Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kommutator
kommutator [boodskap #151889] Ma., 15 Junie 2026 17:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25504
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kommutator
Afbreking: kom•mu•ta•tor
Samestelling: kommuteer + -ator


Selfstandige naamwoord: kommutator
Meervoud: kommutatore, kommutators

Betekenis:
• 'n Elektriese skakelaar, tipies in 'n motor of generator, wat die rigting van die elektriese stroom periodiek omkeer.

Gebruik:
• 'n Kommutator word in 'n gelykstroommotor gebruik om die ankerwikkelings (via die borsels) van stroom te voorsien.

Sinoniem:
• stroomkeerder
• stroomwisselaar

Hiponiem:
• splitringkommutator

Afgelei:
• kommutatornaaf
• kommutatorvoetstuk

Vertaling:
Engels: commutator
Nederlands: commutator

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di., 16 Junie 2026 09:52]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: sakebedrywigheid
Volgende onderwerp: lugblaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Jun. 17 02:05:30 UTC 2026