Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Pulpits. and clerics

Wo, 28 Mei 1997 00:00

Hopelik dans hy n lekker dansie.
Ek verwys meer na die Jesuiete

So tussen haakjes ek het die artikel oor die inslag van die hemelliggaam
(natuurlik) geniet.
Ons kon Hale Bopp gweldig goed sien want ongewoonlik het ons wolkelose
nagte gehad.
De Lente is koud vanjaar. Maar pragtig hier vir die Amsterdam Top.
Gegroet
Xfiles.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Idioom: Oggendstond

Di, 27 Mei 1997 00:00

Hallo daar, Vira en Stefan !

Hier's een:

"Die oggendstond het goud in die mond"

Ek het nou net aan hom gedink, en dus het ek nie akademiese inligting
oor hom nie.
Ek weet nie wat die -stond gedeelte beteken nie. Wat wel in my gedagte
gebeur, is dat ek dink aan die goue kleur wat mens dikwels tydens 'n
sonsopkoms sien. Dit, en dan die implikasie van rykdom (goud), bring die
twee bymekaar. Dus voel ek dat die idioom vir ons sê dat deur nie tyd te
mors nie, en die dag vroeg te begin, sal mens suksesvol wees.

My interpretasie, sommer so uit die vuis. Kan iemand anders vir ons die
waarheid gee ?

H-J

--
Regards

H-J

PS: Remove the .nospam from the email address to reply.

Afrikaans, ons taal | 4 kommentare

Re: Idioom: Oggendstond

Di, 27 Mei 1997 00:00

Henri-John Kock (hjkock...@cs.up.ac.za) wrote:
> Hallo daar, Vira en Stefan !
>
> "Die oggendstond het goud in die mond"
>
> Ek het nou net aan hom gedink, en dus het ek nie akademiese
> inligting oor hom nie. Ek weet nie wat die -stond gedeelte beteken
> nie. Wat wel in my gedagte gebeur, is dat ek dink aan die goue kleur
> wat mens dikwels tydens 'n sonsopkoms sien. Dit, en dan die
> implikasie van rykdom (goud), bring die twee bymekaar. Dus voel ek
> dat die idioom vir ons sê dat deur nie tyd te mors nie, en die dag
> vroeg te begin, sal mens suksesvol wees.
>
> My interpretasie, sommer so uit die vuis. Kan iemand anders vir ons
> die waarheid gee ?

my skoolduits is 'n hele entjie in die verlede, maar as ek reg onthou
is daar ook so 'n duitse spreekwoord:

morgenstund ha't gold im mund

die twee is so na aanmekaar dat dit miskien die ('n) oorsprong vir ons
spreekwoord is. stond ("stund") is natuurlik 'n periode, somtyds
presies 'n uur lank. in afrikaans, dink ek, is daar ook die woord
aanstons, of iets soortgelyk (my woordeboeke in terug in die ou sa)
wat van nederlandse "des aandstons(??)" kom.

nog duitse spreekwoorde wat ek kan onthou, is

mit dem hut in dem hand kommt man durch das ganzes land

en

ehrlikheit wa"hrt am la"ngsten

waarvan ons ook afrikaanse ekwivalente het.

-- jaco

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Warm onderwerp

Di, 27 Mei 1997 00:00

Soos ek deur al die items geblaai het, blyk dit dat die eeu-oue stryd
tussen Afrikaans en Engels nie verby is nie. Tog te jammer.
Verbaas is ek om te sien dat die Afrikaner as rassis beskou word en
om Afrikaans te praat dit te bevestig. So tussen ons: Die Britte het
die 1910 grondwet onderteken wat die anderskleuriges in 'n newegeskikte
posisie in Suid-Afrika geplaas het. Eina!
Ja, die Afrikaners is rassiste. Dit verklaar waarom so baie van hulle
by 'n Afrikaanse Universiteit Afrikatale bestudeer.
Onthou net "ons is nie almal so nie!"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waar is Wen?

Di, 27 Mei 1997 00:00

Wen, is jy nog daar? Of is jy kwaad oor die "ou regime" misverstand? Kom tog
terug, ek kyk elke dag vir jou mooi briefies wat nie meer kom nie.
*"Seblief"* (mooi gevra)... kom sê weer hello!

