Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rugby Rugby Rugby

So, 16 Februarie 1997 00:00

Kom ons kry bietjie Humor ook hier rond....

Ek hoor dat Hulle nou Doringdraad om Nuweland gespan het om te keer dat die
WP nie meer so van die Veld af gespeel word nie. EK wonder net????? IS
DIT WAAR:

Natal het ook blykbaar Miljoene rande aan Noord Transvaal betaal om teen
hulle te verloor in die Curriebeker Finaal.. Wat se die kenners......

NAAS bly BAAS
Noord Transvaler in die OOs Kaap.
Al daai ouens wat nie vir Noord Nransvaal steun nie, is nie so Dom nie,
hulle het net `n bietjie baie om te leer.

Groete
Frikkie

pot...@global.co.za

Sport & ontspanning | 13 kommentare

Idioom: AGTEROS...

So, 16 Februarie 1997 00:00

Idioom: AGTEROS KOM OOK IN DIE KRAAL
"Toemaar, moenie moed opgee nie. Agteros kom ook
in die kraal."

Literally, the ox at the back (walking behind the others)
or a back ox in the span of oxen pulling the wagon,
will also get to the corral. In other words, don't despair
if you are going slowly.

Toemaar: Don't worry. Never mind.
Agter: behind
Kraal: an enclosure, pen or fold for farm animals.
From early Dutch "koraal"
from Portuguese "curral/corral."
The word ékraalê has several meanings in Afrikaans:
(1) corral
(2) bead kraal/krale/kraaltjie
(3) A village or settlement occupied by an
indigenous tribe, or a cluster of huts
occupied by one family or "clan."

Gloudina Bouwer.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Gratis bladsye vir Afrikaanse skrywers-Die Boekwinkel

So, 16 Februarie 1997 00:00

Gratis bladsye vir Afrikaanse skrywers by http://www.boekwinkel.co.za
Skrywers kan hier hul boeke adverteer en lesers kan hier na nuwe
leesstof soek.
Besoek gerus die nuweling en gee kommentaar asseblief.
Herman Steyn

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

PENVRIENDE

Sa, 15 Februarie 1997 00:00

Ek is baie lief om met ouens (en ouenesse) te korrespondeer. Indien jy lus
is om aan my te skryf, belowe ek jou ek sal terug skryf. Ons kan oor enige
ding onder die son gesels, behalwe politiek - ek is te dom daarvoor.

Gooi vir my 'n nota in my "posbus" dm...@pixie.co.za

groete,

Danie Martins

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans

Sa, 15 Februarie 1997 00:00

JAN PIEREWIET

Jan Pierewiet, Jan Pierewiet
Jan Pierewiet, staan stil.
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet,
Jan Pierewiet, staan stil.
Goeie môre my vrou,
hier's 'n soentjie vir jou,
Goeie more my man,
daar is koffie in die kan.

Staan stil : stand still, do not move
Goeie môre: Good morning
my vrou : my wife
soentjie : little kiss soen/soene/soentjie
kan : can, coffee pot

"Pierewiet" comes from the French "pirouette."
This song may have come to the Cape via the
speakers of Dutch, heavily influenced by their
French neighbours. Or it might have been
brought to the new continent by the French
Huguenots, arriving in 1688. The French were
never more than 17 percent of the population of
the Cape. Almost at once the Dutch rulers tried
to discourage them from talking French only.By
1726 practically all Huguenots could speak Dutch.
Yet at the end of the nineteenth century, when
people started wondering about the origin of
Afrikaans, there were numerous people that claimed
that French had quite an influence on the develop-
ment of Afrikaans. (For instance S. J. Du Toit)
Even as late as the forties of this century there were
academics indicating considerable influence. It is
now generally accepted that French influence on
the development of Afrikaans grammar was really
very small.
There is a monument to commemorate the French
Huguenots in the town of Franshoek (hoek : corner.)

Gloudina Bouwer

Musiek & liriek | 1 kommentaar

Woordeboek

Sa, 15 Februarie 1997 00:00

Vir die wat belangstel, daar is 'n Engels-Afrikaans/Afrikaans-Engels
woordeboek by:

http://dictionaries.travlang.com/

En nog 'n klomp ander tale ook.

