Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Idioom: Tussen...

Do, 06 Februarie 1997 00:00

Tussen die hand en die mond, val die pap op die grond

Verduideliking: dinge draai nie altyd so uit as wat beplan is nie.

Voorbeeld: Ek wil graag 'n elektroniese idioompers op die been bring,
maar tussen die hand en die mond, val die pap op die grond.
--
Stefan...@mbnet.mb.ca

Afrikaans, ons taal | 5 kommentare

'n LIED vir BEGINNER-studente van Afrikaans

Do, 06 Februarie 1997 00:00

POLLIE ONS GAAN PEREL TOE

Pollie ons gaan Pe^rel toe,
Pollie ons gaan Pe^rel toe,
Pollie ons gaan Pe^rel toe;
ek en jy alleen!
Stadig stap in die harde pad,
stadig stap in die harde pad,
stadig stap in die harde pad;
ek en jy alleen!

Pe^rel : "Paarl" on the map. The name is certainly
famous in Canada, because of the wines it
produces. No use telling them that we would
pronounce the town's name "Pe^rel. They
know how to pronounce it, a good Canadian
tradition, only briefly interrupted by the apart-
heid years, when they could not get the stuff.
They say "Paarl" like an Afrikaner would say
"paal" (pole). The right pronunciation of the
word "pe^rel" ( a pearl) is something like this:
Say the Eng. "pear", or the French "pere" and
end with the Eng. "rill". Or say the Eng. "Peril"
drawling the -e.
Alleen : alone, just the two of us.
Stadig : slowly, not in a hurry
harde pad : the hard road, not a sandy road

This song has numerous verses. The speaker is a man,
saying that he and Pollie are going to Paarl, where she
will be telling her current boyfriend that she is leaving
him for the person singing the song. Paarl is close to
Cape Town, in the "Boland", which means that it is in
the Mediterranean Climate.

Paarl is an attractive small town. But it is famous for
being considered the cradle of the movement to get
Afrikaans accepted as an official language instead of
Dutch. That is why there is a small but very elegant
monument on the hill behind the town, commemorating
the work done in the last part of the 19th century and
the beginning of the 20th century that lead to the law
in the 1920's declaring Afrikaans an official language.
Names like Brill and Pannevis and S. J. du Toit come
to mind. They published a Manifesto in 1875, started
"Die Genootskap van Regte Afrikaners" ( The Associ-
ation for True Afrikaners") and in 1876 "Die Patriot"
appeared, the first newspaper in Afrikaans. Afrikaans
was eventually recognized as the official language
instead of Dutch in the twenties of this century. (I do
not know the exact year.)

Gloudina Bouwer

Musiek & liriek | 0 kommentare

I love you - in African languages

Wo, 05 Februarie 1997 00:00

I am doing a project for my daughter's school. Could anyone tell me
how to say "I love you" in some of the African languages ( Africaans,
Zulu, Moré, Igbo, etc..) Thank you very much for your help.
Rodger Hearn
r...@bright.net

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: I love you - in African languages

Wo, 05 Februarie 1997 00:00

On 2/5/97 8:48AM, in message , r...@bright.net wrote:

> I am doing a project for my daughter's school. Could anyone tell me
> how to say "I love you" in some of the African languages ( Africaans,
> Zulu, Mor�, Igbo, etc..) Thank you very much for your help.
> Rodger Hearn
> r...@bright.net

Afrikaans : Ek is lief vir jou

--
'Die herhinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

REUNIE : FRIKKIE MEYER MATRIEKS 1977

Wo, 05 Februarie 1997 00:00

Beste Vriende,

ou gekoesterde voornemens het die geneigdheid om aan die begin van 'n
nuwe jaar akuut te word. Vanjaar is die regte tyd om ou kennisse weer op
te soek.

Kom ons hou vir 'n slag een groot bymekaarkoms. Wat het ons nodig vir
die geleentheid?

- Volledige adreslys sodat almal genooi kan word.
Help hiermee asseblief. Ek het nog heelwat name sonder adresse.

- Wanneer sal dit jou pas?
Twee datums wat uitstaan is 4 - 6 Julie 1997 en 11 - 13 Julie 1997.
Maak jou keuse en laat weet asseblief.

