Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

voëls

Sa, 08 Augustus 1998 00:00

enge iemand met afrkaanse inligting oor voëls?
ww...@lantic.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Oor windgatte en nog wat

Sa, 08 Augustus 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> On 7 Aug 1998 13:15:02 GMT, wrote:
>
>>
>> Die tannie wat agiteer vir die
>> uitvoer van defekte cortexe
>> vanuit die RSA na die VSA. Sy
>
> ... en die grootste aarshoul sit in Kanada ...

Praat tog Afrikaans, my seun.

Die tannie wat toetentaal die
voorstander is vir die gebruik
van die Afrikaanse taal.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hoenders en die nuwe SA

Vr, 07 Augustus 1998 00:00

Ek het toevalig in die supermark hier in die UK vir 'n bottel Nando's
Peri-Peri hoender sous raak geloop en soos 'n Suid Afrikaner in die diaspora
tel ek die ding op en kyk 'n bietjie na die klein skrif net om verbaas te
sien dat dit vervaardig was in die "Democratic Republic of South Africa".
Nou in my ervaring as 'n land se dis "democratic" dan is dit nie. Wat gaan
aan - het ek iets in die nuus misgeloop in my drie jaar uit SA uit of is dit
maar 'n "tongue firmly in cheek" grappie?

Groete - ons somer het vandag uiteindelik begin :-)

Colin

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Wie is D. Steenkamp?

Vr, 07 Augustus 1998 00:00

Ek sien hy vra in postings wie is Gloudina.
Maar wie is hy?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

F.A.Venter

Do, 06 Augustus 1998 00:00

> Kan iemand vir my sê of daar op die Internt 'n resource is van
> Afrikaanse letterunde - ek wil byvoorbeeld weet watter boeke FA Venter
> almal geskryf het. Mieskien kan ons so informele lys hier op die
> nuusgroep begin en dan die resultate vir iemand gee om op 'n web page
> te sit.
> Ek besit
> Geknelde Land (1960)
> Offerland (1963)
> Die Ou Man en die Duif
> Swart Pelgrim (1952)

Simon
Ek het op my rak ook nog die volgende, maar daar is sekerlik nog waarvan ek
nie weet nie:
Gelofteland (1966)
Die Drosters (1952)
Die Koning se Wingerd (1984)
Bedoelde land (1968)
Kambrokind (1979)
Die Tollenaar (1955)
Man van Cirene (1957)
Werfjoernaal (1965)
Wit Oemfaan (1965)
Die Rentmeesters (1969)
Die middag voel na warm as (1974)

Ek het nie geweet van Die Ou Man en die Duif nie! Ek het die datums van
publikasie ingeskryf vir ingeval dit bruikbaar is.

So 'n paar interessanthede: Hy het in 1961 die Hertzogprys vir prosa ontvang
vir Swart Pelgrim en Geknelde land en in 1982 die Ruitertrofee van die SA
federasie van Rapportryerskorpse vir Kambrokind. Die Universiteit van Port
Elizabeth het die eregraad D.Litt in 1981 aan hom toegeken en hy was lid van
die Maatschappij der Nerdelandse Letterkunde.

Ek hoop dit help met die lys

Piet

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Is dit n Afrikaanse nuusgroep ?

Wo, 05 Augustus 1998 00:00

Snaaks dat op hierdie Afrikaanse nuusgroep soveel Engels geskrywe word.
Volgens my moet hierdie briewe naar n ander groep.
Ek spreek die wens uit dat dit dan ook sal gebeur en dat Engels beperk
sal wees
tot misskien enkele woorde.

Groete
Cornelius

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Is dit n Afrikaanse nuusgroep ?

Wo, 05 Augustus 1998 00:00

Misskien het jy gelyk, al sien ek tog ook berigte wat niks met hierdie groep
te
doen het nie.
Groete
Kees

Leendert van Oostrum wrote:

> Keesje,
>
> Bydraes in Engels is op hierdie groep net so welkom as bydraes in
> Nederlands. En laasgenoemde is baie welkom.
>
> Groete, Leendert
>
> KM wrote in message ...
>> Snaaks dat op hierdie Afrikaanse nuusgroep soveel Engels geskrywe word.
>> Volgens my moet hierdie briewe naar n ander groep.
>> Ek spreek die wens uit dat dit dan ook sal gebeur en dat Engels beperk
>> sal wees
>> tot misskien enkele woorde.
>>
>> Groete
>> Cornelius
>>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Uitvaart" deur CAROL CLARK

Wo, 05 Augustus 1998 00:00

UITVAART
Carol Clark

Ek moes my kleinboet vaarwel soen
wyl die wind deur die langriet roer;
die volke swelg aan die oorryp son
en kewers vreet karkoer.

Uil stipkyk uit 'n donker skeur
die wildemalva roer.
Twee slangverklikkers skel verby
janfiskaal in die wilger sloer.

Fluweeltjie fyn is pienk en pers
soos die loot op 'n aartappelmoer;
die tjienkerientjee se oog is swart
is donker en warm en loer.

Tjienkerientjee se oog is swart
is stip en rond en boor.
Uit knipoog in die donkerte:
my aarde kantel oor.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gloudina

Wo, 05 Augustus 1998 00:00

Ek het gelees jy het 'n Phd in wiskunde en afrikaans, is dit so en wat was
jou onderwerpe?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Skuil jy agter fifi, Gloudina?

Wo, 05 Augustus 1998 00:00

Of gaan jy self reageer:

> On Tue, 4 Aug 1998 22:09:08 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> SA beter
>> leef as tevore?>>

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1355  1356  1357  1358  1359  1360  1361  1362  1363  1364  1365  1366  1367  1368  1369  1370    »]
Tyd nou: Ma Nov 18 18:18:00 MGT 2024