Iets wat ek nooit kon verstaan nie, is dat die slimmes nie die kennis
(o f "guts"?) gehad het om te sorg dat daar minder (geen!) kinders
gebore word in za aan mense wat geen kat se kans het om die kinders
iets meer as n hongerbestaan ,en alles wat daamee gepaard gaan, te gee
nie. Die tegnologie was tog seker al lankal beskikbaar. Hoekom is dit
so moeilik om iets aan hierdie skreiende onreg (teenoor die kinders)
te doen nie?
Ek hoor nou die dag in n berig oor Afrika dat selfs verwagtende vroue
die of daardie ongerief moes ly.....en toe se ek ook vir iemand hier
"Maar onthou, hulle is so-te-se altyd in verwagting!" Dis iets wat
mense hier nie besef nie.
> Iets wat ek nooit kon verstaan nie, is dat die slimmes nie die kennis
> (o f "guts"?) gehad het om te sorg dat daar minder (geen!) kinders
> gebore word in za aan mense wat geen kat se kans het om die kinders
> iets meer as n hongerbestaan ,en alles wat daamee gepaard gaan, te gee
> nie. Die tegnologie was tog seker al lankal beskikbaar. Hoekom is dit
> so moeilik om iets aan hierdie skreiende onreg (teenoor die kinders)
> te doen nie?
>
> Ek hoor nou die dag in n berig oor Afrika dat selfs verwagtende vroue
> die of daardie ongerief moes ly.....en toe se ek ook vir iemand hier
> "Maar onthou, hulle is so-te-se altyd in verwagting!" Dis iets wat
> mense hier nie besef nie.
Hier praat 'n persoon wat heeltemal
tuis sou gewees het in Nazi Duitsland.
Hier praat 'n persoon wat nie besef
dat haar eie voorvaders groot getalle
kinders in dieselfde huisgesin gehad
het en daarop trots was nie. Dit is 'n
sosio-ekonomiese feit dat die getal
kinders in 'n gesin afneem soos die
lewensverwagting en inkomste van die
huisgesin styg. Die beste ding wat die
wittes in SA kon gedoen het, is om vir
hulle swart broeders (wat hulle oorheers
het) te help om 'n bestendige bestaan
in 'n rustige maatskappy te bekom, dan
sou die geboortesyfers gedaal het. Maar
nee, hier kom die apartheidsvarke en
doen hulle werk. Toe moes hulle swart
broeders nou maar die "ultimate weapon"
gebruik om hulle te oorwin - groter
getalle-aanwas. Wie die laaste lag,
lag die lekkerste. Ha! Ha!
Om te onthou
vra stilte
vol afwagting
en peinsing
oor die dinge van die verlede
'n sekelmaan
wat bloed braak
oor die pyn van die hede
Om by die verlede te kom:
tonnel in die dinge van halfpad onthou
slinger blindelings kaalvoet
op die kronkelpaaie van die vergete
die môrester
sal oorwinning behaal
oor die hel van die gewete
Dis omtrent wat ek ook gedink het, en so was dit al lankal.
Nog iets: toe ek sewe jaar gelede in za was, het ek in n winkeltjie
gewerk. Een dag sien ek dat die kind (10 jaar?) wat die vloere na
skool kom was het, lelike merke op haar bene het. Dit blyk toe dat sy
op skool deur juffrou geslaan is omdat sy nie n som op die
swartbord(of is dit deesdae die witbord?) kon doen nie. En juffrou
het sommer gereeld die sambok gebruik.
Dit is beslis teen die wet, Dit was in ellk geval n liewe kind.
Maar toe ek na die polisie gegaan het (eers n doktor) wou hulle niks
doen nie, want die kind se ma moes die klag le, en die kind se ma het
my toe vertel dat sy dit nie kon doen nie want hulle was nie eintlik
in daardie skoolwyk nie, en die kind was net as n guns by daardie
skool.
(Hoekom sy nie by haar eie wykskool was nie, is n ander onsmakelike
storie.)
Die punt is, nie dat die polisie sg niks kon doen nie, maar dat die
kinders gereeld geslaan is by daardie skool, en dat juffrou nooit
toegelaat sou wees om wit kinders so te behandel nie.
Nee wat, as ek dink aan die stories wat die huilhulpe kan vertel oor
hulle ervarings, dan is ek bly ek hoef nie swart te wees nie.
