Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Deutse Idioom: Probieren
Deutse Idioom: Probieren [boodskap #9679] Di, 03 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Met betrekking tot die Duitse en Hollandse skrywers op die ng, onthou ek hoe my
ouers altyd gesê het: "Probieren geht über Studieren". Dit beteken dat probeer
amper belangriker is as studeer, en word gebruik in die sin, dat ongeag hoeveel
mens lees en leer, jy gaan eers regtig 'n ding leer as jy dit probeer Doen. Dan
eers kom jy agter waar daar gebrek aan jou kennis is.

Ek dink dis immers waar, en voel al 'n verskil, in hierdie kort ruk wat ek aan
die ng skrywe - dit word al hoe makliker om Afrikaans te skryf!

Ek kan nie dink aan 'n Afrikaans of Engelse idioom met dieselfde betekenis nie.
(Stefan, jy ken hierdie een seker baie goed, miskien kan jy aan iets dink).

Groete,
Vira.
Re: Deutse Idioom: Probieren [boodskap #9700 is 'n antwoord op boodskap #9679] Wo, 04 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Vira skryf onder andere:

>> "Probieren geht über Studieren".
>> Dit beteken dat probeer
>> amper belangriker is as studeer, en word gebruik in die sin, dat ongeag hoeveel
>> mens lees en leer, jy gaan eers regtig 'n ding leer as jy dit probeer Doen. Dan
>> eers kom jy agter waar daar gebrek aan jou kennis is.
>
>> Ek dink dis immers waar, en voel al 'n verskil, in hierdie kort ruk wat ek aan
>> die ng skrywe - dit word al hoe makliker om Afrikaans te skryf!
>
>> Ek kan nie dink aan 'n Afrikaans of Engelse idioom met dieselfde betekenis nie.
>> (Stefan, jy ken hierdie een seker baie goed, miskien kan jy aan iets dink).
>
>> Groete,
>> Vira.

En Sybrand antwoord toe:

> Twee moontlike Afrikaanse idiome/uitdrukkings vir
> "Probieren geht über Studieren" is
>
> "Ondervinding is die beste leermeester."
> en "Probeer is die beste geweer."
>
> Sybrand

Is dit nie heerlik nie? Ek dink dit spreek boekdele:
In die een taal/kultuur gebruik ons studeer, en in die ander een gebruik
ons 'n geweer.

Of is daar dalk 'n ander betekenis van "geweer"? Ek vermoed dat die
Duitse woord "sich Wehren" moontlik die stam van die Afrikaans geweer, of
verweer mag wees.

Wie weet of ek dalks die kat aan die stert beet het?

--
Stefan Harms
For e-mail remove the ANTISPAM from the e-mail address, sorry.
Re: Deutse Idioom: Probieren [boodskap #9701 is 'n antwoord op boodskap #9679] Wo, 04 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article vi...@iafrica.com (V) writes:
> From: vi...@iafrica.com (V)
> Subject: Deutse Idioom: Probieren
> Date: Tue, 03 Jun 97 21:27:37 GMT

> Met betrekking tot die Duitse en Hollandse skrywers op die ng, onthou ek hoe my
> ouers altyd gesê het: "Probieren geht über Studieren". Dit beteken dat probeer
> amper belangriker is as studeer, en word gebruik in die sin, dat ongeag hoeveel
> mens lees en leer, jy gaan eers regtig 'n ding leer as jy dit probeer Doen. Dan
> eers kom jy agter waar daar gebrek aan jou kennis is.

> Ek dink dis immers waar, en voel al 'n verskil, in hierdie kort ruk wat ek aan
> die ng skrywe - dit word al hoe makliker om Afrikaans te skryf!

> Ek kan nie dink aan 'n Afrikaans of Engelse idioom met dieselfde betekenis nie.
> (Stefan, jy ken hierdie een seker baie goed, miskien kan jy aan iets dink).

> Groete,
> Vira.

Twee moontlike Afrikaanse idiome/uitdrukkings vir
"Probieren geht über Studieren" is

"Ondervinding is die beste leermeester."
en "Probeer is die beste geweer."

Sybrand
Re: Deutse Idioom: Probieren [boodskap #9702 is 'n antwoord op boodskap #9679] Wo, 04 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article vi...@iafrica.com (V) writes:
> From: vi...@iafrica.com (V)
> Subject: Deutse Idioom: Probieren
> Date: Tue, 03 Jun 97 21:27:37 GMT

> Met betrekking tot die Duitse en Hollandse skrywers op die ng, onthou ek hoe my
> ouers altyd gesê het: "Probieren geht über Studieren". Dit beteken dat probeer
> amper belangriker is as studeer, en word gebruik in die sin, dat ongeag hoeveel
> mens lees en leer, jy gaan eers regtig 'n ding leer as jy dit probeer Doen. Dan
> eers kom jy agter waar daar gebrek aan jou kennis is.

