Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die liefde 3
die liefde 3 [boodskap #139747] Sa, 23 Julie 2022 12:06
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
miljoene versies en gedigte is daaroor geskryf
selfs duisende boeke met baie om die lyf
en sangers het in elke taal daaroor gesing
om so die boodskap na elke mens te bring

dit laat trane van blydskap oor die wange rol
en maak ook emmers met hartseertrane vol
dit kan mense spontaan laat lag
maar is soms net so duister soos die nag

maar wat is hierdie ding wat hulle liefde noem
hierdie woord wat so oral spontaan opdoem
hierdie iets waarna alle lewens smag
en selfs bereid is om jare voor te wag

dit is die onvoorwaardelike aanvaarding
van jouself en elke ander skeppeling
en so ook van God
Vorige onderwerp: woordspel
Volgende onderwerp: vadersdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 19:07:25 MGT 2024