VILLANELLE
(vir Paul Verlaine)
Breyten Breytenbach
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
wat die swartspore hou van jou drome se draf
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
dood het jy in jou asem geproe, die amandel
smaak van miere, bouende aan die donker, af
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
en oor al jou landskappe kruip die brande
van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
sy snoerspoor moet borduur om die graf:
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
Jakkals loop rond in die bosse en gaan sit daar onder
die tak waar haan sit. Hy groet vir haan ewe vriendelik
en vertel hoe lus hy is vir ordentlike geselskap. Jakkals
nooi toe vir haan om af te kom, want sy nek raak seer van
so opkyk.
Jakkals belowe om haan nie op te eet as hy afkom nie, maar
haan bly sit daar bo.
Jakkals vertel toe vir haan van die groot nuus dat al die
diere van Afrika nou saam woon in vrede, maar haan lag
heerlik vir Jakkals se stories, toe Jakkals wou weet hoekom
haan dan so lag, vertel haan van die wildehond wat hom
gisteraand bekruip het en dat boer en sy honde juis oppad
is om te kom ondersoek.
Jakkals groet haastig vir haan en wil net wegkom, maar nou
gesels haan eers lekker.
"hoekom wil jy al loop Jakkals ?" vra haan, "jy is tog seker
nie bang vir die honde nie ?, daar is mos vrede tussen al
die diere van Afrika"
"o ja," antwoord jakkals, "maar die vraag is of die onnosele
honde daarvan weet" en hy draf vinnig daar weg.
Jan, dink jy nie die sprokie is nou nog van toepassing nie ?
Ek het dit in die afrikaanse sprokie boek gelees, en moes
dit met jou en galjoen deel.
Ek waardeer AM de Lange se aanmerkings baie. Dit gee my 'n
wyer beeld van konsepte wat ek, regtelik of verkeerdelik, tot
dusver slegs binne my eie persoonlike raamwerk betrag het.
Ja, natuurlik, die Christelike gelowiges is verdeeld. Soos
u tereg opmerk is dit voor die hand liggend as mens na al
die verskillende denominasies kyk wat elk die waarhede van die
Bybel verskillend interpreteer.
Maar kom ons kyk na daardie verskille. Neem die Metodis, wat bv.
die uitverkiesingsleer verwerp, teenoor die Gereformeerde wat
dit aanhang. Of die Baptis wat die grootdoop voorstaan en
die Metdodis en Gereformeerde en andere wat dit verwerp. Tipies
is die verskille dinge waaroor Gods Woord hom nie duidelik
uitlaat nie. Daarby gesê bevind ons onsself in 'n gevalle wêreld
waar die sonde telkens seëvier en dit is dus te wagte.
Neem nou Ubuntu. Weereens, soos u tereg opmerk, is daar
verskeie toepassings van die begrip. Net soos Christenskap
kan dit vir sleg sowel as goed aangewend word.
Hier is dus 'n ooreenkoms.
Die verskil is dat die Christelike geloof 'n maatstaf het waarteen
reg of verkeerd gemeet kan word. In Ubuntu ontbreek dit.
Wie is ek om vir die Zoeloe te sê: "Jy doen verkeerd as jy 'n ander
man doodslaan omdat dit teen die beginsels van Ubuntu indruis",
terwyl die Zoeloe self Ubuntu as sy regverdiging van die wandaad
gebruik. Daarteenoor is dit maklik om die daad op Christelike gronde
te veroordeel, ongeag die denominasie van die gelowige.
Ek het spesifiek na WARE Christenskap verwys in my skrywe, om daarmee
te probeer laat blyk dat ek na die strewe verwys om soos Christus te
lewe, en nie verkeerdelike interpretasies wat direk in stryd is met
die Christus-voorbeeld, wat ons telkens in die geskiedenis in die
kerk opmerk, tot vandag toe nog.
Feit bly staan, die gelowige kan sy dade aan die Bybel meet en dan
tot die slotsom kom dat hy verkeerd gehandel het, in stryd met
wat die Bybel leer. Dit het ons in die belydenis van die moderator
van die NG Kerk dat die kerk gesondig het in sy steun aan apartheid
en dat die kerk om vergifnis pleit.
Waaraan meet die disipel van Ubuntu homself? Die maatstaf ontbreek.
