EGALITARIAN SOCIETY/MATESHIP/NEIGHBOURLINESS/A FAIR GO/TALL POPPIES
AUSSIE BATTLERS en die wel en wee van die australiers.
Ek het in die eerste paar jaar wat ek hier was dikwels oor hierdie
konsepte gelees en dit met 'n kritiese oog beskou,
maar ek moet erken dat dit besonders is aan die Australiers en
dat dit meestal 'n baie goeie sy van die aussies wys.
Die Australiers is trots op die feit dat dit 'n "EGALITARIAN SOCIETY" is,
overgeset synde, dit is 'n samelewing waar almal gelyk behandel word.
Dit sien mens oral. Daar is uitsonderings, maar laat ek veralgemeen:
Almal is almal se maat, "mate" en "neighbour",
en daar is geen beheptheid met titels en aanspreekvorms nie.
By die werk is daar nie 'n ge-"mevrou" en ge-"meneer" nie,
almal word op die voornaam genoem, ook die baas.
As jy 'n vreemdeling iets wil vra, dan "Mate" jy hom sonder aanstoot.
Niemand wat ek ken hang hul gradesertifikate teen die muur nie.
Mense trek nie danig aan nie - nie eers as jy uitgaan nie,
jy gaan sommer oral in jou kortbroek/jean en oorhang-hemp.
Omtrent almal het drafskoene aan. Jou klassestand word in die algemeen
nie aan jou klere gemeet nie. (wat die werksklere betref is dit ongelukkig
besig om te verander). Maar dit is gewoonlik maklik vir immigrante
om in te smelt en aan te pas, want dit is redelik eenvoudig om te snap
wat om te doen om soos die res te wees. (Dit is ook makliker hier,
want hier is basies geen armoede in Australie soos in SA nie)
In Suid Afrika het mens dikwels 'n snobisme teegekom:
waar jy bly en jou titel en jou motor ens maak baie saak.
Julle ken dit seker almal: die bodorp/onderdorp ding ens.
Hier is 'n doelbewuste poging van almal om soos die res te wees.
So bv., sal die base op 'n werkgeselligheid soos 'n braai moeite doen
om aan te trek om by die res aansluiting te vind.
As jy nie in die see van gemiddeldheid is nie, is jy of 'n
"tall poppy", of 'n "aussie battler"/"underdog".
m.a.w. jy is of 'n windgat wat bo die res wil uitstyg,
of jy is iemand wat swaarkry en 'n opdraende stryd voer
om kop bo water te hou. Die "tall poppies" word genadeloos
gekritiseer, aan die ander kant vir die "aussie battlers" bloei
die harte van die mede australiers uit simpatie.
('n Tipiese "battler" is bv. 'n gesin wat uit hul huis geskop gaan
word omdat hul deur een of ander ongeluk nie hul huur kan betaal nie,
of 'n goeie sportman wat ongelukkig net nooit wen nie).
Veral die koerante melk hierdie tipiese sentiment van die australiers.
Daar is onlangs kommer uitgespreek dat die strewe om soos die res te
wees en nie uit te staan of anders te wees nie, 'n negatiewe sy het.
In skole bv. dat kinders wat slim is doelbewus onderpresteer
om nie deur die res verwerp te word nie. Dryf mens die egalitarianism
te ver loop dit op 'n skaapmentaliteit uit.
Ek het eenkeer gelees dat die Aussies se warmhartigheid teenoor die
"little aussie battler" so groot is dat dit verklaar hoekom hulle
nog meer hou van 'n sportman wat baie swaar moes kry en 3de gekom het,
as een wat eerste gekom het. So ook is dit voorspelbaar dat hulle
in krieket vir die A-span (die nasionale span) ge-boo het en die
die B-span ondersteun het toe hul teen mekaar gespeel het.
Die B-span was onmiddelik die "battlers" en die nasionale span die
"tall poppies". Dit het die krieketbase so ontsenu dat hul sulke
wedstryde stopgesit het.
Die australiers kan dikwels ongelooflik wreed wees
in hul spot en tergery teen mekaar en ook bv. immigrante,
maar hulle het in die algemeen 'n baie goeie sin vir regverdigheid,
en weet waar om die streep te trek. Hierdie sin vir regverdigheid
word vergestalt in die "fair go" waaraan baie betekenis geheg word.
Dit beteken dat almal 'n gelyke/regverdige/billike kans moet kry.
Dikwels word daar 'n beroep op hierdie beginsel gedoen as iemand
nie 'n gelyke kans kry om homself te bewys nie. Dit beteken nie dat
hulle swakkelinge gedurig help nie, inteendeel, maar as jy wys dat jy
hard probeer sal hul jou red voor jy versuip.
