Gister het ons Kanadese 'n verkiesing gehad.
Alhoewel niemand baie opgewonde geraak het tydens
die baie kort oploop na die verkiesing nie, het die
resultate tog baie belangrike gevolge vir die toekoms
van Kanada. Daar was vyf partye in die verkiesing
wat saak gemaak het.
(1) Die Liberale Party wat die afgelope vier jaar
regeer het, het weer ingekom, maar met 'n baie
skrale meerderheid. Een van die verrassings van
verkiesings was dat omtrent al die setels in die
provinsie van Ontario deur die Liberals gewen
is. Mense het dit nie verwag nie.
(2) Dit was dus een van die teleurstellings vir die
eens magtige Konserwatiewe party dat hulle nie
'n "comeback" gemaak het in Ontario nie. Hulle
het mos in die laaste verkiesing net twee setels in
die hele land gekry, maar het gehoop dat dit net
'n aberrasie was, en dat beter dae voorlê. Dit het
ongelukkig nie gebeur nie. Hulle is nou, met 20
lede, die kleinste party in die regering, en die
gevaar is daar dat hulle, soos die ou Verenigde
Party in SA, van die toneel sal verdwyn.
(3) Die Reform Party - 'n regse Party wat allerhande
drastiese fiskale beleide verkondig en ook wil hê
dat daar ferm met die Quebec-separatiste opgetree
moet word, het 'n baie sterk teenwoordigheid
in Westelike Kanada gekry. Dis nou duidelik dat
Kanada ideologies skerp oos/wes verdeel is.
(4) Die Bloc Quebecois se verteenwoordiging in die
Sentrale Regering is nou skerp minder. Hulle is nie
meer die offisiële opposisie nie (Reform is dit nou.)
Maar die feit dat hulle nou verwag dat Reform vir
hulle meer aggressief gaan aanval oor hulle voorneme
om te werk vir die afskeiding van Quebec, gaan hulle
meer aggressief maak. Ons verwag dus vuurwerk in
die stryd tussen Reform en die Bloc, en miskien skep
dit probleme vir die Liberals, wat alles maar so vreed-
saam as moontlik wil hê.
(5) Ek was baie bly om te sien dat die NDP selfs een meer
setel as die Konserwatiewes gekry het. (In die vorige
parlement was hulle maar net 'n handvol.) Die New
Democratic Party is die party van die man in die straat,
die gewete van die nasie, die heenvlugplek vir vroue
en minderheids-groepe. Hulle is ook tradisioneel die
party met wie die Liberals koalisies aangaan as dit moet.
Maar die vrou wat leier is van die NDP het gisteraand
die Liberals gewaarsku "Don't take us for granted."
So na hierdie verkiesing het ons nou nog dieselfde eerste
minister: Jean Chretien. Ek troos my altyd hier in Kanada
dat my aksent en grammatika beter is as Jean Chretien s'n.
Sy Frans is glo ook nie so watwonders nie.
Met betrekking tot die Duitse en Hollandse skrywers op die ng, onthou ek hoe my
ouers altyd gesê het: "Probieren geht über Studieren". Dit beteken dat probeer
amper belangriker is as studeer, en word gebruik in die sin, dat ongeag hoeveel
mens lees en leer, jy gaan eers regtig 'n ding leer as jy dit probeer Doen. Dan
eers kom jy agter waar daar gebrek aan jou kennis is.
Ek dink dis immers waar, en voel al 'n verskil, in hierdie kort ruk wat ek aan
die ng skrywe - dit word al hoe makliker om Afrikaans te skryf!
Ek kan nie dink aan 'n Afrikaans of Engelse idioom met dieselfde betekenis nie.
(Stefan, jy ken hierdie een seker baie goed, miskien kan jy aan iets dink).