'n Stelling van u waarmee ek ongelukkig nie kan saamstem nie, is dat
Chirstenskap nie 'n onmiddelike uitkoms vir ons land en al sy mense
in die huidige bedeling bied nie. Ek glo dat dit wel so 'n uitkoms
bied. Nie as gevolg van die goedheid van die mense wat hulle
Chirstenskap uitleef nie, maar eerder as gevolg van die mag van die
Here wie hulle aanbid.
Die ommeswaai wat in KZN plaasgevind het kort voor die verkiesing is
'n klinklare bewys hiervan. Ek en baie ander skryf hierdie ommeswaai
direk toe aan die verhoor van duisende gebede wat regoor die wêreld
aan God opgedra is om in te gryp. Miskien weet u ook van die massa-
saamtrek by Kingspark in Durban waar duisende gelowiges saam
spesifiek oor die saak gebid het. En dit het gebeur.
Weereens vra ek: kon Ubuntu die ommeswaai bewerkstellig het? Ek is
bevrees nie, want tot wie bid die disipel van Ubuntu en wie is daar
om die gebed te verhoor?
Hierdie vraag ignoreer natuurlik u Sothovriend se verduideliking dat
Ubuntu 'n harmonieuse verhouding met medemens, natuur SOWEL as God
beteken. Vraag is: wie is die God? Onder die swartmense met wie ek
te doene het, is die Godsbegrip diep ingeketen. Umvelinqangi, Hy-Wat-
Van-Die-Begin-Af-Bestaan, meen ek is 'n eeue-oue begrip. Eerder as
'n hulpmiddel is dit egter 'n las in evangelisasie omdat dit
Christus as Middelaar uitsluit. Van die uitgangspunt dat die
Christelike geloof die enigste ware geloof is, dra Ubuntu niks by
om die gelowige selfs beter te maak nie, maar die gevaar dat hy
as gevolg van Ubuntu en sy geloof in Umvelinqangi vir Christus
verwerp bestaan wel.
Dit is egter nie al rede hoekom Christenskap 'n uitkoms bied nie. Tot
'n mindere mate is daar is ook die verdraagsaamheid van die gelowige.
Dieselfde verdraagsaamheid kan weliswaar ook bestaan as gevolg van
'n aanhang na die Ubuntufilosofie, maar soos u self sê, dit gaan die
vuurdoop nie weerstaan nie, want mense is feilbaar. Daarenteen maak
die gelowige nie op homself staat om die Christus-voorbeeld te volg
nie, maar eerder op die werking van die Heilige Gees wat van sondaars
heiliges maak. Weereens, AS hy dan tog faal as gevolg van
ongehoorsaamheid teen die leiding van die Heilige Gees, dan is dit
dieselfde Gees wat hom van sy sonde sal oortuig en hom tot
skuldbekentenis bring. Ubuntu maak staat op slegs die gedisiplineerde
navolging van 'n lewensfilosofie, en as daardie filosofie dan verkeerd
toegepas word is daar niks om die mens te oortuig dat hy verkeerd
gehandel het nie.
Ek dink dat as ek as Christen my opinie oor Ubuntu wil saamvat sal ek
die volgende sê:
Ubuntu is 'n voordelige filosofie wat wel, soos u opmerk, bewys is van
God se algemene genade. Terloops, ek het nooit voorheen so daaraan gedink
nie. Dit is pragtig. Ek wil egter nie Ubuntu voorstaan as 'n filosfie
om te probeer uitbou (of herstel) in ons land nie, want dit dra niks
by wat die ware Christelike geloof nie in elk geval doen nie. Om te sê:
Kom ons laat Ubuntu weer leef! is ook gevaarlik want dit het geen
konkrete maatstaf nie en kan dan verkeerd toegepas word. Meer nog,
Ubuntu bewerkstellig nie 'n saligheid in die hiernamaals nie, wat tog
die uiteindelike doelwit is, en nie bloot 'n harmonieuse saamleef op
aarde nie. Ubuntu as filosofie SAAM met Christenskap dra tot die
Christenskap niks by nie, en Ubuntu sonder Christenskap bied slegs
vae, feilbare en tydelike voordele.
Kom ons arbei eerder om mense te bekeer tot die ware geloof. Kom ons
streef eerder om self ons Christenskap so uit te leef dat dit wel 'n
verskil maak in ons onmiddellike omstandighede.
