Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die "waarheid" volgens Gloudina
Die "waarheid" volgens Gloudina [boodskap #21794] Mon, 15 March 1999 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net> wrote:
>
>
> Die "waarheid" is dat 'n klomp skurke
> nes geskop het in my vaderland.

Nie 'n baie belowende begin nie. 'n Vriend van my (Pedi) maak byvoorbeeld
die stelling "The ANC are thugs" Engels: to envy, be jealous met verwysing na intimidasie in die
verkiesing. Bantu Holomisa het, heel veelseggend, daarop gewys dat, in al
die politieke geweld in die land, die ANC die een gemeenskaplike faktor is.

Is die "klomp skurke" waarna jy verwys dalk die ANC, Gloudina?

> Dit
> het nie om "apartheid" gegaan nie.
> (Hoeveel apartheid was daar wel?)

Nou waarom verwys jy dan na "apartheidsvarke"?

> Dit het gegaan oor mag, brute oorheer-
> sing van 'n klomp witvelle oor die
> 80 persent van die bevolking wat nie
> "wit" was nie. Brute terrorisering
> van witmense wat nie met hulle saamge-
> stem het nie. Dis die waarheid oor die
> apartheidsvarke in SA, en jy kan praat
> tot jy blou in die gesig is, en jy sal
> dit nie kan wegpraat nie.

_Alle_ politiek gaan oor mag, Gloudina. So wat probeer jy sê?

En moenie vir
> my kom vertel dat daar Nasionaliste
> was wat geweet het verandering moet kom,
> en "daarvoor gewerk het" nie. Hulle moes
> liewer hulle wapens opgeneem het en die
> duiwels in die see gedryf het.

Agge sjym. Soos jy gedoen het?

Daai spul nasionaliste (waarvan ek nie een is nie) het 'n damn site meer
gedoen as jy in jou Kanadese staat van morele meerderwaardigheid.

En nou weet ons nog niks meer as tevore van die "waarheid" wat jou man aan
jou opgedwing het toe hy jou verbied het om jou vooroordele te bevraagteken
nie.
Vorige onderwerp: Afrikaans by die Technikon
Volgende onderwerp: briefie vir oom kaspaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 24 05:39:16 UTC 2024