vakbond [boodskap #139391] |
Wed, 11 May 2022 12:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vakbond
Afbreking: vak•bond
Samestelling: vak + bond
Selfstandige naamwoord: vakbond
Meervoud: vakbonde
Verkleinwoord: vakbondjie
Meervoud van verkleining: vakbondjies
Betekenis:
• Organisasie wat die belange van werkers bevorder en beskerm.
Gebruik:
• Die vakbond eis 'n 10% salarisverhoging.
Sinoniem:
• vakunie
• vakverbond
• vakvereniging
Afgelei:
• vakbondbeweging
• vakbondeise
• vakbondlid
• vakbondlidmaatskap
• vakbondman
• vakbondorganisasie
• vakbondraad
• vakbondvastrap
• vakbondverteenwoordiger
• vakbondwerwers
• vakbondwese
• vakbondwoordvoerder
Vertaling:
Engels: trade union, labor union
Nederlands: vakbond, vakvereniging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|