Marc

Afrikaans, ons taal | 5 kommentare

DIE HOENDER

Vr, 14 Februarie 1997 00:00

Ons vertel vir mekaar kostelike se-goed wat deur kinders kwytgeraak is,
soos:

Die jonge Gerrit was 'n spaarsamige kerel, want dit is mos 'n deug, so se
Oupa. Seker daarom dat hy vir Oupa wil kom beindruk. "Oupa, Oupa weet, my
spaarvarkie is al vol. Hy is propvol. Om die waarheid te se hy is
prop-prop-propvol!!!"

"O ja?" antwoord oupa.

"Ja, Oupa, so vol lat ek nie eers nog 'n sent kan inkry nie. Ek kan hom
skaars optel so swaar is hy! Jig ........en as hy dalk p'rongeluk op Oupa
se toon val, sal Oupa gil soos 'n hoender."

Gaan loer net by: http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Humor & grappe | 0 kommentare

Menseregteskendings in die Wes-Kaap!

Vr, 14 Februarie 1997 00:00

In article amde...@gold.up.ac.za writes:

> Gloudina skryf:

>> AT : Ja, dit breek 'n mens se hart om te dink - eers die
>> amper halfeeu van die apartheids-era, waarin almal tog
>> eintlik diep ongemaklik gevoel het. En nou weer 'n nuwe
>> bedeling wat dinge blykbaar swaar maak vir mense.

> Gloudina, moenie geskenk pakkies stuur nie. Ons kan derem hier vir
> die ander sorg. Doen liewers iets anders wat veel meer belangrik is.
> Stoei dat waarheid en geregtigheid sal seevier.

Begin sommer met Martha Olckers, Nasionale Party minister van Onderswys in die
Wes-Kaap.

Die onderwyswetsontwerp wat sy so pas voorgestel het bepaal onder andere:

KINDERS MET SPESIALE ONDERWYSBEHOEFTES

Olckers se departementshoof mag, as hy vermoed dat 'n kind spesiale
onderwysbehoeftes (liggaamlike, verstandelike of gedragsbehoeftes) het, sonder
'n lasbrief die kind laat ondersoek (sielkundig of medies) om te bepaal of die
kind sulke behoeftes het - sonder die toestemming van die kind of sy ouers en
selfs teen hulle wil - Art 42.

Hy mag die kind na 'n skool vir spesiale onderwys laat neem in ooreenstemming
met sy oordeel van die kind se behoeftes, sonder 'n lasbrief en sonder die
toestemming van die kind of sy ouers, en selfs teen hulle wil. Spesiale
onderwys sluit in sielkundige, mediese, tandheelkunige, paramediese en
terapeutiese behandeling van so 'n kind, insluitende die utivoer van operasies
sonder die toestemming van die kind of sy ouers of selfs teen hulle wil. Art
44 gelees saam met Art 1.

LET OP:

Hierdie magte kan gedelegeer word na enige werknemer van die
onderwysdepartement.

Die betrokke amptenaar kan optree op grond van niks meer as 'n _vermoede_
(suspicion) nie.

Selfs 'n maatskaplike werker of 'n distriksgeneesheer het nie sulke magte nie.

Sulke optrede behoort nooit sonder 'n hofbevel geneem te word as dit teen die
wil van die kind of sy ouers is nie.

MAGTE VAN 'N SKOOLBYWONINGSBEAMPTE (LAMMERVANGER)

Hierdie amptenaar mag, as hy vermoed dat 'n skoolpligtige kind op enige
perseel tenwoordig is, sonder 'n lasbrief die perseel betree. Hy mag enige
persoon sonder 'n lasbrief ondervra en 'n skoolpligtige kind sonder lasbrief
aanhou en aan 'n skoolhoof oorhandig (Art 11). Hy is nie aanpreeklik vir enige
skade of verlies wat deur sy optrede veroorsaak word nie.

LET OP:

Hierdie magte kan gedelegeer word na enige werknemer van die
onderwysdepartement.

Die betrokke amptenaar kan optree op grond van niks meer as 'n _vermoede_
(suspicion) nie. Hy mag _enige_ perseel, hetsy bordeel, internetsalon
(pragtige woord, AT!), video-arkade, privaatwoonhuis of kerk so betree, met
geweld indien nodig.