- waar hou ons dit?
Pretoria of Thabazimbi - laat weet asseblif.

- Is jy bereid om met die reelings te help?

Antwoord so spoedig moontlik by ondervermelde adres of kontak my by een
van die volgende:

Posbus 4013, Tygervallei, 7536

Tel: (021) 949 6400 (W)
(021) 913 3427 (H)

Faks: (021) 949 6404
E-Mail: joh...@citadel.co.za

Ek hoor graag van jou.

Groete

Johan Kruger

============================================================ =============
Hierdie stuk is namens Johan Kruger geplaas en ek onderneem om navrae
wat dalk direk na my per e-mail gestuur sou word, na hom aan te stuur.
My E-Mail adress is johan.vanv...@sasol.com of vvoj...@sasol.com

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

Demagogiese Agenda

Wo, 05 Februarie 1997 00:00

In article iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:

> En dan probeer Leendert nog wegkruip agter
> verintellektualiserings - vir Biko probeer uitwys as
> 'n rassis.

Wriemel, Gloudina, skel my uit en maak dit wat ek sê af as
"verintellektualiserings".

Die feit is dat jy en julle hierdie ng gebruik as 'n forum om jul eie agenda
te propageer. Om mense wat nie jul goedkeuring wegdra nie te teer en te veer.
In die modder te smeer en te trap dat die snot spat.

Met dawerende gejuig verkondig en propageer julle, ingevleg by die waarheid,
leuens waarop julle uitgevang is (ek wag nog dat jy die aantyging aanspreek
dat mense in Suid-Afrika verbied is om deur die medium van hul moedertaal te
leer).

Maar kyk hoe gou vou julle as iemand jul leuens toets met net 'n krieseltjie
feitelikheid hier en daar.

Kooos met die integriteit van 'n bok (hy storm net as mens jou rug draai) hap
na mens se hakskene met irrelevanthede - of verdwyn stil-stil om te kyk of jy
nie wil loop sodat hy dit weer op die forum kan waag nie.

xfiles kondig aan dat iemand wat sy heilige verontwaardiging bevraagteken
"deur en deur sleg" is, en weier om so iemand se uitsprake te lees (sy goeie
reg - en pragtige kommentaar op die gesag van _sy_ uitsprake). Hy gaan
verder en verkondig dat ek afgedank behoort word - nie vir my oortuigings
nie, daarvan weet hy niks. Maar omdat ek bepaalde, toetsbare, feitestellings
maak wat nie sy vooroordele steun nie! Watter wonderlike menseregte-aktivis,
hierdie xfiles.

En jy, Gloudina, maak toetsbare feitestellings af as "verintellektualiserings".
Sonder enige poging om die gestelde feite te toets of te weerlê.

Jy wat my beskuldig dat ek Biko "probeer" uitwys as 'n rassis. Ek het dit
gedoen aan die hand van 'n teks wat iemand anders op die nuusgroep gesit
het. Jy is veel beter bekwaam as ek om die stukkie teks te ontleed vir die
betekenis daarvan. Maar dit doen jy nie. Jy vat die kortpad en maak my
stelling af as "verintellektualisering".

Soos kooos, daardie intellektuele reus, maak jy totaal
ongegronde beskuldigings wat direk weerspreek word deur my bydraes op
hierdie nuusgroep - dat ek kwansuis sou beweer dat "Verwoerd se hande
leliewit" is.

In 'n bizarre poging om te vermy dat jy 'n leuen oor Bantoe-onderwys (voos
soos dit was) aan die kaak stel, vertel jy 'n verhaal van patroniserende (wit?)
onderwysers wat weet wat die beste is vir 'n swart kind en sy ma. Met die
emosionele atmosfeer geskep (maar met iets wat geen snars verband hou
met Bantoe-onderwys nie), gaan jy dan voort met 'n aanval op die etniese
universiteite. So kwesbaar vir kritiek as wat hul bestaan was, is jou retoriese
tegniek suiwer demagogies - die ding waarvan xfiles __my__ beskuldig!

Jy patronize vir Samuel Mdlalose en sy ma. Jy patronize vir Biko. En jy
patronize vir my. En oor die menseregtelike reinheid al dan nie van _my_
hande het jy 'n smoel vol!

Maar: Het jy Biko al gelees? /I write what I like/.

