Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » agterlyn
agterlyn [boodskap #152245] Vr., 17 Julie 2026 15:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25940
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
agterlyn
Afbreking: ag•ter•lyn
Samestelling: agter + lyn


Selfstandige naamwoord: agterlyn
Meervoud: agterlyne
Verkleinwoord: agterlyntjie
Meervoud van verkleining: agterlyntjies

Betekenis:
• Die agterste lyn op 'n sportveld of -baan.
• 'n Formasie van spelers agter die voorspelers in sportsoorte soos rugby en sokker.

Gebruik:
• Jy mag nie op die agterlyn trap as jy afslaan nie.
• Die skrumskakel gooi die bal na die agterlyn uit.

Afgelei:
• agterlynbeweging
• agterlynspel
• agterlynspeler

Vertaling:
Engels: back line, baseline
Nederlands: achterlijn, achterste lijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: salisilaat
Volgende onderwerp: afbeeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jul. 27 16:03:52 UTC 2026