Dit word ook die "Lucky Country" genoem, vanwee die feit dat immigrante
wat dikwels uit haglike omstandighede emmigreer, hier 'n kans het
om weer 'n begin te maak.
Ek het eenkeer die baie interessante teorie gelees dat die egalitarianism
van die aussies van hul misdadiger-kolonie dae afkom. Na ek gelees het
oor hul geskiedenis glo ek dit vas. Hulle het destyds, vanwee hul agtergrond,
'n hekel ontwikkel oor die aristokrasie en mense wat oor ander wou baasspeel.
Om te immigreer is ook 'n groot gelykmaker. As jy hier aankom is niemand
bewus van jou aansien en titels van oorsee nie. Jy moet maar onder begin
en jouself van vooraf bewys. Voornemende immigrante neem kennis!
Ook: Rassiste is oral onwelkom en uit die mode, hier ook.
On Tue, 08 Apr 1997 09:00:27 -0700, Madalena da Camara
wrote:
> hello
> My name is Madalena da camara and I am doing a project on war poetry from
> the angloboer war and i would like poems written on the angloboer war by
> afrikaners and any other south africans.
>
> please email me directly
> dac...@herschel.wcape.school.za
hier is 'n rympie wat van toepassing is:
ran-tan, ran-tan, ran-tan-tan
ek ruik die bloed van 'n engelsman
lewe hy of is hy dood
van sy bene, bak ek brood
ran-tan, ran-tan, ran-tan-tan
Ek sien gister 'n fliek van die Titanic, en hoe hy gesink het.
Omdat daar nie genoeg reddingsbote was nie,
is die vrouens en kinders in die reddingsbote gesit.
Die mans het agtergebly (en verdrink).
In daai tyd was daar ware here (en dames).
Ek wonder wat sou gebeur as die Titanic vandag sou sink.
Deesdae staan jongmense nie meer op vir oumense nie,
en mans en seuns nie meer op vir vroue in treine en busse nie.
Almal is mos gelyke individue.
Doen jy dit of maak 'n deur oop vir 'n dame word jy dalk uitgemaak
as 'n seksis. Want, so sê die Womans Libbers,
hulle is nie "hulpeloos" nie, hulle wil gelyk behandel word ens.
Ander mans, wat nie eers vir 'n verwagtende vrou wil sitplek gee nie,
het doodgewoon nie ordentlike maniere nie.
Hier is 'n seriele moordenaar in Perth, Australie,
wat onlangs 3 jong vroue vermoor het. Hulle soek hom naarstiglik.
Hy ontvoer en vermoor vroue wat laatnag alleen van nagklubs afkom.
(Die doodstraf is, terloops, afgeskaf hier en "lewenslank" beteken in
regsterme slegs 15 jaar of minder).
Nou is daar 'n advertensies op TV wat vroue aanraai om versigtig te wees
as hul laataand huis toe gaan. Sommige feministe kla hieroor omdat
dit kamma sou impliseer dat vroue verantwoordelik is as hul aangeval word.
(Dis 'n goeie voorbeeld van feministe wat meer gepla is oor hul eie
bleddie agendatjie as die onmiddelike veiligheid van ander vroue).
'n Man skryf in die koerant: In sy dae sou 'n ware heer nooit toelaat dat
'n vrou alleen huistoe moes gaan nie - 'n galante heer sou haar huistoe
vergesel. 'n Ander man op 'n inbelprogram: mans wil nie meer aanbied
om vroue huis toe te vergesel nie, want dit word deur vroue beskou as
onnodige inmenging in deesdae se wereld waar die klem val op die
vryheid van die individu en sy/haar privaatheid.
Tragies ne' - die vryheid van die individu is alles,
die uitgebreide-familie, die gemeenskaps-identiteit en
verantwoordelikheid om na mekaar om te sien tel nie meer nie.
Belangstelling word verwar met inmenging.
Respek en hoflikheid word verwar met seksisme.
Mense ondersteun nie meer mekaar nie. Almal sorg vir homself.
Almal is mos 'n vrye individu. Veels geluk.
Maar as jy vandag om hulp skreeu is jy alleen my vriend.
Sterkte vorentoe.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Eendag daar op Virgina, OFS werk ek daar in die gebou langs Volkskas
Bank. Daai dag ruik ek mos braaivleis. Ek loer oor die muur tussen
ons en Volkskas Bank - net daar sit hul bode en braai 'n stuk wors.
Sommerso 'n papier en karton vuur. Braai dit so in die vlamme. My lus
was groot, ek bedel 'n happie en was dit lêkker.
