Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » wonderkaap
wonderkaap [boodskap #139897] Ma, 08 Augustus 2022 09:36
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
wonderkaap, windkaap, pragkaap, stormkaap, hoopkaap, lieflingkaap
is slegs ‘n paar van jou vele benamings
maar op landkaarte verskyn jy slegs as
kaap van storms of kaap van goeie hoop
want dis hoe jy jouself aan die wêreld verkoop

vir die portugese seevaarders van ouds
was jy die kaap van goeie hoop
vir diaz en andere
was jy die kaap van storms
vir van riebeeck en die hugenote
was jy die kaap van goeie hoop
vir die mense van distrik ses
was jy die kaap van storms
vir die mense van robbeneiland
was jy die kaap van goeie hoop

vir die mense van die vlakte
is jy die kaap van storms
vir die onwettige immigrant uit afrika
is jy die kaap van goeie hoop
vir die buitelandse toeris
is jy die kaap van storms

maar vir my
sal jy immer die wonderkaap bly
die kaap waar die ysterwiele van kapkar en poskoets
diep spore in jou klippaaie sny
Vorige onderwerp: die vloek van die menseras
Volgende onderwerp: o groot karoo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:25:55 MGT 2024