Ek is redelik nuut op die Web, en het deur 'n hele klomp nuusgroepe
geworstel om een of twee te probeer kry wat my interesseer (za.humour
was omtrent die beste van die lot), toe ek hier uitkom. Ek het na al die
boodskappe (100+) gekyk, en het ek dit nie geniet nie! Mooi so mense,
dis goed om op te kom vir jou eie; hou so aan. Ek het die enkele
Hollanders en Duitsers veral geniet (As julle hierdie lees, doet zoo
voort en schreibt mal wieder).
Een ding wat my gou opgeval het, was die voorspelbare aanvalle deur die
arme disleksiese siele wat nognie agtergekom het dat dat daar na die
eerste letter 'n verskil tussen Apartheid en Afrikaans is nie. Nou ja,
ons sit maar opgeskeep met hulle. Wat ek egter nie kan verstaan nie, is
hoekom enigeen die moeite doen om op hierdie ouens te reageer, en weer
te reageer en weer. Dis kinderagtig, en dit bereik niks nie, behalwe om
die arme haters se opinie van hulleself te verhoog: hulle kry immers
aandag en reaksie. Ek weet dis moeilik om nie te reageer nie; die eerste
paar wat ek gelees het het ook die Boer in my wakker gemaak. Maar na 'n
ruk het ek hulle name in die opskrif begin herken en eenvoudig opgehou
om die twak wat hulle kwytraak te lees. Ek dink dis een manier om van
hulle ontslae te raak, of ten minste hulle effek te verminder: ignoreer
hulle. En verwag dat die gebrek aan aandag sal veroorsaak dat hulle nog
erger as voorheen aangaan; moenie in die slagyster trap en reageer nie,
vroeër of later sal hulle verveeld raak en verdwyn. Dit help nie om
hulle te wys op feitelike of logiese foute in hulle galbrakery nie;
hulle is onoortuigbaar. Ek het vandag meer as een uiters beskaafde,
bedagsame en goed beredeneerde reaksie op haatpos gelees, en dan was dit
telkens uit die hater se teenantwoord duidelik dat dit absoluut geen
effek gehad het nie. Ek is seker ons kan ons tyd meer positief aanwend.
Dis elkgeval my opinie. Hoe voel julle?
John
--
John Irish, Entomologie, Nasionale Museum
john-irish @ internext.co.za
So drie weke gelede skakel Ria my om te laat weet dat haar ma en ander
familie na Kissimmee Florida kom, en gevra of daar iets is wat hulle vir my
kon saambring. My versoek soos altyd was 'n bottel Cape Velvet en Zulu
aandenkings vir my man. Ek was gewonder hoekom daar nie soos gewoonlik
gevra is of daar iets is wat my ma kan saamstuur nie. Wel, die familie
arriveer en ek bring toe 'n besoek aan hulle om my pakkies te gaan afhaal.
My klein "pakkies" is toe in 'n groot tas ..... vol! So vol en so swaer ek
kon dit skaars dra.
Ek is deur die familie gewaarsku dat hulle probleme ondervind het by
"customs" (hoe spel mens "customs" nou weer in Afrikaans?), dat die tas
deursoek is en van die pakkies oopgemaak en die papier waarin van dit
toegedraai was, beskadig is.
By die huis gekom kon ek nie wag om te sien wat alles in die tas is nie.
Ek was so opgewonde ..... daar was twee bottles Cape Velvet, baie Zulu
aandekings .... en van my persoonlike besittings (foto albums) wat deur my
ma gestuur is en ekstras soos Smarties, Aero ens. Groot was my verrassing
toe ek op 'n pak biltong afkom - 'n groot pak biltong en droe wors. Ek was
amper histeries van opgewondenheid. Ek kon nie glo dat "customs" nie die
biltong gekonfiskeer het nie. Blykbaar mag kos soos vleis en vis nie
ingebring word nie (nie eens Proteas nie). Die biltong was gepak in 'n
plastiese "Glad bag", nie eens weggesteek nie. Ek het gestaar en gestaar,
en geruik en geruik, en moes myself 'n paar keer knyp om myself te oortuig
dat dit wel 'n biltong was. Nooit in my wildste drome het ek verwag om 'n
pak biltong en droe wors direk uit SA te kry nie ..... Op daardie stadium
was die verlange baie, en na 'n paar trane het ek behoorlik gesmul!
