| kommutator [boodskap #151889] |
Ma., 15 Junie 2026 17:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25514 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kommutator
Afbreking: kom•mu•ta•tor
Samestelling: kommuteer + -ator
Selfstandige naamwoord: kommutator
Meervoud: kommutatore, kommutators
Betekenis:
• 'n Elektriese skakelaar, tipies in 'n motor of generator, wat die rigting van die elektriese stroom periodiek omkeer.
Gebruik:
• 'n Kommutator word in 'n gelykstroommotor gebruik om die ankerwikkelings (via die borsels) van stroom te voorsien.
Sinoniem:
• stroomkeerder
• stroomwisselaar
Hiponiem:
• splitringkommutator
Afgelei:
• kommutatornaaf
• kommutatorvoetstuk
Vertaling:
Engels: commutator
Nederlands: commutator
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|