Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Comrades
Comrades [boodskap #9778] Ma, 16 Junie 1997 00:00
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
YES! Charl Mattheus

YES! Nick Bester

YES! Al die Suid Afrikaanse wedlopers.

Van die eerste agt plekke was 7 plaaslike wenners! Ek is verskriklik bly ons
ouens het so goed gedoen, en baie, baie trots op hulle. My dag is gemaak!
Veels geluk en baie dankie aan hulle. Ek het voor die televisie gelag en
gehuil, toegejuig en met 'n groot knop in die keel gesit. Die enigste spyt is
net dat daar nie twee eerste plekke kon wees nie, want beide Charl en Nick het
verdien om te wen, miskien Charl net so bietjie meer, so alles het honderd
persent uitgewerk. Vandag kan ons hulle huldig as ons Helde, Gladiatore van
die teerpad. Hulle het alles gegee en oorwin. Teen die sterkste
internasionale kompetisie. Ek, wat gedink het ons het nie veel hoop nie, het
by hulle vandag 'n les geleer. Ons weet nooit waartoe ons eintlik in staat is
nie, tot ons ons heel beste probeer het, en aanhou probeer het. Daar's altyd
hoop, lyk dit my, as mens net nie te gou tou op gooi nie.

(Wat het van SA vrouens geword?)

En ook 'n groot handeklap vir Ernie Els wat die Amerikaanse Ope Gholf Toernooi
vandag in Amerika gewen het. (Ek hoop ek het my feite hier reg).

Dit was werklik 'n wonderlike dag vir SA sport.

Beste Wense
van 'n seergeloopde armchair-runner (ja, my knieë het dit ook gevoel elke keer
toe daardie ouens se takkies op die pad neerslaan)

V.
Vorige onderwerp: Krieket in die kerk (Was: SA English vs Afrikaans)
Volgende onderwerp: World Cup Rugby?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 04:33:10 MGT 2024