Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » o groot karoo
o groot karoo [boodskap #139898] Ma, 08 Augustus 2022 09:37
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
o, groot karoo
land van my jeug
ek mis jou so
as ek dink aan al die vreug’
wat ek as kind van jou kon ontvang

ja, groot karoo
so ver van hier
ek verlang na jou velde
jou plant en jou dier
wat ek as kind met jou kon deel

nee, groot karoo
ek sal nooit vergeet
die lewenslesse van my jeug
en baie ander dinge wat ek weet
wat ek as kind by jou kon leer

ai, groot karoo
uitgestrekte land
daar is aanslae van buite
op die wonderlike band
wat ek as kind aan jou kon heg

o, groot karoo
ek wil jou vra
om ook aan al die ander wat jou veld bewandel
al daardie mooi dinge oor te dra
wat ek as kind van jou kon ontvang
Vorige onderwerp: wonderkaap
Volgende onderwerp: vlugtog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 13:26:16 MGT 2024