Vira.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Idioom: Hy praat soos 'n DAGGA-ROKER.

Di, 27 Mei 1997 00:00

Idioom : Hy praat soos 'n dagga-roker.
" Bleah praat soos 'n dagga-roker. Ek
dink hy is aan die mal raak daar in die
bundu in Minnesota."

I associate the use of this expression with
the Northern Cape, where I grew up. I think
I was told when I was very young how the
Khoi and the San smoked their dagga. (In
retrospect now it seems such a civilized
and healthy way to do it, through water, like
the people in the Near East with the hookah.)
It is well known that the San especially used
dagga in their religious dances and that they
talked "in tongues" while under the influence.
The word "dagga" probably comes from
the Khoi "daxa-b" but today it is also used
for Indian hemp and for the "bhang" or
hashish introduced to the Cape by the Dutch
from their possessions in the Far East.
The word dagga is also used for any of
several species of "Leonotis" which were
chewed and used medicinally and cosme-
tically by the Khoikhoin. Besides smoking
the leaves various native tribes employ the
leaves' young tops as a remedy for fevers,
anthrax, dysentery etc. Leonotis is found
as a weed round kraals in Natal where it is
known as "insangu". My fondest memory
of Leonotis is of climbing in the Drakens-
berge with companions and walking into a
field of Leonotis higher than us, their bright
orange flowers glowing in the clear sunlight.

Gloudina Bouwer

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

"Circe" deur ELIZABETH EYBERS

Di, 27 Mei 1997 00:00

CIRCE
Elizabeth Eybers

Luister jy nog? My stem is sag,
my liggaam is so diep en teer:
vergun my om nog hierdie nag
die weemoed uit jou o"e te weer.

Vertoef nog tot die daeraad, dat
jy vry mag wees om hiervandaan
'n man se verre we"e wat
ek net maar vaag vermoed te gaan.

Die onversteurbare, die sterke,
dit moet jy bly, ook wanneer ek
tussen my boeie en my vlerke
smartlik gespanne en gestrek,

jou wil belet omdat ek nog
nie weet hoe ek jou kan ontbeer
wanneer jy vir jou nuwe tog
die boegspriet teen die branders keer.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bewaarkloof - antwoord

Di, 27 Mei 1997 00:00

Hallo aan almal in s.c.sa.a !

Na aanleiding van At se boodskap oor bewaarkloof het ek 'n bietjie by
die Nasionale Kultuurhistoriese Museum gaan aanklop om hulp. Hier volg
wat Jan van den Bos vir my gestuur het i.v daarmee:

"
Ek moes eers vasstel waar die plaas Bewaarkloof geleë is, en het dit 2329BB
van die 1:50 000 topografiese reeks opgespoor. Wat interessant is, is dat
dit oos van 'n plek met die naam Tommyskloof geleë is. Dit laat my dink dat
Anglo-Boereoorlog aktiwiteite in die vorm van skermutselings hier moes
plaasvind. Wat ek wel met sekerheid kan sê is Chunespoort, die pas oor
Strydpoort oor ses blokhuise beskik het. Dit was volgens dokumente 22 myl
suid van Pietersburg (Transvaal Argiefbewaarplek, CO 291/27-291/53 FK 1958:
49-97). Hierdie linie van blokhuise is reeds op 20 Januarie 1902 voltooi
gewees.

Die Britte het tydens die Oorlog (1899-1902) verskeie landelike en
spoorweglinies oor die land heen gehad. Dit was om die aantog van die Boere,
maar ook om die opblaas van spoorlyne deur die Boere veroorsaak, af te weer.
Daar was verskillende soorte blokhuise, sommiges van klip en die ander weer
van sink. Die wat in die Pietersburg-omgewing opgerig is, was meestal van
sink. Dit is dus moontlik dat 'n Britse kamp of garnisoen in die omgewing
van Bewaarkloof gestasioneer was. Meer navorsing is egter nodig. Die rivier
daar naby maak dit 'n ideale kampplek.

Daar is ook heelwat ystersmeltterreine in die omgewing van belang. Hieroor
het ek egter geen inligting nie.

Ek hoop dat dit moontlik kan help. Laat maar weet indien nog vrae
ontstaan.

