Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die vloek van die menseras
die vloek van die menseras [boodskap #139896] So, 07 Augustus 2022 19:25
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
sy lê daar in haar wiegie aan haar fopspeen en suig
met haar sesmaande oue ogies vol vonkel vir die lewe
drink sy elke beweging, elke item rondom haar in
terwyl sy nog dom met haar handjies alles rondom haar aanraak
om so haar kennis van hierdie wonderlike wêreld te verbreed

maar dan word sy hardhandig uit haar wonderwêreld geruk
deur ‘n vreemdeling of familielid, wat maak dit tog saak
haar brose lyfie word deur geëelte hande gekneus
terwyl hy en sy makkers hulleself in haar in forseer
om daarna soos ‘n vuil lap weggegooi te word

ons kan onsself nie werklik in haar posisie plaas
die skok, die pyn - dit moet onbeskryflik wees
want selfs volwasse vroue kan dit nie hanteer

ons moet ‘n einde maak aan hierdie terreur
om ons jong meisietjies uit mekaar uit te laat skeur
deur hierdie monsters mag nooit weer gebeur
Vorige onderwerp: om mamma en pappa te mag sê
Volgende onderwerp: wonderkaap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:47:46 MGT 2024