Daarin praat Biko self oor homself. En daaruit sal jy my stellings kan weerlê
as dit weerlegbaar is.

Maar nee, dis makliker om die cosy images wat jy self geskep het te koester en
enigiets wat dit bevraagteken af te maak as "verintellektualiserings".

Daardeur doen jy Biko geen eer aan nie, jouself nog minder, en jou standpunt
die minste van alles.

Betoon die man ten minste die respek om sy boek te lees, verdomp! Voordat jy
besluit wat hy wou wees of was!

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Die gevaar (en XFiles hol vir sy lewe)

Wo, 05 Februarie 1997 00:00

In Article,
writes:

>
> Something wicked this way comes en dis jy Leendert.
> Jy verdraai en vervals.
> Ek vir een sal jou pos nie meer lees nie, Ek hoop jou base lees dit wel en
> onthef jou direk van al jou take. Jy is deur en deur sleg.
> Xfiles.

He He ou Xfiles. Lyk my die Leendert kerel se skrywe is 'n bietjie na aan die
been vir jou. Dit is somtyds nogal 'heavy' maar die ou kan ten minste redeneer
met al die nodige akademiese en Afrikaanse agtergrond (lyk dit nou van my kant
af (as 'n pleb)). Hoe voel jou eie medisyne? Is die Xfiles nie oorspronklik 'n
ondersoek van die onbekende nie? Miskien moet jy jou naam verander.

Hou so aan Leendert - jy bring bietjie balans in die groep, die ander spul
hierop redeneer my te maklik in 'n hoek vas (ek was nog maar altyd 'n bietjie
stupit as dit by stry kom). En ten minste is die groep darem weer lewendig vir
'n verandering.

Cheers
Lou

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Die gevaar

Wo, 05 Februarie 1997 00:00

In article ,
xfi...@xs4all.nl says...
>
> Something wicked this way comes en dis jy Leendert.
> Jy verdraai en vervals.
> Ek vir een sal jou pos nie meer lees nie, Ek hoop jou base lees dit wel en
> onthef jou direk van al jou take. Jy is deur en deur sleg.
> Xfiles.

Asseblief, Xfiles, moenie sulke dinge sê nie.
Ek is dankbaar dat Leendert op die nuusgroep is,
dankbaar vir die "argumente" tussen hom en Koos,
dankbaar dat Lou nou en dan inspring en vir ons
almal regwys. Uit so 'n oop soort gesprek vind ek
brokkies informasie oor wat in die huidige SA aan-
gaan, wat ek op geen ander manier kan kry nie. Dis
hierdie soort oop gesprekke wat ek dink in die jare
van apartheid nie gevoer is nie. Die enkele kere wat
ek in SA was gedurende die tyd, het my ongetwyfeld
diep Christelike Afrikaanse vriende weggeskram van
dinge met my te bespreek. Hulle was duidelik bang.
Iets wat my oortuig het dat SA 'n fascistiese staat ge-
word het. Iets wat ek dink SA op die oomblik nie is
nie. Of dit een gaan word, sal ons nog moet sien.
Ek is geinteresseerd in 'n gedagtewisseling oor
"ikone." Ook oor die "demonisering" of "reifikasie"
van ikone. Ons vat nou maar die voorbeeld van Biko.
Leendert sê self dat die persepsie van die man in die
straat oor wat met Biko gebeur het, een van die redes
was dat die ou bedeling ineengestort is. Biko het dus
ikoon geword. Nie net in SA nie. Deur die konserte
teen apartheid in London, deur Peter Gabriel se lied,
het daardie ikoon voete gekry. Dom, dom regering wat
die teelaarde geskep het vir so 'n ikoon om te ontstaan,
en dan voete te kry. Dis een van die dinge waaroor ek
die meeste skaam is. Nie die wreedheid van die ou
regering se beleide nie, maar hulle domheid. HULLE
DOMHEID. Ek probeer somtyds myself oortuig dat
hulle 'n bende Afrikaners en ver-regse koloniale
Engelse was, gemanipuleer deur die CIA. Maar niks
neem my woede weg teen hulle nie. Hulle het iets van
my gesteel: die goeie naam van die Afrikaner.
Leendert is natuurlik nie die eerste persoon wat die
ikoon Biko wou demoniseer, of de-reifeer nie. Erens het
ek gelees van 'n swart vrou wat 'n verhouding met hom
gehad het, en wat vertel het dat hy bietjie van 'n ladies-
man was. So selfs in die swart gemeenskap gaan die proses
aan. Dis 'n nuttige proses wat moet aangaan. Maar 'n mens
moet altyd, op amper wetenskaplike manier, kennis neem
van die kragwerking van die "ikoon", wat ook die werklik-
heid agter so 'n persoon is.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Ontvang afrikaanse nuus daagliks: Nuuskommentaar Radio Pretoria