Harstikke leuk die afrikaanse nieuwsgroep.
Ik zal proberen wat afrikaanse woorden te leren: het is een prachtige en
eerlijke taal.
Hou'en zo en sukses !
RagnarS145 wrote in article
...
>
> Hello!
> I was curious, I'm very interested in learning Afrikaans. My question is
> this: Is there anywhere to find language tapes, Dictionaries, Grammar
> books, etc to learn Afrikaans? I haven't been able to find any, or would
> it be easier to learn Dutch and then move on to Afrikaans at some point in
> the future? If possible, please respond to: Ragna...@aol.com (I don't
> stop into this NG alot, primarily due to the language differences).
> Thanks!
>
> Regards,
> Ragnar Schuett
>
Hi Ragnar,
As a native Dutch speaker (yes, I am from Holland), I recommend you not to
learn Dutch in order to be able to speak Afrikaans. Dutch is quite a
difficult language to master as it is, and I must say that I too have great
difficulty understanding what is written in Afrikaans in this newsgroup.
Both grammar and vocabulary are rather different from Dutch. I'd say start
learning Afrikaans and don't bother about Dutch, as I might do the same
thing.
gekyk? (Baie dankie, Gloudina!) Daar is veronderstel om 'n Afrikaans
leermiddel daarso te wees. Ek het nou probleme daarmee en wonder of
julle dit dalk kon regkry. Sal julle asseblief my laat weet of julle
dit kan kry? (Ek het my Java ge-enable, maar dalk doen ek iets
verkeerd.)
Nog iets, ek het al hierdie vra gevra sonder veel geluk, maar ek is op
soek na "moderne klassieke" boeke (soos Pride and Prejudice, Anna
Karenina...) wat in Afrikaans beskikbaar is. Kan een van julle dalk my
help?
As ek so na baie ouens se postings kyk, vgl. bv Anonymous se nuutste
wyshede onder "Ja Baas" en "Wakker skrik, mense" kry ek die indruk baie van
hulle voel net bietjie lonely. ek is seker daarvan hulle sit iewers alleen
in 'n flat in sunnyside en hulle enigste geselskap is die net. as hulle dan
nie genoeg aandag kry nie sê hulle sulke stupid goed net om 'n reaksie te
kry. dis mos lekker om te sien as een van jou postings sulke lekker lang
threads veroorsaak.
Wakker skrik, boere.
Hulle wil net bietjie fymis wees.
Ek is opsoek na titels, woorde, musiek, name van Afrikaanse musiek
kunstenaars van die 30's en die 40's. Enige iemand wat sulke inligting het
of weet wie ek kan kontak - dit sal waardeer word.
Selfs al weet jy net van 'n kunstenaar of ken jy 'n liedjie se titel, laat
weet my asb.
Die volgende is geplaas deur d...@dbn.net by die NG se ewe knie.
The Saturday Paper .. 26 April 1997
WE ERRED ON CUBAN DOCTORS, ZUMA'S DEPARTMENT ADMITS.
In a major turnabout, Health Minister Nkosazana Zuma's department has
entered into confidential negotiations to reinstate South African
doctors "sacked" and replaced by inadequately trained Cuban doctors.
With two multi-million Rand malpractice law suits involving Cuban
doctors pending against the government, sources say the Health
Department admitted in negotiations with the Medical Doctors Union of
South Africa that it made a mistake in recruiting the Cuban doctors.
The Saturday Paper has learnt that the contract of hundreds of Cuban
doctors will not be renewed. They were brought to South Africa to
appparently fill a need for trained staff in rural hospitals. It is
understood that the department now wants to relocate them to larger
hospitals to work under the supervision of South African doctors.
Attempts to obtain comment from the Department of Health on the issue
have proved fruitless.
Philip du Toit, legal representative of Medusa, said the situation with
the Cuban doctors had reached crisis proportions. " They are doing an
injustice to the people out there. "
Du Toit said the union agreed not to disclose details of the
negotiations with the Department of health until agreement had been
reached.
-----
Net-Tamer V 1.07 - Test Drive
-----------------------------------------------oOo---------- --------------
----------------------
Is daar nog iemand wat wonder oor die kwaliteit van die Kubaanse dokter.