die polisie met haelgewere
die man wat die R1-koeël in sy heup gekry het
en die bergies wat aande
met hul dronk gatte bergop trek
as die aandster in die hemel hang
gebreekte mense Jesus
jy was gebreek
en toe jy aan die kruis gepraat het
was dit om te sê hoe die skerwe jou sny in die kop
en toe het jy heel geword die derde dag
en gesê dat almal wat gebreek is
in jou heel sal word
Jesus van die polisie
en die bergies
en hulle wat bitter en brandend is
is jy toe uiteindelik
bybel toe verban
waar jy in die woestyn van Judea
bladsye en bladsye afstap
en in slothoofstukke opvaar
na kaarte agter in die bybel toe?
In , fe...@is.co.za (Koos) writes:
> On 3 Jun 1997 12:34:35 GMT, wrote:
>
> he,he,he
>
> > Hi, ek was in Huis-de-Villiers baie lank
>> gelede.Lekker plek, behalwe in die winter. Daai ander woorde geknip...
>> Van 'n naamlose Kanadese oud-Matie.>>>
>
Pollux se vriend Sarel Snyman vertel in Sondag se Rapport:
"Die Studentekerk op Stellenbosch het 'n hele paar leraars.
Een van hulle is bekend vir sy uitermatige gebruik van gebare
tydens sy preke. Twee manskoshuise (daar was na die tyd
dissiplinêre stappe teen hulle geneem en ek noem hulle dus
koshuis A en koshuis B) daag mekaar toe uit vir 'n "eendaagse
krieketwedstryd" tydens die diens. As die predikant sy hand
sywaarts swaai, word 'n vier aangeteken. As hy sy hand slegs
sywaarts uitsteek, is dit 'n bylopie, beide hande sywaarts is
'n wydloper, hande bo die kop is 'n ses en 'n vermanende
vinger is 'n paaltjie wat val.
Vooraf is besluit dat twee tokkelokke, een van elke koshuis en
manne wat genoeg van krieket weet, saam as tellinghouers sal
optree, met 'n regte kriekettellingboek. Koshuis A se manne het
die linkerblok op die gallery volgepak en koshuis B die regterblok.
Die tellinghouers het in die middel gesit. Daar is geloot en
koshuis A het eeste gekolf. Almal was uit met die telling op 183.
Soos enige eendagwedstryd was dit gou duidelik dat die wedstryd
op 'n spannende einde afstuur. Met koshuis B se telling op vir
179 vir 9, kon enige span wen. Die telling is kort-kort na beide
kante toe aangegee en almal het asem opgehou oor wat die
dominee volgende sou wys. Toe hy driftig sy hande bo sy kop
uitsteek om 'n punt ernstig oor te bring, vlieg koshuis B se
manne soos een man op en tjeer vir 'n vale!"
Net gedink die oud-Maties hierbo sal dit geniet...
Wilhelm
Ek het onlangs op die Net een verwijzing gesien naar "Die Repupliek
Houtbaai". Ek weet die is nie 'n "echte" staat nie, maar bestaat die
nog? Kan iemand my miskien wijzen waar meer informasie daaro�r is.
Arthur
p.s. Ek het 7 juni keen boodskappe ontvang nie en 8 juni nog slechts 1,
lig die fout by my?
(eerste poging om Afrikaans te skry, verbeteringe syn welkom)
Voor de zekerheid toch maar even de Nederlandse tekst:
Ik heb onlangs op het Net een verwijzing gezien naar "De Republiek
Houtbaai". Ik weet dat dit geen "echte" staat is, maar bestaat zij nog?
Kan iemand mij misschien wijzen waar ik meer informatie daarover kan
vinden?
p.s. Ik heb 7 junie geen boodschappen ontvangen en op 8 juni slechts 1,
ligt de fout bij mij?
Dagse aan die tollies en versies van ons vaderland en groetnis hier uit
die liberale VSA.