> Ek dink dis immers waar, en voel al 'n verskil, in hierdie kort ruk wat ek aan
> die ng skrywe - dit word al hoe makliker om Afrikaans te skryf!

> Ek kan nie dink aan 'n Afrikaans of Engelse idioom met dieselfde betekenis nie.
> (Stefan, jy ken hierdie een seker baie goed, miskien kan jy aan iets dink).

> Groete,
> Vira.

Twee moontlike Afrikaanse idiome/uitdrukkings vir
"Probieren geht über Studieren" is

"Ondervinding is die beste leermeester."
en "Probeer is die beste geweer."

Sybrand
Re: Deutse Idioom: Probieren [boodskap #9719 is 'n antwoord op boodskap #9679] Do, 05 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article Stefan...@ANTISPAMmbnet.mb.ca (Stefan Harms) writes:
> From: Stefan...@ANTISPAMmbnet.mb.ca (Stefan Harms)
> Subject: Re: Deutse Idioom: Probieren
> Date: Wed, 04 Jun 1997 22:48:29 -0500

>>> "Probieren geht über Studieren".

>> "Ondervinding is die beste leermeester."
>> en "Probeer is die beste geweer."

> Is dit nie heerlik nie? Ek dink dit spreek boekdele:
> In die een taal/kultuur gebruik ons studeer, en in die ander een gebruik
> ons 'n geweer.

> Of is daar dalk 'n ander betekenis van "geweer"? Ek vermoed dat die
> Duitse woord "sich Wehren" moontlik die stam van die Afrikaans geweer, of
> verweer mag wees.

> Wie weet of ek dalks die kat aan die stert beet het?

> --
> Stefan Harms
> For e-mail remove the ANTISPAM from the e-mail address, sorry.

In geval van verweer, afweer, weerbaarheid en (af-)geweer (as werkwoord)
is ek seker dat die oorsprong gemeenskaplik is, ook soos in "Abwehr".
Oor "geweer" (as vuurwapen) is ek onseker, maar reken beskeie dat u
aanvoeling reg is.

Sybrand
Re: Deutse Idioom: Probieren [boodskap #9720 is 'n antwoord op boodskap #9679] Do, 05 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article
...
> Met betrekking tot die Duitse en Hollandse skrywers op die ng, onthou ek hoe my
> ouers altyd gesê het: "Probieren geht über Studieren". Dit beteken dat probeer
> amper belangriker is as studeer, en word gebruik in die sin, dat ongeag hoeveel
> mens lees en leer, jy gaan eers regtig 'n ding leer as jy dit probeer Doen. Dan
> eers kom jy agter waar daar gebrek aan jou kennis is.
>
> Ek dink dis immers waar, en voel al 'n verskil, in hierdie kort ruk wat ek aan
> die ng skrywe - dit word al hoe makliker om Afrikaans te skryf!
>
> Ek kan nie dink aan 'n Afrikaans of Engelse idioom met dieselfde betekenis nie.
> (Stefan, jy ken hierdie een seker baie goed, miskien kan jy aan iets dink).

Vira,

Baie dankie vir die "Probieren geht über Studieren". Dit
het vir my 's sekere diepte wat ek graag wil hê julle moet
raaksien.

Miskien het julle al gehoor van die "Nuwe Wetenskap" wat
dinge behels soos chaos-teorie, fraktale, self-organisasie,
ens. Een belangrike aspek is die saak van ontluiking. Dit
gebeur in 'n sikliese proses waartydens daar 'n opbou na
'n breekpunt toe is. Die breekpunt self kan dan vurk (bifurcate)
in 'n ontluiking (emergence) of 'n ontbinding (immergence).

Daardie 'probeer' van jou gesegde verwys na die opbouende
sikliese proses. Dit sien dus die saak van 'ontluikende leer'
raak wat tradisioneel nie in die woord 'studeer' herken word
nie. Die woord 'studeer' beteken eerder 'verterende leer'. Wat
die gesegde dus wil sê, is dat 'verterende leer' sonder
'ontluikende leer' nie veel werd is nie.

'n Bekende woord vir 'ontluiking' in die besigheidwêreld is
innovasie.

Beste wense
At de Lange
Vorige onderwerp: IDIOOM: Koring
Volgende onderwerp: Idiomatiese Uitdrukking: FOEITOG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:55:10 MGT 2024