Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » erd
erd [boodskap #152094] Vr., 03 Julie 2026 14:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25752
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
erd
Afbreking: erd


Selfstandige naamwoord: erd
Meervoud:

Betekenis:
• Grond of klei, ook voorwerpe van hard gebakte klei.
• 'n Glasagtige deklaag op metaal; emalje, enemmel.

Gebruik:
• Die blompot is van Delftse erd gemaak.
• Elke keer as die kastrol val, spring 'n stuk erd af.

Sinoniem:
• aarde
• grond

Afgelei:
• erdagtig
• erdebak
• erdebad
• erdegoed
• erdepot
• erdepyp
• erdeskottel
• erdeware
• erdewerk
• erdslang
• erdvark
• erdwolf
• erdwurm

Vertaling:
Engels: earth, soil, clay; enamel, glaze
Nederlands: erde


Werkwoord: erd
Verlede tyd: het geërd

Betekenis:
• Om met emalje te bedek.

Gebruik:
• Die ou skottel moet weer geërd word.

Afgelei:
• operd
• vererd

Vertaling:
Engels: to enamel
Nederlands: emailleren


Selfstandige naamwoord: erd
Meervoud: erde

Betekenis:
• 'n Vuurmaakplek in 'n huis (ongeaspireerde vorm van herd).

Gebruik:
• 'n Eie erd is goud werd. [Jou eie huis bly die beste.]

Sinoniem:
• haard
• herd

Vertaling:
Engels: hearth, fireplace
Nederlands: haard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ellie
Volgende onderwerp: alie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jul. 09 09:15:56 UTC 2026