Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Swak redenasie, Nico
Swak redenasie, Nico [boodskap #12756] Sa, 21 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: Swak redenasie, Nico [boodskap #12809 is 'n antwoord op boodskap #12756] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> As die trekkers goed geskoold en geletterd was,

Die aanvanklike stelling, met verwysing na die uitsprake van Andrew Murray,
was dat die kinders goed geskool was vir 'n gemeenskap waarin daar geen
skole was nie. Murray het geen kinders teëgekom wat nie goed kon lees,
skryf, en reken nie.

> dan sal daar mos
> goeie, eerstehandse verslae van hulle wedervaringe wees.
> Is daar goeie verslae van hul wedervaringe?

Ja. Besoek gerus die Kaapse Argief. Sommige hiervan is wyd gepubliseer, soos
Trichardt se dagboek, wat in 1918 vir die eerste maal deur Gustaf Preller
uitgegee is, en sedertdien verskeie kere.

>
> vir stories skryf nie. >>
>
> Ek neem aan dat jy NIE sarkasties in die sin is nie, gegee jou nogal
> sterk reaksie toe reken jy sien tekens van sarkasme.
> So, ek behandel die sin as n nederige en feitelike stelling.
>
> Dus:
> Jy sal seker onthou dat ek nie verwys het na fiksie geskep deur die
> trekkers nie. (Stories interpreteer ek as verhale.)
> Ek vind jou stelling dat die trekkers nie baie tyd gehad het om n
> fiksie-letterkunde tot stand te bring nie, vreemd en ek verstaan nie
> hoekom jy dit maak nie.

Is jou interpretasie doelbewus eng, ou Koos? Of is dit maar bloot 'n
aanduiding dat die hoë vlak van geletterdheid en geskooldheid waarmee jy
spog jou nie veel gebaat het nie?

Siende dat die woord "storie" in alledaagse afrikaans na veel meer as fiksie
kan verwys - soos die etimologiese verband met die Engelse "history" (Grieks
"historia") ook aantoon.

Soos jy ook sou opmerk as jy enige van die nuwe geskiedeniswerkboeke bekyk
wat volgens die nuwe kurrikulum opgestel is - waarin die waarde van die
"stories" van oumense hoog aangeslaan word.

> Verduidelik asb.
>
> (As ek die ondenkbare sou probeer dink het, sou ek gewonder het die
> verwysing na tyd om stories te skryf nie dalk n sarkastiese manier was
> om te se dat jy reken die trekkers het nie tyd gehad om
> reis-aantekeninge te maak nie.
> Dan sou ek natuurlik kon gewonder het wat hulle aande gedoen het. Of
> wat die groepe gedoen het nadat hulle hulle gevestig het op pad die
> vasteland in. Dag in dag uit woel en werskaf?
> Selfs nie die kinders wat skool gaan tot op hoe vlak in die huise of
> waens het tyd om dit te doen nie?
> Selfs nie die mense wat hulle onderrig het so tien minute elke dag
> nie?
>
> My verwysing sou dan gewees het talle ander reis-beskrywings en
> aantekeninge wat ander mense onder baie meer stres gedoen het.

Wil jy miskien voorbeelde aanhaal? En sommer vir ons bereken watter
persentasie van die mense wat deel was van volksverhuisings soos die groot
trek hulle toegewy het aan die opstel van hierdie reisbeskrywings en
aantekeninge?

Onthou tog net om te onderskei tussen reisbeskrywings deur _besoekers_ aan
sulke gemeentskappe (bv. de Toqueville in die VSA) en reisbeskrywings deur
_lede_ van sulke gemeenskape.

> En ek sou natuurlik ook gewonder het of die trekkers nie die
> gemeenskappe wat hulle tot stand gebring het in rekords geformaliseer
> het nie.)

Hoekom wonder, Koos? Hoekom nie navraag doen by die standaard- en algemeen
bekende bergplekke van sulke rekords en dokumente nie, soos argiewe,
biblioteke en museums.

Ek verstaan, uit die bietjie wat ek al daaroor gelees het, dat net die
bronne in die Kaapse argief oor die voortrekkertyd, soos persoonlike briewe,
kontrakte, transportaktes, testamente, ens nog nie naastenby volledig ontgin
is deur navorsers nie. Dan praat ons nie eens van grondwette vir die horde
republiekies, dorpsplanne, gebiedskaarte, ens. nie. Dis natuurlik bronne wat
behou is ten spyte van die gevegte en oorloë wat baie daarvan vernietig het.