Wo, 05 Februarie 1997 00:00

U kan Boerenuus se nuus daagliks ontvang via die E-pos stelsel
Stuur 'n boodskap aan:
bo...@boer.co.za
Met die inhoud
Subscribe boerenuus jou_epos_adres

(Boernews vir engels sprekendes is ook beskikbaar)
subscribe boernews your_email adre

http://www.boer.co.za/boer

Radio PretoriaNUUSKOMMENTAAR, DINSDAG 4 FEBRUARIE 1997

Teen hierdie tyd is dit vir elke Boere-Afrikaner reeds duidelik dat
die
eens florerende land verval in 'n derdewêreldstaat soos die
meerderheid
state in Afrika. Die vraag word onwillekeurig gevra waarom strukture
so
vinnig in duie kan stort as dit etlike jare gelede nog stewige
instellings was. Word dit van naderby bekyk vind ons talle redes
waarvan
die belangrikste moontlik die volgende kan wees:

As gevolg van owerheidsbeleid word ongekwalifiseerdes op grond van
velkleur in poste aangestel wat voorheen deur hoogs opgeleide
personeel
beklee was. Verder moet in ag geneem word dat daardie strukture
opgerig
is deur verantwoordelike mense, wat streng maatreëls getref het om die

uitbouing daarvan te bestendig en uit te bou, en diegene wat gebruik
gemaak het van die strukture, was nog altyd bereid om vir die dienste
te
betaal volgens ooreenkoms.

Dink maar aan hoe groot nywerhede in die land tot stand gekom het.
Yskor
het met redelike nederigheid 'n begin gemaak, net soos wat daar oor
dekades groei getoon is deur bankiers, versekeringsinstellings,
nywerhede
en sakeondernemings. .../2

Groot kettingwinkels het geleidelik gegroei tot wat hulle vandag is.
Knap bestuur en uitstekende dienste wat gelewer is was hiervoor
verantwoordelik.

Nou bly die vraag waarom soveel instansies ewe skielik nie staande kan

bly nie. Die antwoord is eenvoudig. Hierdie strukture word deur
onopgeleides bestuur terwyl dit noodwendig lei tot swakker diens, en
dit
lei tot kleiner ondersteuning van diegene wat altyd hul geld daar
spandeer het. Van die talle voorbeelde wat vermeld kan word, is die
heel
beste voorbeeld juis die eertydse SAUK-TV diens. Namate die diens
verswak het, het mense geleidelik in verset gekom en gevolglik nie
meer
hul lisensiegeld betaal nie. Dit het daartoe aanleiding gegee dat
daar
vandag meer as 60 % van TV-eienaars nie meer lisensiegelde betaal nie.

Die gevolg is dat die diens net verder verswak vanweë 'n tekort aan
fondse. Elke ander bedryf in Suid-Afrika wat die beleid toepas soos
deur
die regering voorgeskryf word, staar dieselfde lot in die oë.

Ons sien hoe hospitale gebuk gaan onder hierdie werklikheid. Ons
verneem
van staatskole wat wag op hul voorskotte van die staat. Daar is groot

probleme in die polisiediens vanweë die feit dat onkundiges die
oorsaak
is dat die begroting nie klop nie, en die noodsaaklike dienste
derhalwe
nie gelewer kan word nie. .../3

Te midde van dit alles, bly die Boere-Afrikaner nog redelik passief,
behalwe vir die enkele CVO-skole wat tot stand gebring is omdat ouers
die
verswakking van standaarde in staatskole nie aanvaarbaar vind nie. 'n

Verdere voorbeeld is hospitale. Mense wat in staatshospitale opgeneem

word, besef wat die toestande is, en dat dit 'n onhoudbare situasie
geword het.

