Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » F.A.Venter
F.A.Venter [boodskap #16623] Do, 06 Augustus 1998 00:00
Piet de Coning  is tans af-lyn  Piet de Coning
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
> Kan iemand vir my sê of daar op die Internt 'n resource is van
> Afrikaanse letterunde - ek wil byvoorbeeld weet watter boeke FA Venter
> almal geskryf het. Mieskien kan ons so informele lys hier op die
> nuusgroep begin en dan die resultate vir iemand gee om op 'n web page
> te sit.
> Ek besit
> Geknelde Land (1960)
> Offerland (1963)
> Die Ou Man en die Duif
> Swart Pelgrim (1952)

Simon
Ek het op my rak ook nog die volgende, maar daar is sekerlik nog waarvan ek
nie weet nie:
Gelofteland (1966)
Die Drosters (1952)
Die Koning se Wingerd (1984)
Bedoelde land (1968)
Kambrokind (1979)
Die Tollenaar (1955)
Man van Cirene (1957)
Werfjoernaal (1965)
Wit Oemfaan (1965)
Die Rentmeesters (1969)
Die middag voel na warm as (1974)

Ek het nie geweet van Die Ou Man en die Duif nie! Ek het die datums van
publikasie ingeskryf vir ingeval dit bruikbaar is.

So 'n paar interessanthede: Hy het in 1961 die Hertzogprys vir prosa ontvang
vir Swart Pelgrim en Geknelde land en in 1982 die Ruitertrofee van die SA
federasie van Rapportryerskorpse vir Kambrokind. Die Universiteit van Port
Elizabeth het die eregraad D.Litt in 1981 aan hom toegeken en hy was lid van
die Maatschappij der Nerdelandse Letterkunde.

Ek hoop dit help met die lys

Piet
Vorige onderwerp: de Kat op die Web
Volgende onderwerp: F.A. Venter se boeke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 20:20:11 MGT 2024