feminisme [boodskap #139895] |
Sun, 07 August 2022 18:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20993 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
feminisme
Afbreking: fe•mi•nis•me
Selfstandige naamwoord: feminisme
Meervoud: –
Betekenis:
• Strewe om enige agterstand wat vroue ten opsigte van mans mag hê uit te wis. Die stryd vir die emansipasie van vrouens.
Gebruik:
• Feminisme gaan nie oor die afmaak van mans as vuilgoed of nuttelose wesens nie, maar geen vrou behoort as 'n man se besitting of kneg gesien te word nie.
Sinoniem:
• vrouebeweging
Verwant:
• feminis
• feministies
Vertaling:
Engels: feminism
Nederlands: feminisme
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|