Die feit dat CVO-skole in sekere gebiede geweldig groei en dat privaat

hospitale genoodsaak word om uitbreidings aan te gaan, spreek
boekdele.
Dit bewys nie net dat daar by veral Boere-Afrikaners 'n ingewortelde
behoefte bestaan om van gehaltediens gebruik te maak nie, maar
bevestig
ook dat Afrika-standaarde altyd onaanvaarbaar sal bly vir ons volk.

In die lig hiervan kan ons dus die stelling maak dat Boere-Afrikaners
bereid sal wees om weg te beweeg van huidige strukture indien daar
alternatiewe geskep sou word deur ons volksgenote. Dit is opvallend
dat
staatskole toenemend verswart en standaarde daal weens die groot
klasse
en die taalgebruik, sowel as die bedenklike opleiding van bepaalde
onderwysers. Hierteenoor is CVO-skole met hul goeie leermeesters,
streng
dissipline en aanvaarbare opvoedingspeile besig om van krag tot krag
te
gaan.

.../4

Dit laat ons dus met een oplossing : Vestig nuwe strukture op elke
lewensterrein. Soos wat ons volk ons onttrek uit bestaande strukture,
so
sal die huidige strukture net vinniger kantel. Elke struktuur wat
Boere-Afrikaners vestig moet privaat eiendom wees. Daardeur kan
verseker
word dat volksgenote die seggenskap daaroor kan behou. Uiteindelik
sal
dit die enigste manier wees waarop ons mense 'n aanvaarbare
lewensstandaard sal kan handhaaf, getrou bly aan ons ideale, en ook
koersvas voortgaan op pad na ons volksvryheid.

Solank as wat ons net kla oor hospitale terwyl ons self die
alternatiewe
kan skep, sal ons verder blootgestel word aan die dalende mediese
sorg
van elke volksgenoot. Solank as wat ons ons kinders toelaat om te
vermeng met nie-volksgenote, solank onderwerp ons hulle aan
kondisionering en laat ons toe dat hulle saggemaak word vir vreemde
afgodery.

En solank ons nie bereid is om ons eie nywerhede te vestig, en ons eie

handelsake uit te bou nie, solank sal ons onderwerp wees aan die
prysstruktuur van vreemdes wat meer van ons swaar verdiende geld neem
as
wat regverdig is.

..../5

Ons eie finansiele instellings moet dringend gevestig word. Die hulp
wat
ons kan ontvang uit instellings soos Eerste Volksbank, Volkseie
Beleggings en andere, verdien elke volksgenoot se dringende aandag.
Intussen voer ons hulle vet wat besig is om ons uit te mergel.

Die tyd het aangebreek om 'n ware ekonomiese kongres te hou waarin
hierdie beplanning vaste vorm kan kry sodat ons uiteindelik vry en
onafhanklik kan wees voor die ganse mensdom.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Generaal in die hof

Wo, 05 Februarie 1997 00:00

Interresante nuusbrokkie vir die wat oorsee is en nie die plaaslike
koerante op die net lees nie:

Wouter Basson, voormalige generaal in die weermag en een van die
hoofde van die geneeskundige dienskorps tot baie onlangs en PW se
persoonlike lyfarts in die jare tagtig, is in die hof vir
dwelmsmokkelary.
Hy is betrap in 'n lokval dat hy (na bewering - die saak moet nog
voorkom) honderde Ecstasy tablette probeer verkoop het.
Die vermoede is dat hy dit vervaardig het en dat daar 'n laboratorium
iewers is, se die polisie.
Hy was ook nou verbonde met para-militere aksies in die verlede, se
die mense.
Die Waarheidskommissie se ook hy kan 'n sleutelfiguur wees.
Hy word gekoppel aan die moorde op mense soos Lubofski en Webster.
Hy is glo 'n hart-chirurg.

In elke geval, daar is deesdae 'n lekker Suid-Afrikaanse soek-enjin te
kry by www.gogga.ru.ac.za
Dit soek oor omtrent al die groot koerante (Afrikaanse en Engels) na
berigte oor 'n item.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1551  1552  1553  1554  1555  1556  1557  1558  1559  1560  1561  1562  1563  1564  1565  1566    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 15:19:53 MGT 2024