Natuurlik. Dit verg 'n bietjie meer as formele bewyse en pretensies van
"geletterdheid en geskooldheid" om 'n onderdagte stelling oor "ongeletterde
boere" na waarde te skat, nie waar nie?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Swak redenasie, Nico [boodskap #12812 is 'n antwoord op boodskap #12756] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| As die trekkers goed geskoold en geletterd was, dan sal daar mos
| goeie, eerstehandse verslae van hulle wedervaringe wees.
| Is daar goeie verslae van hul wedervaringe?

Skuus man, ek skryf dit oor:|
|
Re: Swak redenasie, Nico [boodskap #12813 is 'n antwoord op boodskap #12756] Ma, 23 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Feb 1998 13:25:40 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>>[/color]

Dis reg ou Leun.
Dit vat meer as dit.
Bly jy kan jouself nog so kritiseer.
Nou moet jy nog net gaan vasstel watter velkleur Gill Marcus en Derek
Hanekom en Ronnie Kassrils en so aan het, ne?
Dan kan jy selfs 'n argument of wat voltooi waarvoor jy weggehardloop
het 'n tyd gelede.
Re: Swak redenasie, Nico [boodskap #12881 is 'n antwoord op boodskap #12756] Wo, 25 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi heeft geschreven in bericht ...
> On Mon, 23 Feb 1998 13:25:40 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >>
>
> Dis reg ou Leun.
> Dit vat meer as dit.
> Bly jy kan jouself nog so kritiseer.
> Nou moet jy nog net gaan vasstel watter velkleur Gill Marcus en Derek
> Hanekom en Ronnie Kassrils en so aan het, ne?
> Dan kan jy selfs 'n argument of wat voltooi waarvoor jy weggehardloop
> het 'n tyd gelede.

Nogal, ne! Onthou net, Kosie: As jy nie jou pos lees nie is dit dalk
verstandig om Dejanews te raadpleeg.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Swak redenasie, Nico [boodskap #12882 is 'n antwoord op boodskap #12756] Wo, 25 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 23 Feb 1998 13:25:40 +0100, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >>
>
> Dis reg ou Leun.
> Dit vat meer as dit.
> Bly jy kan jouself nog so kritiseer.
> Nou moet jy nog net gaan vasstel watter velkleur Gill Marcus en Derek
> Hanekom en Ronnie Kassrils en so aan het, ne?
> Dan kan jy selfs 'n argument of wat voltooi waarvoor jy weggehardloop
> het 'n tyd gelede.

Ai, Koos. Vir een wat so pas 'n draaijakkals probeer uitvoer het met jou
ongegronde beweringe oor die geletterdheidsvlak van die voortrekkers is 'n
beskuldiging dat iemand anders weghardloop van 'n argument seker te wagte.

Die ding oor Hanekom en Kasrils kan jy seker 'n "argument" noem as jy wil.

Vir my lyk dit eerder asof jy nog lê en hap na 'n wa wat drie maande gelede
reeds verby is, sonder dat jy dit agterkom. Bietjie soos 'n fletsoogbrakkie
wat lankal uitgesit moes word, maar nog lê en hap na dinge wat uit sy
gedagtes kom.

Ek het gewonder hoe lank jy sal aanhou met die hanekomding sonder om jou
feite na te gaan. Dit lyk nou asof jy dit tot in der ewigheid sal doen,
salig onbewus daarvan dat die werklikheid klaarblyklik by jou verbygegaan
het terwyl jy in jou kop was.

Vir die rekord dus, uit die argief van die nuusgroep:

***************************

From: "Leendert van Oostrum"
Subject: Re: Wat nou, Koos?
Date: 24 Nov 1997 00:00:00 GMT
Message-ID:
References:




X-MimeOLE: Produced By Microsoft MimeOLE Engine V4.71.1008.3
Organization: Tukkies
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans

