kwalik [boodskap #144252] |
Tue, 26 December 2023 20:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kwalik
Afbreking: kwa•lik
Bywoord: kwalik
Betekenis:
• Ook maar net; byna nie.
• Wat iemand verwyt; die skuld gee.
Gebruik:
• Ek kan kwalik my opgewondenheid beteuel.
• Sy neem my kwalik vir die gemors.
Sinoniem:
• beswaarlik
• nouliks
• skaars
Afgelei:
• verkwalik
Vertaling:
Engels: hardly, scarcely; amiss, ill
Nederlands: kwalijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|