Was nogal baie geamuseerd en soms ook die hoenders in vir die klomp
wysneuse wat veel te se het oor ons taal. Sou graag meer wil hoor van
ons taal handhawing en kultuuraksies waardeur toekomstige geslagte
hulself kan handhaaf.
As boerseun in die vreemde (San Diego, Kalifornia) is die TAAL nog
steeds my band met die land van melk en heuning, al is daar 'n bietjie
suurlemoen bygevoeg.
> Enersyds hou ek van die potensiaal wat dit het om gesprek te stimuleer.
>
> Andersyds dink ek dat die situasie 'n sterk selfsensurerende effek by
> bydraers moet veroorsaak.
> In hierdie konteks reken ek dat enige pogings tot Afrikanerintrospeksie,
> soos voorgestel deur Gloudina en ondersteun deur At nie 'n lang
> lewensverwagting het nie.
>
> Ek wil dit nie ontmoedig nie. Ek reken bloot dat mens die effek van
> selfsensuur in 'n sensurerende omgewing nie oor die hoof moet sien nie.
Leendert, die sake wat jy aangehaal het, is moeilik om vas te vat.
Sensuur beteken vir my om enige ander persoon nie toe
te laat om deel te neem nie. Dit kan ek net in twee opsigte
verdedig:
1 As ek pertinent verantwoordelik is vir 'n onvolwasse mens,
is dit my taak om vir daardie persoon volwasse keuses te
maak totdat die persoon dit self kan doen. Dit is ook my taak,
waar dit moontlik is, om so 'n persoon te lei hoe om self
volwasse keuses te maak.
2 As die persoon net een doel voor o"e het, naamlik om alles
te vernietig waarmee hy/sy in kontak kom. Andersins
moet ek eerder mense wat negatiewe en afbrekende bydraes
lewer, probeer reghelp. As dit nie wil werk nie, verdra ek
hulle maar verdra. Ek kan wel leer uit hulle bydraes,
al is dit net om te weet wat ek nie moet doen nie en
hoe erg die wereld kan wees.
Maar 'selfsensuur' is 'n heel ander saak. Ek wil dit amper
nie eers 'selfsensuur' noem nie omdat dit eerder 'n geval
van vrye keuse is. Ek glo dat elke volwasse mens vrylik
moet kan kies waaraan hy/sy wil deelneem of nie. Maar
daar is 'n voorwaarde: die persoon nie so 'n keuse maak
dat hy/sy die lewe van ander mense en die natuur befoeter
nie. Ek sal die persoon se spesifieke keuse bestry, maar
steeds stry vir sy/haar reg om vrylik te kan kies
Kom ons kyk hoe dit van toepassing is op die "derms
uitryg van die Afrikaner". Terwyl ek die frase skryf, dink ek
aan twee gevalle: 'n bobbejaan wat voor my o"e sy derms
gesit en uitryg het, en die folterende uitryg van Braveheart
se derms. As mense julle gewond het terwyl julle geen
skuld gehad het nie, moet to nie soos 'n bobbejaan sit en
derms uitryg nie - dit maak dood. As mense julle derms
onskuldig begin uitryg en teesit help nie, probeer nog steeds
so 'n getuienis lewer dat die folteraars beskaamd sal staan.
Wat voor die WVK aangaan, is dikwels gruwelik. As daar
een belangrike les te leer is, is dit dat die doel nooit die
middel heilig nie.
'n Tweede belangrike les te leer is dat 'n keuse wat nie
met joune ooreenstem nie, nie vanself onvolwasse is nie.
'n Derde belangrike les is dat jy baie duidelik moet vasstel
wie pertinent aan jou sorg toevertrou is. 'n Mens kan nie
agter 'n landswet wegkruip nie. Die meerderheid wit Afrikaners
het gedink dat die ander inheemse volke aan hulle toevertrou
is en toe wette gemaak om so te kan optree. Ek glo dit was
verkeerd. Hedendaags redeneer die meerderheid mense weer
dat die kinders aan die staat toevertrou is en maak wette dat
dit klap om so te kan optree. Ek glo dat ook dit is verkeerd is.