Ferdi wrote in article ...
> En het jy toe al uitgevind wie Derek Hanekom is?
> En slaan sommer bietjie na oor Gill Marcus se "kleur" ook. Ek het haar
> uitgelaat.
>
> Ek besef jy het waarskynlik al van daardie uitsprake van jou vergeet.
> Maar hulle staan nog hierbo iewers.
Nie vergeet nie - ook nie vergeet dat Gloatina enersyds die derde maal
opmerkings maak oor my tydbestuur nie, maar andersyds, bietjie soos jy, kerm
omdat ek nie reageer op haar teologiese uitsprake nie.
Derek Hanekom, soos Gill Marcus, is natuurlik die "token whites" van die
regering wat jy hier in die ring paradeer. Stewig aan die halter en met
saalkleedjies in die kleure van die eienaar - groen, goud en swart.
Want ons weet natuurlik wie hulle aanstel en afdank, nie waar nie? Maar in
elk geval, gegee hul teenwoordigheid - jou ANC hero's gee so op oor die
"population profile". Wil jy voorgee dat Hanekom en Marcus die swart
regering in lyn bring met die "population profile", en dus nie 'n swart
regering is nie?
In die eerste plek, die filly Gilly is nie in die kabinet nie, maar 'n
adjunk, soos Kasrils.
In die kabinet self is dit slegs Erwin en Hanekom (nie een van die twee
Afrikaans nie) oftewel 7% "non-black" (die beweging se eie term).
As jy kyk na "non-African", word dit 33% (15% Asiër, 11% "kleurling" en 7%
"wit")
Maar die hele spul van hulle word aangestel en afgedank deur een persoon ('n
"african" persoon) met 'n kieserbasis wat 97% "African" is, as ek reg
onthou.
Nee wat, Koos. As onse regering nie 'n swart regering is nie, dan was die
parlement van die dertigerjare, met Margaret Ballinger, verkies deur swart
kiesers, en Dr Abdurman, verkies deur "kleurling"-kiesers, ook nie 'n "white
parliament" nie.
Ek is tevrede dat 'n regering wat 93% "black" is ("black" gereken volgens sy
eie definisie) 'n swart regering is.
Seker maar 'n kwessie van konteks, nie waar nie? Iets wat vir jou
klaarblyklik die Afrikaanse sinoniem is vir "smoke and mirrors".
Groete, Leendert
Re: Swak redenasie, Nico [boodskap #12917 is 'n antwoord op boodskap #12756] Do, 26 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Feb 1998 00:17:57 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

verstandig om Dejanews te raadpleeg.>>[/color]

Ja Leun!!! Nogal!!

Maar, HET jy toe uitgevind of soek jy nog?

By the way, wat het geword van die massa-optog wat jy laas voorgestel
het Pretoria toe of iets. Of was dit Kaap toe?

Het jy toe al begin organiseer?
Re: Swak redenasie, Nico [boodskap #12918 is 'n antwoord op boodskap #12756] Do, 26 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Feb 1998 16:28:50 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:

beskuldiging dat iemand anders weghardloop van 'n argument seker te wagte.>>[/color]

Lees toe wat jy gaan opsoek het.
Toe raak ek weer getref deur die feit dat jy die regering toe sommer
weer 'n "swart regering" noem!!

Nogal terwyl jy oor Gill Marcus en Derek Hanekom skryf!!

Let toe ook op hoe jy hulle beledigend "token" noem en voort tier oor
die "swart regering".
Jy verklaar hulle sumier tot "token" sodat jy nie verkeerd hoef te
wees nie!!

Jy het natuurlik daarmee jou leun bloot na 'n ander plek in die sin
geskuif!
Dink toe aan "draaijakkals" en so aan wat jy hierbo noem.

Toe dink ek ook aan die hoogheilige "mode" wat jy soms ingaan wanneer
jy so "bronne" en "feite" en so voorts demand. En hoe dit verdwyn as
jy onder druk in 'n argument kom!!

Toe lag ek nogal vir jou "weghardloop van 'n argument" hierbo!!

N.S. 'n Argument is nie met jou moontlik nie. 'n Saamsingery wat
paradeer as 'n argument wel.
Re: Swak redenasie, Nico [boodskap #12944 is 'n antwoord op boodskap #12756] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 25 Feb 1998 00:17:57 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> dalk
>> verstandig om Dejanews te raadpleeg.>>
>
> Ja Leun!!! Nogal!!
>
> Maar, HET jy toe uitgevind of soek jy nog?
>
> By the way, wat het geword van die massa-optog wat jy laas voorgestel
> het Pretoria toe of iets. Of was dit Kaap toe?
>
> Het jy toe al begin organiseer?

Die teks wat ek geskryf het is daar vir almal om te lees.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Muskietjag
Volgende onderwerp: Re: Truth About South Africa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:22:48 MGT 2024