10,000
salaristjeks maandeliks uitgereik word aan persone wat nie in diens
van
die owerhede is nie, dan kan die vraag met reg gevra word hoeveel
ander
mense in die land ontvang soortgelyke salarisse terwyl hulle nie in
diens
van een of ander departement is nie.
Die mees ontstellende hiervan is dat daar mense is wat salaris ontvang
terwyl hulle by die ouderdom van negentig jaar is, terwyl ander so
jonk
as vier jaar is. Die verskoning wat aangebied word, is dat mense wat
wel
in diens is, se identiteitsnommers verkeerdelik ingevoer is op
databasisse van rekenaars. Wat egter vreemd voorkom is die feit dat
verkeerde ID nommers tog nie toegeken kan word aan mense wat nie op
die
betaalstaat van die staat is nie. Die vraag ontstaan eerstens hoe het
die name van mense op die databasis gekom as dit nie deur 'n amptenaar
ingelees is nie?
.../2
Die noodwendige gevolgtrekking wat hieruit gemaak kan word, is dat
iemand
besig is om op groot skaal geld te steel van die belastingbetalers van
die land.
Alhoewel diefstal nie 'n nuwigheid is nie, en veral nie in die
sogenaamde
Nuwe Suid-Afrika nie, bly dit tog vreemd dat hierdie soort van
handeling
so drasties toegeneem het sedert die ANC aan bewind geplaas is. Sou
dit
gedoen word uit die magsug van amptenare wat nog nooit die behoefte
gehad
het om harde en eerlike werk te doen vir die vergoeding wat hulle
daarvoor ontvang nie? Of is dit gewoontemisdadigers wat voortgaan met
misdaad terwyl hulle in verantwoordelike poste aangestel is? Is dit
moontlik dat soveel geld oor so 'n lang periode uitbetaal kan word
sonder
dat daar behoorlike kontroles ingebou word? Hoeveel geld is onwettig
uitbetaal gedurende die afgelope drie jaar van ANC bewind, en hoeveel
gaan nog op soortgelyke wyse uitbetaal word in die komende twee jaar
voor
die algemene Verkiesing in 1999?
Die antwoord op al hierdie vrae word al duideliker namate die land
verder
in chaos verval.
..../3
Die talle voorbeelde van wanbestuur en wanadministrasie dui daarop dat
Suid-Afrika geensins anders geword het as die meeste ander Afrikastate
nie - 'n korrupte en bankrot land is ons voorland indien die tendens
voortduur!
Al hierdie gebeure moet aan die voete van die vorige regering gelê
word.
Dit was hulle sogenaamde onderhandelingspan wat veroorsaak het dat
die
landbestuur in die hande van onopgeleide en onbekwame mense gelaat is.
Dit is hulle en diegene wat blindelings agter hulle aangeloop het, wat
met misleidingstegnieke die kiesers op die dwaalspoor van vernietiging
geplaas het met hul "Ja-stem verkiesing". Dit was hulle leiers wat
van
vergadering tot vergadering die kiesers oortuig het dat hulle die
verkiesing kan wen, en later hoog opgegee het dat 'n sogenaamde
regering
van nasionale eenheid die ware jakob is vir Suid-Afrika. Die gevaar
van
apartheid is deurlopend voorgehou as die beleid wat vernietigend is
vir
die vrede, voorspoed en veiligheid van al die mense in die land.
Nou het al die misleiding geboemerang. Selfs die oortuigde meneer
F W De Klerk moes later erken dat die regering van nasionale eenheid
nie
werkbaar is nie - en daarmee lei hy die volgende fase van misleiding
in
deur kiesers te probeer oortuig dat 'n sterk opposisie die antwoord
het.
..../4
Maar die kiesers van Suid-Afrika is besig om hierdie misleiding te
verwerp. Hulle nuwe plan om alle blankes saam te snoer in een
beweging
wat eintlik 'n koalisie sal wees, sal moontlik enkele kiesers mislei.
Die groot meerderheid het dit waarskynlik reeds verwerp, en sal sy
pleitbesorger weer as 'n leier aanvaar nie. En as hy moet plek maak
vir
'n ander koalisieleier, sal dié ewe min aanvaarbaar wees.
Boere-Afrikaners het reeds hul eie volkleiers geïdentifiseer. Daardie
leiers staan onwrikbaar by ons grootste ideaal, naamlik, om weer 'n
vry
volk te wees.
Intussen sal die korrupsie, anargie en chaos voortduur tot die volk
weer
saamgesnoer is rondom die ideaal van volkome vryheid in ons eie land.
Maar daardie vryheid sal nie goedkoop verkry word nie - want geen ware
vryheid is goedkoop nie - veral nie die vryheid van die
Boere-Afrikaner
nie.
Dankie vir die belangstelling. Ek is trots op my moedertaal, Afrikaans, en wil
graag die taal bevorder, sosiaal, akademies en kultuur. Ek wil graag van
belangstellendes hoor in die omgewing van Kaapstad wat daarin belang sal stel
om periodies (maandeliks) bymekaar te kom om sake aangaande Afrikaans te
bespreek. Die onderwerpe kan redelik wyd uitlopend wees, maar is ten doel om
Afrikaans te bevorder.
Alle belangstellendes kan my via e-pos kontak.
Ek sien uit na julle reaksie!
Groete
Gerhard
(N.S. Miskien is daar alreeds sulke groepe in die omgewing, laat my weet.....)
In article xfi...@xs4all.nl writes:
> From: xfi...@xs4all.nl
> Subject: Re: Vir Herman..in the desolate land
> Date: Sun, 26 Jan 1997 02:58:17 +0100
> Defoe says that there were a hundred thousand country fellows in his
> time ready to fight to the death against popery, without knowing whether
> popery was a man or a horse.
> William Hazlitt (1778-1830), English essayist. Sketches and Essays, "On
> Prejudice" (1839).
> xfiles
Ek het nogal dieselfde gevind met mense in die buiteland rondom die ding van
"apartheid".
Soos die Deense vroutjie wat my fisies te lyf gegaan het toe sy hoor ek is van
Suid-Afrika.