Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » woordspel
woordspel [boodskap #139746] Sa, 23 Julie 2022 11:15
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
jy was darem ‘n doring om met ‘n pendoring in jou voet so gou met die slang af te reken toe jy die kop kool daar in jou tuintjie aan die voet van die kop gaan haal het

jy het goed kop gehou

ek sit op die stoep en geniet my koppie koffie terwyl ek kyk hoe die arende bokant die koppie sirkel en my kleinkind met ander planne in sy koppie rondkruip

ek was heel uit die veld geslaan toe jy my vertel hoe die voëltjie die wurm van my potplant kom afhaal

ek stap in die veld en hoor oor die radio hoe afgehaal die golfspeler voel nadat sy maat die een voëltjie na die ander slaan

so loop my mond elke dag oor met dieselfde woorde daar waar ek oor die straat loop of sit en dig waar die rivier in die see uitmond

hulle klink elkeen strelend op die oor

net omdat daar nie genoeg woorde in die taal is nie
moet ek soms dieselfde woorde sê

as ek verskillende betekenisse wil hê
Vorige onderwerp: wat's fout
Volgende onderwerp: die liefde 3
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 22:21:33 MGT 2024