onrein [boodskap #144995] |
Wed, 10 April 2024 15:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onrein
Afbreking: on•rein
Samestelling: on- + rein
Byvoeglike naamwoord: onrein
Vergrotende trap: onreiner
Oortreffende trap: onreinste
Attributief: onreine
Partitief: onreins
Betekenis:
• Wat nie rein is nie.
Gebruik:
• Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak 'n mens onrein. [Matteus 15:11]
Sinoniem:
• besmet
• besoedeld
• bevlek
• onkuis
• onsedelik
• onsuiwer
• sedeloos
• sondig
• vuil
Antoniem:
• rein
Afgelei:
• onreines
• onreinheid
Vertaling:
Engels: unclean, impure
Nederlands: onrein
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|