Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir oom kaspaas
briefie vir oom kaspaas [boodskap #21796] Ma, 15 Maart 1999 00:00
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
liewe oom kaspaas

ek het amper van my stoel af geval toe oom darrim vir 'n slag gereageer het.
hoe gaan dit in holland op tsanien hou ons nog yt. ek hoop nie oom moet met 'n
vinger in 'n dam wal staan om te keer lat die hollanders vir syp nie.

oom onthou seker toe oom leen dit laas gesê het ek moet vir my pa sê hy moet
'n piejoenier wees oorlat hy gemoun het oor die nat kabels. my pa sê as oom
weer vir oom leen dit sien moet oom sê hy moet lees wat in gister se koerant
geskryf is. oom ken seker die bosveld hotel annerkant ol dys. daai een waar
hille lank trig die storie vir die tiewie gemaak het. van daai tyd af wil al
die mense van jansberg gaan vakansie hou by die bosveld hotel. tot laas jaar
toe die mense van telkom vir die hele ol dys kom kabels lê het. smaak my daai
kabels was van die begin af nat want toe is ol dys se founs dood. daai oom sê
hy gaan die hotel toe maak want die mense van jansberg dink nou hy is klaar
toe oorlat niemand die foun antwoord as hille wil bespreek nie.

'n anner oom van ol dys is 'n prô fessionele jagter. laas jaar is hy jamerika
toe en het jag togte gereel vir jamerikaners wat wou kom leeus en oolfante
skiet. hille sou meer as honderd dysend dollers op ol dys spandeer. nie eers
die bank bestierder op ol dys weet hoeveel geld dit is nie. toe kan hille ook
nie deerkom met die foun nie toe gaan jag hille op 'n anner plek. daai oom
was woerend toe skryf hy vir telkom. toe stier hille vir hom 'n tjek van ag
rand om op te maak vir sy verlies. seker beter as niks.

ma' wat ek nie vir staan nie is hoe kabels op ol dys kan nat raak nie. daai
plek is nie soos tsanien nie. met die sonvloed het hille net mistige weer
gehad.

die anner naweek toe my pa hille van die olifants rivier af kom toe hou die
spietkops 'n roud blok by grevelot. oom weet mos hoe oorrag is spietkops op
'n sondag. toe kom daar 'n oom van jansberg vir by. hy is 'n jakler wat 'n
shou op palaborwa gaan hou. toe sien die spietkops hy het 'n klomp messe en
swaarde in sy kar en dog hy is dalk iemand van paggad wat moeilikheid wil
gaan maak. hy sê nee hy gebruik die goed vir sy jakkel ekt. die spietkops sê
hy moet wys toe staan hy da' langs die pad en jakkel met die messe en
swaarde. dis net toe my pa hille da' vir by kom lekker gesyp van die naweek
se kyer. toe hille vir by is toe sê my pa vir oom jon hys dêm bly die
spietkops het hom nie gestop nie want hy sou daai toets nooit gepaas het nie.

koebaai oom kaspaas, sê vir oom leen dit dis swaar om 'n piejoenier te wees as
'n mens moet jakkel met telkom se kabels

hennerietjie
Vorige onderwerp: Die "waarheid" volgens Gloudina
Volgende onderwerp: Eybers en identiteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 08:34:02 MGT 2024