Dit lyk of daar darem minstens twee mense is wat belangstel. Soos menige op
die groep kry ek ook net sekere boodskappe. Of dit gebeur dat die onderwerp
lankal nie meer onder bespreking is nie, dan duik daar 'n oer oue boodskap
op.
ANGLISISMES:
Die taal guru's het besluit dat die woord en sy betekenis uitgedien is. Ons
kan maar Afrikaans skryf soos ons dit praat, en as 'n vreemde woord
(hoofsaaklik Engels) nes geskop het in die taal en deur almal gebruik word,
word dit ook as Afrikaans beskou. So het 'n paar woorde "honorary"
Afrikaans geword: Twee voorbeelde:
Tjips. Skyfies is stukkies plastiek met prentjies daarop waarna mens kyk
deur 'n projektor te gebruik.
Boks. Doos het uitsluitlik 'n seksuele konnotasie.
DEELTEKENS EN KAPPIES:
Hier het die reel ook drasties verander, omdat dit baie verwarrend kan
wees. Kom die deelteken of "umlaut" nou weer op die eerste e in reel of op
die tweede? Die voorbehoud is dat die woord in konteks gelees moet word, en
as dit sin maak, los gerus die tierlantyntjies. Voorbeeld:
Ma se poeding is lekker.
Ma sê poeding is lekker.
Jy kan die kappie los as die woord in die volgende sin gebruik word: Ma se
sy is so vet want poeding is so lekker.
EEN WOORD OF TWEE?:
Hier het Engels weer gewen. Meeste Afrikaners skryf woorde los van mekaar
soos die engelse dit doen. Woorde boek, lewens boek, identiteits dokument,
kas register, avond maal is voorbeelde van woorde wat
tradisioneel vas geskryf was maar nou los geskryf kan word. Weereens,
gebruik jou gesonde verstand. Wat kan identiteits dokument anders beteken
as identiteitsdokument. Sou jy se "dierbaar" het 'n ander betekenis as
"dier baar." Ja, dus sal jy die woord nie los skryf nie.
Plekname (of plek name) is nie onderhandelbaar nie. Johannesburg bly een
woord en Nelspruit mag nooit Nel Spruit geskryf word nie.
Ek dink die slaag syfer in my skool dae sou baie hoër gewees het as hierdie
reels daardie tyd gegeld het. Ofskoon die spelling op die muur voor die
ingang na die skoolkompleks gelees het: Hoerskool Lydenburg. Tot en met ek
daar weg is het niemand ooit die umlauts op die e aangebring nie. Nie eers
Mnr. Wolmarans wat my gat warm geslaan het oor hierdie onbenullighede in
die taal nie!
Hiedie soort ding laat my besef ek is al n ruk weg uit za.
Hoe kan boks (wat 'n soort moord is), nou vervang word deur doos?
En "skyfie", het my pa gese, is n deel van 'n sinaasappel (of lemoen,
soos hulle in Afrikaans se, maar in Hollands is 'n lemoen weer iets
anders as 'n "lemon", en wat dit is, sou ek nie eers presies kan se
nie; dalk kom daar hulp oor die internet.) maar "skuifie " is 'n
"leuker" woord as die Hollandse "dia".
Ek neem aan dis olraait om deesdae "Hollandse " te gebruik i p v die
m i ietwat geleerde woord "Nederlands".
En ek hou van die kappies, net jammer dat ek nog nie kon uitwerk hoe
ek kappies kan opsit met die keyboard (?????) voor my.
Ek het alleen "Juta se Skoolwoordeboek hier "(1976), en "toetsbord'
klink nie reg nie. Is daar 'n ander woord in gebruik?
Terloops (of tertiks)," tikmasjien "was ook so 'n oulike woord. Die
Hollandse woord is soos die Engels - "typemachine", maar ons het
oor die" tikmasjiene "gepraat, en dit was dan seker 'n Afrikaansisme.
Dis eintlik interessant gewees om eers Hollands te leer, en toe
Afrikaans. Afrikaans het vir my baie lewendiger as Hollands geword,
en die manier waarop Afrikaans Engels inlyf is ook ouliker as die
manier waarop die Hollanders dit doen, omdat die uitspraak in
Afrikaans heelwat van die Kaapse Vlakte gemeenskap oorgeneem het.
Of wat se (kappie, waarom spring jy so weg van my!) djulle?