Cindy my ou sus ....... Jy is absoluut 'n ster! Baie baie dankie. Ek wens
ek kon in woorde vir jou se wat dit vir my beteken het.
En Ria by Zillertal, baie baie dankie vir die Cape Velvet, Zulu
aandenkings, en vir die geleentheid dat my ma pakkies en persoonlike
besittings vir my kon aanstuur. Ek waardeer dit opreg.
ek is een Duitse student, maar soos julle sien kan ek nie echt spreek
Afrikaans nie. Ek spreek Nederlands en vind Afrikaans baie interessant.
Miskien kan ek nog leer die taal...
Ek het vergeet wat ons gesê het, lief,
die tyd het oud geword -
en ek lê eenkant niemand praat
daar's niemand nie - het stil geword.
Kind wat my nooit sal ken nie
nooit en nooit nie - stief groot geword ...
Nooit weer in die krom van jou lyf
my lyf as ek slaap nie, o Abelard -
maar koud en vrugloos en alleen
in 'n huis in die wind
vroetel en nie vind nie ...
ou hande in papiere papiere papiere
het kinds geword.
Hi! I am looking for some SA and/or Afrikaaner slang or
everyday phrases. I am from America, and I am afraid that
I don't know much about the culture, but I would love to learn
as much as I can. The differences in expressions is also
very facinating to me, but cheifly it is to be used in email
correspondence. I have a very good friend who lives in SA,
and I would like to be able to use some of the SA slang and
phrases. If any of you could help me out, I know a _little_
Afrikaaner. I would appreciate translations, as languages are
my poor suit. Since talking to my friend I have felt that the
SA accent is very beautiful. Pretty much the whole culture
fascinates me. Well, I have rambled long enough. Thanks
in advance!
P.S. I LOVED the post telling about what different words
meant to Africans and Americans.
EX: Globe=lightbulb
Dam=Lake
--
Richard McRae -
-------------------------
This is a shameless advertisement for my website:
VISIT IT!!! YOU WILL LIKE IT!!! The home of the One and Only
Original Psychic Web-Page. http://www.oocities.org/Athens/Acropolis/3702
-------------------------
If you don't know how to reply by now, I'M not going to
tell you.....
-------------------------
Want alle lus wil ewigheid. Wil eindelose
ruimte om op te gaan. Wil soos 'n olievlek
oor logge water brei, sprei. Wil in hom betrek
wat raakbaar is, passief genaakbaar. Wil osmose
deur alle vlies. Wil onbegrensde tyd. Wil soos 'n
taal in duister valleie eeue-deur traag swel,
boeie van buiging breek. Wil absorbeer en rek
tot dit - vry - elke inval tolk. Alle lus wil.
Oorwin lê nou die dink diensbaar. Jou weerlose
wekker swyg. Hoor: in die onmeetlike vertrek
as gebaar van oorgawe staan die uurwerk stil.
Betekenis: om die belangrike van die onbelangrike te onderskei.
Sover ek weet, kom die idioom uit die eertydse landbou, waar koring gedors
was en dan met behulp van 'n plat mandjie (naam?) in die lug gewerp word,
sodat die ligte hulsels en kaf (met behulp van 'n ligte wind of briesie)
van die koring (wat swaar is en direk terugval) geskei word.
Dit laat my verder idiomatiseer en aflei dat ons in hierdie nuusgroep 'n
ligte windjie benodig om die politiese kaf van die idiomatiese korrels te
skei.
Dit is die visie van 'n selferkende idiomaniak (idioom-maniak).
This idiom, stemming from the agricultural activity of separating the
grains of wheat from the rest of the plant (wat is kaf in Engels?), means
the separation of important from unimportant - usually in reference to
information or meaning.
With regards to the talk going on in a newsgroup, the quest to improve the
signal-to-noise ratio leads me to the suggestion of using proper
identifying titles for my favourite IDIOOM-postings.
