| ateïs [boodskap #130500] |
Wo., 25 Maart 2020 18:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25940 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ateïs
Afbreking: a•te•ïs
Samestelling: a- + teïs
Selfstandige naamwoord: ateïs
Meervoud: ateïste
Betekenis:
• Iemand wat glo dat God nie bestaan nie.
Gebruik:
• As 'n ateïs het Friedrich Nietzsche 'n toekoms vir die mens gesien waarin hy sy eie waardes bepaal.
• Die ironie is as daar geen God was nie, daar ook geen ateïste sou gewees het nie.
Sinoniem:
• godloënaar
Antoniem:
• teïs
Afgelei:
• ateïsme
• ateïsties
Vertaling:
Engels: atheist
Nederlands: atheïst
Nota:
• Afgelei van die Griekse "áteos", "sonder God".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: So., 26 Julie 2026 19:58] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|