Daai aand loop my lus met my weg. Vat karton en 'n ou Rapport en
braai my selfgemaakte nommer een Boerewors so in die vlamme.
Daar leer ek van Vlam Wors. Hy's anders as gewone braaivleis wors.
Braai jy so in die vlamme. In die baie warm hitte braai jy sy
buitekant vinnig. Ek sit my worsies in 'n ry dan rol ek die hele ry
kort -kort. Die hele buitekant mooi donkerbruin kry - die velletjie
bars hier en daar oop van die hitte.
As worse nou mooi bruin en die erge hitte is weg is hul binne-in nog
rou. Sit jou rooster hoër as moet en braai rustig voort.
As hul gaar is dan het jy nou smul-lêkker wors.
Hierdie braai is baie vinnig. Jy gebruik sommer papier, karton of
flenter hout. As te min kole gooi jy gou nog 'n stukkie by. Dit is
amper so vinnig as in die pan braai.
As jy hom eers regkry gaan jou vrou jou gereeld weeksaande pla -"Braai
gou Vlam Worsies vir ons"
My dogters vergryp hulself, maak "Hot dogs" met tamatie en slaai met
die Vlam worsies.
Groetnis
Braam die Luigat
Haal die eerste l af van my E-pos adres.
Daai l is om gemors E-pos te vermy.
Vir haar pa se trapvloer op die Vlakte
is daar lank nie meer gebruik
en deesdae kom geen heuning meer
uit Robberg vir haar ma se kruik.
Die net waarmee die harders voorheen
getrek was in Keurboomsrivier,
l^e nou verflenterd op Harkerville teen
die ou opstal se buitemuur.
En behalwe hul grafstene het nog vier
bygekom in die soelte van Plettenbergbaai
terwyl sneeuvlokkies in die vreemde hier
soos kattebelletjies oor hare waai.
My naam is Pieter en ek bly in die Laeveld.
Ek wil graag kontak maak met Suid Afirkaners in die volgende lande:
Amerika, Kanada, New Zealand en Australie.
Ek stel belang om meer te weet oor die lewens omstandighede in hierdie
lande.
Ek kry die idee dat hierdie draad alreeds dood is, maar ek sukkel my malle
verstand af om goed gepos te kry op hierdie NG - iets wat verkeerd is by my
net-verskaffer... In die gesukkel het ek die oorspronklike pos verloor,
maar in antwoord op Galjoen se hengelary...
-Het Afrikaner wees nog enigiets met die bybel te doen ?
My voorgeslagte het spreekwoordelik met die Bybel in die wakis getrek, vir
my het dit definitief baie te doen met my Afrikanerskap.
-Is daar nog 'n bybel in die huis ?
Verskeie. En ons lees en bestudeer hulle gereeld.
-Besoek die dominee nog ?
Ja.
-Het die dominee nog aansien ?
In ons gemeente ja, en in ander gemeentes van vriende ook (van NG tot
Hatfield baptiste)
-Is julle Kuber-Afrikaners te byderwets vir die kerk deesdae ?
Nee.
-Of sit julle in die kerkbanke en sweet oor jul Apartheid-sondes ?
Watse apartheid-sondes? Ek het nog nooit iemand willens en wetens te
na gekom oor sy velkleur nie. Die klein groepie wat vir meeste van die
vergrype verantwoordelik is moet maar sweet en bieg.
-Of sit julle sommer op die harde kerkbanke en poep en dink aan vanmiddag
-se braaivleis ?
Eerstens doen ek nie sulke goed in goeie geselskap nie (nie eens suutjies
nie), en ek is prim^er in die kerk om na die (goeie) geselskap van die
Here te soek, so hoekom sal ek dit hier doen? Wat betref die braaivleis,
probeer ek om my aandag toe te spits op bg. ontmoeting/geselskap, wat in
die meeste gevalle werk, maar die ou duiwel rus ook nooit...
-Lees julle nog vir julle kinders stories uit die kinderbybel ?
Het nie. Enigeen van die twee nie.
-Het julle verval in die bederwetse kak soos aromaterapie en sieners
-en "synergy" en sterre en voorspellings en "self-help" boeke en allerhande
-pseudo intellektuele stront ?
Dit lyk my ons stem ten minste saam oor die aard en kwaliteit van hierdie
goed.
-Noudat dit OK is om sonder 'n hoed kerk toe gaan, waaroor praat die Kerk ?
-oor versoening en boetedoening en verontskuldiging of wat ?
