radon [boodskap #131653] |
Tue, 16 June 2020 08:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
radon
Afbreking: ra•don
Selfstandige naamwoord: radon
Meervoud: –
Betekenis:
• Chemiese element in die periodieke tabel met simbool Rn en atoomgetal 86.
Gebruik:
• Radon is 'n radioaktiewe edelgas wat deur die disintegrasie van radium gevorm word. Dit is een van die swaarste gasse en word as 'n gesondheidsgevaar beskou.
Afgelei:
• radonatoom
• radonbestraling
• radongas
• radonstraling
Vertaling:
Engels: radon
Nederlands: radon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|