Groete

Jan van den Bos
************************************************************ *******************

* Jan van den Bos *
* National Cultural History Museum Tel : 27 (0)12 341 1320 *
* PO Box 28088 Fax : 27 (0)12 341 6146 *
* SUNNYSIDE Email : nc...@nchm.co.za *
* 0132 Director : Dr US Kusel *
* *
* 139 Mears Street *
* SUNNYSIDE Website : http://www.paperless.co.za/public/nchm/ *
************************************************************ *******************
"

Die boodskap sê niks oor die vrouens en kinders wat daar weggesteek was
nie, maar die feit dat daar nie ter ver vandaan 'n plek met die naam van
Tommyskloof is, bewys vir my nog meer die merkwaardigheid van die hele
gebeurtenis.

Ek was die afgelope naweek bevoorreg om in Tzaneen se wêreld te wees, en
ek het uitgekyk vir iets wat interessant lyk. Wat my opgeval het, was
die verskil in die landskap in die bestek van omtrent 50 KM soos die
kraai vlieg. As mens verby Pietersburg is van Pretoria se kant, is die
landskap vol kein koppies en is dit redelik droog. Ry nog 5 km en jy ry
in 'n bergreeks in, dis nou nader aan Magoebaskloof. As jy jouself weer
kom kry, sit jy in die middel van papaja en piesang boerderye. Ek kon my
oë nie glo toe ek hierdie bome sien, aan die einde van Mei nie. Dit
terwyl dit in Pretoria stortreën en snerpend koud is. Ry verby Tzaneen,
na Letsitele se kant, en die plek word weer droeër, weereens meer
bosveld. So het dit aangehou tot by die Hans Merensky reservaat,
waarlangs ons gebly het.

Wat my wel opgeval het, aan die negatiewe kant, is dat die plantegroei
naby Tzaneen, aan Pietersburg se kant, lyk soos in Europa. Die rede ?
Die natuurlike bos het plekgemaak vir plantasies. Daar is ontsettend
baie papier- en saagmeulens, wat die landskap ontsier. Die ekonomiese
redes hiervoor kan begryp word, en dit regverdig seker die verwydering
van natuurlike bos, maar ai... Dit laat my dink aan die tyd wat ek by
Graskop op veldskool was. Daar is dit die ene dennewoud, alles
aangeplant deur papiermaatskappye. Die stilte in die woud nogal
aangrypend, wanneer jy besef dat daar nie baie voëls is nie. Dit laat
mens besef watter impak die ekonomie op die natuur het. Ek sou wat wou
gee om te weet hoe dit daar gelyk het voordat die westerse ekonomie daar
ingevaar het.

Het jy dalk al iets nuuts oor bewaarkloof, At ? Vira ? Wen ?

H-J

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die bus

Di, 27 Mei 1997 00:00

Alwyn het geskryf:
> Dan het hy mos nou die bus gevang.

Beslis. 'k stem heeltemaal saam.

Laat dink my aan 'n grap wat ek nou die dag gehoor het. Gatiep het werk gekry
as bus bestuurder by die Golden Arrow bus maatskappy, maar daar's baie klagtes
oor hom, omdat hy nie wil stop by al die bushaltes nie.

Toe ry een dag 'n kondukteur saam met hom, en díe kyk toe hoe Gatiep al rasende
verby een halte na die ander ry, waar die mense tevergeefs staan en wag, en hom
probeer waai hy moet stop.

Toe Gatiep getakel word, oor sy gedrag, toe antwoord hy: "Vir ses maande het
ek sonder werk gesit, en niemand wou my ken nie. Nou lat ek 'n job gekry het
by Golden Arrow , nou soek hulle almal 'n lift!"

Geniet julle dag!
Vira.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat is die Afrikaans vir...

Di, 27 Mei 1997 00:00

weet iemand hier almiskie wat die afrikaanse woord vir ``(web)
browser'' is? tot nou toe het ek reggekom met ``loerprogram'',
``netkyker'' en ``snuffelapparaat'' maar ek is seker iemand het al 'n
meer offisiele naam uitgedink.

-- jaco

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1516  1517  1518  1519  1520  1521  1522  1523  1524  1525  1526  1527  1528  1529  1530  1531    »]
Tyd nou: So Nov 17 00:43:56 MGT 2024