inlassin [boodskap #138507] |
Tue, 30 November 2021 10:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inlassin
Afbreking: in•las•sin
Samestelling: inlas + sin
Selfstandige naamwoord: inlassin
Meervoud: inlassinne
Verkleinwoord: inlassinnetjie
Meervoud van verkleining: inlassinnetjies
Betekenis:
• 'n Sin wat (buite sintaktiese verband) in 'n ander sin geplaas is om ekstra inligting te verskaf.
Gebruik:
• 'n Inlassin kan tussen kommas, tussen aandagstrepe of tussen hakies gesit word.
Sinoniem:
• parentese
Vertaling:
Engels: parenthesis
Nederlands: parenthese
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|