ateïs [boodskap #130500] |
Wed, 25 March 2020 18:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ateïs
Afbreking: a•te•ïs
Selfstandige naamwoord: ateïs
Meervoud: ateïste
Betekenis:
• Iemand wat glo dat God nie bestaan nie.
Gebruik:
• As 'n ateïs het Friedrich Nietzsche 'n toekoms vir die mens gesien waarin hy, en nie byvoorbeeld God nie, sy eie waardes bepaal.
Sinoniem:
• godloënaar
Verwant:
• ateïsme
• ateïsties
Vertaling:
Engels: atheist
Nederlands: atheïst
Nota:
• Afgelei van die Griekse "áteos", "sonder God"
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|