Ek het nou die dag ook 'n brief nes joune van my suster ontvang. Amper
dieselfde woorde. Sy het verjaar, en het dringend Simba skyfies en Stimorol
gevra, seker ook gedink mens mag nie vleis stuur nie. Toe haal ek 'n leë
kartondoos by Spar, en maak dit vol met 'n paar kilos droëwors en biltong. Die
biltong was van Woolworths (vakuumversieel?), maar die wors was net deur die
slagter in bruin papier toegedraai. Geen probleme met doeane nie. (Dalk ook
net gelukkig). Die grootste probleem was toe ek die pakkie poskantoor toe
schlepp, en hulle vra my sommer R600 posgeld! (Sy beter die smaak van daardie
biltong lank onthou!). Toe kom ek op hierdie gedig af:
AAN 'N STUKKIE BILTONG
(in Amsterdam) - deur J R L van Bruggen
Terwyl ek jou so stil-stil sit en kerf,
weet ek dat nooit so 'n knaende eensaamheid
'n mens se hart uit lid kan skeur, as hier,
waar honderduisend mense om jou woel,
en waar die troostelose winterswind
tot in jou murg kan sny. Hul sê dis hier
'n broeikaswêreld, waar die huise druk
en pak al om jou siel, totdat die toonloos
strateklowe vir jou word soos die
gesanik van 'n eensnaar-instrument.
Tog weet ek weer vanaand, die mensegees
is vryer as 'n voël in die lug,
wat, as die winter val, sy wieke uitslaan
na die son. As mens net vastrap-plek kan kry,
dan word jou siel weer ruim van hemelblou
en veld, en bulte bewend in die son,
en gloeiend golf op golf na verre berge.
Klein stukkie droë vlees, ek het my land
in jou geproe, en uit die winternag
van Amsterdam het jy met voorslagpietsies
my geruk, en my laat leef en asem,
waar die bosveld spog met sonnegoud
op buffelgras se vaalbruin branders
windgeroer ... Ek hoor die bosbok blaf,
en luister hoe die rooibokramme brul,
waar die mapaniebome luist'rend swyg.-
Jy het my weer die bosveldvrede diep
laat voel, wat uit 'n kampvuur in jou hart
kom kruip, die slegte dinge skroei, die goed
in jou aanwakker tot 'n vlam, wat heel
jou siel laat tintel. O, die wêreld gaan
mos oop, wanneeer so 'n bosveldvuurtjie praat,
en stil rus dan die mond, omdat geen taal
die diepste dinge in jou tong kan gee.
Dis God en liefde wat weer roer in jou,
en uit die roersels bot gevoelens teer
en sterk, wat met so 'n eindeloos verlange
soek na iets, dáár êrens bo die sterre.
En as die vuurtjie krimp, verkoolde stompe
reggeskuiwe word, en vonke soos vuurvlieë
spat die donker in, dan boei die klein
bekende ligkring weer, - en buitekant
die sirkel rek die magtig bosveld nag. -
Dan raak die tonge stil-stil los, en woorde
kom so warm vanuit die hart, want alger
voel die peilloos vrede en vreugd' van harte,
wat 'n krummel waarheid het gevind -
Dié kleinood, wat ons siel laat buig vir God,
en wat in liefde uitstraal oor die mens. -
Daarbuite hoes die wind die strate deur.
Die lug hang laag en grys, en ligte druil
deur amberklamme sirkels. Koulik gaan
so nou en dan 'n mens. Sy stap klink hol
en leeg, net soos 'n rammelende siel.
Die vensters van die huise anderkant
is dowwe oë, wat na my kyk, yskoud, -
en agter ieder raam leef lief en leed.-
Sê kyk so baie mense hier my aan!
Ek ken hul nie, en 'k wonder, wonder net,
of ook hul siele met my sou gesels,
wanneer die bosveld-vuur in jou kom roer,
en jou die pad wys na die sterrelug.-
(Kan iemand vir my sê wat beteken "voorslapietsies"?