Onder apartheid het selfs polisiebeamtes nie sulke magte gehad nie.

'n Maatskaplike werker kan 'n kind wat in onmiddelike gevaar verkeer verwyder,
maar moet binne ure die kondonasie van 'n hof verkry vir die optrede.

Hier gaan dit nie oor kinders wat in gevaar is nie - daarvoor is die kinderwet
daar (en die gemenereg maak ook voorsiening daarvoor). Dit gaan oor niks
anders as bloot of 'n kind in 'n staatsgoedgekeurde skool is of nie.

KONTEKS

Twee jaar gelede het die magsbehepte Mary Metcalfe net sulke bepalings in haar
onderwyswetsontwerp vir Gauteng gehad. Die publiek (gewaarsku deur
tuisskolers) het 'n helse keel opgesit, die NP in Gauteng het die maksimum
nut uit die lawaai gehaal en die bepalings is afgeskaal tot iets wat amper
aanvaarbaar is.

Nou kom die NP in die Weskaap met voorstelle wat nog erger is as Metcalfe se
aanvanklike voorstelle.

UITDAGING

Die nuusgroeplesers wat soveel lawaai maak oor menseregte:

Hier word die mees fundamentele regte van kinders, hul reg op waardigheid,
privaatheid, persoonlike sekuriteit en vryheid op die mees blatante manier
denkbaar bedreig.

Nie om hulle teen dreigende of onmiddelike gevaar te beskerm nie - daarvoor
bestaan die kinderwet en die gemenereg laat ook daarvoor toe. Maar bloot om te
verseker dat hulle in 'n staatsgoedgekeurde skool kom. Iets wat deur gewone
geregtelike optrede gedoen kan word, met sanksies waarvoor die wet in elk
geval in ander bepalings voorsiening maak.

Skoolbywoning word hier behandel asof dit 'n saak van uiterste dringendheid
is, soveel so dat daar nie genoeg tyd is om op die gewone manier 'n lasbrief
te kry nie soos wat gedoen moet word om moordenaars, verkragters,
dwelmhandelaars ens aan te keer.

Maak nou lawaai vir die regte van kinders.

Skryf aan Olckers by faksnommer (Kaapstad 021) 403 6536 en vryf haar dit onder
die neus.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Menseregteskendings in die Wes-Kaap!

Vr, 14 Februarie 1997 00:00

Skuus:

Die wetsontwerp is die Weskaapse Provinsiale Konsep Wetsontwerp op
Skoolonderwys 1997, gepubliseer in Buitengewone Provinsiale Koerant 5106 van
Vrydag 24 Januarie 1997.

Kom ons kyk of die Suid-Afrikaners in die Diaspora ook bietjie lawaai kan
maak. Skryf vir Olckers, maar skryf sommer vir 'n paar van ons plaaslike
koerante ook. En skryf vir die SA Hoëkommissaris of Ambassadeur in die land
waar jy is. Vertel hulle presies wat jy dink van Olckers se idees oor
kinderregte in die NSA.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Slapgat Afrikaners

Vr, 14 Februarie 1997 00:00

Vir die die klomp slapgatte wat nie hul taal reg gebruik nie
die volgende:

ê = alt 136
é = alt 130
ë = alt 137
è = alt 138 ....

dit is: druk die 'alt' sleutel in en hou dit ingedruk terwyl
die syfers 136 (of 130 of 137 ..) op die numeriese
sleutelbord gedruk word. Maak seker die 'Num lock' liggie
brand.
Asseblief: e^ is nie korrekte Afrikaans nie!
En as jou nuusleser nie hierdie karakters ondersteun nie,
kry 'n ander een. Hierdie is gedoen met FreeAgent, beide
Internet explorer en Nestcape navigator se nuuslesers
ondersteun ook hierdie formaat
Vir ander karakters: eksperimenteer met alt!
äáàëêéèïíöôóüûú

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1546  1547  1548  1549  1550  1551  1552  1553  1554  1555  1556  1557  1558  1559  1560  1561    »]
Tyd nou: Sa Nov 16 16:32:44 MGT 2024