Meesal oor die Here en Christenskap, ens (in gemeente verband). Die
kerkleiers maak allerhande gebare (as Koos hierdie lees: wat is 'n goeie
uitdrukking vir "overture" in Afr?) na ander kerke toe (vereniging) of na
die SARK/WRK toe wat my nou nie juis aanstaan nie. Sommige van hulle weet
ook te vertel dat ek moet bieg en skuldig voel oor Apartheid, maar toe
doen hulle dit sommer namens my (skuldig voel en bieg bedoel ek). Lyk
vir my soos iets waaroor ou Martin Luther ietwat te sê sou gehad het...
-Vanwee politiese korrektheid mag mens in Aus nie meer oor die HEL preek nie.
S^e hulle moet oor die hemel preek - baie beter plek. Laat die duiwel
sy eie publisiteitswerk doen.
-Gaan Madiba kerk toe ? Bid julle vir hom ? (help dit ?)
Ek dink hy voel hy verhewe bo sulke goed.
-Julle wat oorsee is, watse interessante tempels van babel is daar ?
-of is dit so lekker oorsee dat julle sommer julle christelike kultuur
-laat staan het ?
Is jy dan nie oorsee nie, of praat jy nou van Gloudina en kie in Amerika?
-Ek gaan kerk toe. (Ouens wat so baie sondig soos ek behoort eintlik
-3 keer op 'n dag kerk toe te gaan). My seun vind stories oor Dawid
-en Goliat en Daniel in die Leeukuil baie interessant. Wie wil sy kinders
-dit ontneem ? Hulle het die reg om ingelig te word sodat hul self kan
-besluit.
Is nie "stories" nie. Jy kan nie slegs gedeeltes van die Bybel glo en
ander verwerp nie - jy aanvaar alles of niks.
-Gelukkig word mens gered uit genade en nie goeie werke nie,
-anders het ek al seker al my gat gesien.
Daar is natuurlik 'n angel aan bg. sin. Jy moet dit uitleef ook. Bring
goeie werke voort, leef soos 'n mens van die Lig, ens.
-Vir diegene soos ek wat aan 'n vreeslike klein, intieme kerkie behoort,
-is dit baie interessant. Interessante onderwerpe oor die skepping en
-"cloning" en wat-ookal. Ek en die jong dominee gaan dikwels saam
-visvang ook.
Laat weet ons meer hiervan. Ek behoort nou nie juis aan 'n "klein,
intieme kerkie" nie (allermins) maar ons gemeente is wel klein en intiem,
en ons vind sulke onderwerpe ook interessant.
-Australie is 'n vreeslik sekulere (heidense) land. Dit gaan te goed hier,
-mense het nie tyd vir kerk nie. Maar hul gryp na waarsegters en pseudo-
-religieuse gemors. Die tydskrifte is vol daarvan. Dit is hoog in die mode
-om die kerk te blameer vir alles.
-Die kerk word voorgestel as 'n skuilplek vir pedofiele (fedo-piele?),
-priesters wat gedurig daarop uit is om klein seuntjies te verkrag, ens.
-Aan die ander kant word die kerk gekritiseer deur die polities-korrektes:
-Die kerk moet mos homoseksuele priesters aanstel en homoseksuele huwelike
-voltrek.
-Kom jy op 'n sosiale geleentheid is die mees populere sêding "O my God!".
-Die kerk (en morele en sedelike waardes), is uit die skole gedryf,
-tesame met die rottang en dissipline. Kinders is rigtingloos en stout.
-
-Hier mag jy geen minderheidsgroep se kultuur of gelowe aanstoot gee nie,
-(polities korrek) maar jy kan die westerse godsdiens beledig soos jy wil.
-Die kerk kry die skuld vir omtrent alles wat in paternalisme aan die
-Aboriginees gedoen is. ('n maklike teiken, want die kerk erken skuld,
-die regering nie).
Helaas is al bg. waar in sekere kringe hier ook.
Die donker voor die malhuis se deur - vir lawrence
Charl Durand
Staan-staan verval jy in die ry van die sinneloses
elke dag 'n verbreking van die lig van jouself
maar dis wat jy wil glo - jou realiteit, jou skade,
jou christus in 'n russiese woordeboek.
Blaar vir blaar pluk jy die tak van bang
woordeloos verwag jy die wolke van angs
want dis al waarna jy deur jou dikwandbril staar.
Elke glinstering is vir jou verwarring
'n glimlag... weerlig... of is dit 'n traan?
-- wat jy nooit gestort het nie, tot jou skade
soekend na sielerus soos verlore pos.
Ek wou vir jou skree, pasop, die skadus gee mee
jou siel staan nader aan die donker voor die malhuis se deur
en die hel wat jy verwek is maar net die skepping se gebed
vasgevang in die tronk van jou no-where lewe.