bepeinsing [boodskap #144640] |
Tue, 13 February 2024 17:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bepeinsing
Afbreking: be•pein•sing
Samestelling: bepeins + -ing
Selfstandige naamwoord: bepeinsing
Meervoud: bepeinsinge, bepeinsings
Betekenis:
• Die handeling van bepeins (om iets te oordink).
Gebruik:
• Laat die woorde van my mond en die bepeinsing van my hart vir U aanvaarbaar wees, Here. [Psalms 19:15]
Sinoniem:
• meditasie
• mymering
• nadenking
• oordenking
Vertaling:
Engels: contemplation, pondering, meditation
Nederlands: overpeinzing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|