Koos wrote in article
...
>
> Die berig het vanoggend in Beeld verskyn
>
> ----------------------------------------
>
> Kaapstad. - Die kabinet het pas besluit dat Afrikaans in geen
> omstandighede verbied sal word as onderrigmedium aan tersiêre
> inrigtings nie ��omdat die land nie plek het vir taalimperialisme
> nie��, het adj.-pres. Thabo Mbeki gister op Jeugdag bekend gemaak.
Koos, ek het ook die berig gelees. As dit die waarheid
sou wees, sal ek baie bly wees.
Maar ons lamal weet dat veral politici en koerante ewe
ywerig liegstories opdis. Hoe sal ons seker kan maak dat
die berig die waarheid is. Wie kan raad gee?
Van die eerste agt plekke was 7 plaaslike wenners! Ek is verskriklik bly ons
ouens het so goed gedoen, en baie, baie trots op hulle. My dag is gemaak!
Veels geluk en baie dankie aan hulle. Ek het voor die televisie gelag en
gehuil, toegejuig en met 'n groot knop in die keel gesit. Die enigste spyt is
net dat daar nie twee eerste plekke kon wees nie, want beide Charl en Nick het
verdien om te wen, miskien Charl net so bietjie meer, so alles het honderd
persent uitgewerk. Vandag kan ons hulle huldig as ons Helde, Gladiatore van
die teerpad. Hulle het alles gegee en oorwin. Teen die sterkste
internasionale kompetisie. Ek, wat gedink het ons het nie veel hoop nie, het
by hulle vandag 'n les geleer. Ons weet nooit waartoe ons eintlik in staat is
nie, tot ons ons heel beste probeer het, en aanhou probeer het. Daar's altyd
hoop, lyk dit my, as mens net nie te gou tou op gooi nie.
(Wat het van SA vrouens geword?)
En ook 'n groot handeklap vir Ernie Els wat die Amerikaanse Ope Gholf Toernooi
vandag in Amerika gewen het. (Ek hoop ek het my feite hier reg).
Dit was werklik 'n wonderlike dag vir SA sport.
Beste Wense
van 'n seergeloopde armchair-runner (ja, my knieë het dit ook gevoel elke keer
toe daardie ouens se takkies op die pad neerslaan)
Lees 'n bietjie weer:
> Hey, just thought i'd share with everyone,
> I found a site with loads of nude CHEERLEADERs. The
> address is:
Ek wil julle mense net waarsku. Sulke onskuldige uitnodigings
is dikwels soos die wurmpie om die hoek. Wanneer jy op party
van die soort bedieners ingaan, registreer hulle jou epos adres.
Dit word dan verkoop aan mense wat jou agterna oorval met
gemorspos. Of hulle plaas 'n koekieblik op jou hardeskyf waarin
allerhande koekies sonder jou medewete geplaas word. En vir
iemand wat so 'n koekieblik het, kan die wereld warm word.
Gister het my ouma op 'n verjaarspartytjie gesêg dat in die jare 60,
toen zy vir 't eerst "filterkoffie" kon maak, iemand uit Suid Afrika
het gesêg dat daardie mense 't "luivrou koffie" noem. Vervolgens het
twee tantes onenigheid gekreeg over die naam vir "lift (elevator)".
Stygbakkie, hysbakkie of is 't lift soos in 't Nederlands?
Kan iemand mij vertellen hoe de temepreaturen rond Johannesburg zijn in
juli en augustus? Wat voor kleding meenemen ?
Kun jer gemakkelijk met credit cards betalen? Welke ?
Is "pinnen" ook mogelijk (met nederlandse bankkaart en het intoetsen van
een Persoonlijk Identificatie Nummer)?
Gister het ons 'n ietwat senutergende ondervinding
gehad. Ons kon nie by ons kar uitkom, nadat ons dit
geparkeer het langs 'n groot "mall" hier in Ottawa nie.
Die winkelkompleks is drie verdiepings hoog, elke
verdieping met sy eie parkering aan vier verskillende
kante. Ons het natuurlik die nodige voorsorg gemaak
om ons parkeerarea se nommer te memoriseer, en was
seker dat ons sou onthou waar ons ingekom het. Ons
het egter ons fout later uitgevind, toe ons om de dood
nie ons kar kon vind nie. (Die fout in ons berekeninge
was veroorsaak deur die feit dat ons aangeneem het dat
"Eatons," die winkel waardeur ons die plek wou binne-
gaan, net aan die westekant van die kompleks geleë
was. Eers later vind ons uit dat Eaton's van wes na oos
die hele lengte van die mall beslaan.)
Uiteindelik, terwyl ons nou so rondloop, begin
wonder ek wat ons nou sal aanvang as ons glad nie by
ons kar kan uitkom nie. Ek troos my daaraan dat die
plek eers die aand nege-uur toemaak en dat ons nie van
honger sal doodgaan tot dan nie. Ek begin ook wonder
of daar in die plek iemand is wat ons kan kry om ons kar
"op te spoor." Ek voel effens skuldig toe 'n vriendelike
winkelmeisie, wat ons wou probeer help, aanhoudend vra
of ons opgemerk het watter soort verkoopsware daar was
by die deur waar ons ingekom het. Ek begin toe al hoe
meer en meer skuldig voel oor my agterlosigheid en onop-
merksaamheid. Ek, iemand wat grootgeword het in die
land van die Khoi en die San, mense wat so opmerksaam
was dat hulle 'n dier oor groot afstande kon volg, en 'n
volstruiseier vol water kon opspoor baie lank nadat hulle
dit in die sand begrawe het. Daar in die winkelkompleks
begin ek wonder of ons ooit so 'n wetenskaplike in die
kuns van opsporing sou kon vind om vir ons te help om
ons kar te vind.
Die storie het 'n goeie einde. Ons het toe uiteindelik
self reggekom. Die vreugde om ons kar te vind, was on-
uitspreeklik soet. Om te kan huis toe ry, was 'n gawe van
die gode. Ons het nie meer bedreig gevoel deur magte wat
ons nie kon kontrolleer nie. Maar ek hoop ons het gister
'n les geleer wat die San duisende jare gelede moes leer toe
hulle in die onherbergsame dele van die Noord-kaap hulle
weg moes leer vind: Merk alles op. Alles is van belang.
Sorg dat jy jou weg terug sal kan vind. Hansel en Gretel
se storie gaan oor dieselfde ding. In die woude van die ou
Europa het hulle seker dieselfde probleem gehad. En ons
vandag, ons het ook nog soms dieselfde probleem, in die
betonwoude wat ons vir onsself skep.