Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afbeeld
afbeeld [boodskap #152246] Vr., 17 Julie 2026 18:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25848
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afbeeld
Afbreking: af•beeld
Samestelling: af + beeld


Werkwoord: beeld af, afbeeld
Verlede tyd: het afgebeeld
Teenwoordige deelwoord: afbeeldend, afbeeldende
Verlede deelwoord: afgebeelde

Betekenis:
• Om 'n beeld (gelykenis) van iets anders te wees of te gee.

Gebruik:
• Die standbeeld beeld 'n soldaat uit die Anglo-Boereoorlog af.
• Die skilder het die landskap realisties afgebeeld.

Sinoniem:
• afteken
• konstrueer
• projekteer
• reproduseer
• teken
• uitbeeld
• voorstel
• weergee
• weerspieël

Afgelei:
• afbeelder
• afbeelding
• afbeeldsel

Vertaling:
Engels: to depict, portray, represent
Nederlands: afbeelden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: agterlyn
Volgende onderwerp: suidooste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jul. 17 21:59:36 UTC 2026