Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sout
sout [boodskap #126761] Di, 25 Junie 2019 20:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19205
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Soutkristal.
'n Soutkristal.
sout
Afbreking: sout




Selfstandige naamwoord: sout
Meervoud: soute

Betekenis:
• Alledaagse naam vir tafelsout (natriumchloried), 'n wit stof wat vir smaak in kos gegooi word.
• (chemie) 'n Verbinding wat uit 'n metaal en 'n suur bestaan.
• Een van die hoofsmake.

Gebruik:
• Die kos is laf, gooi nog 'n bietjie sout oor.
• Salmiak is 'n sout van ammoniak en soutsuur.
• Ek kan die sout prominent proe.

Spreekwoord:
• Ek wis van geen sout of water nie. [Ek het daar absoluut niks van geweet nie.]
• Hy het 'n sak sout met haar opgeëet. [Saam met iemand swaar gekry.]
• Hy is die sout van die aarde. ['n Deurdringende gees wat ander moet help verbeter.]
• Hy is sy sout werd. [Hy is 'n verdienstelike persoon.]
• Iets met 'n knippie sout neem. [Nie as die volle waarheid aanvaar nie.]
• Iets met 'n korreltjie sout neem. [Met voorbehoud glo; nie alles glo nie.]
• Jy moet jou sout verdien. [Iets nuttigs verrig.]

Hiponiem:
• seesout
• tafelsout

Afgelei:
• soutgehalte
• soutwater

Vertaling:
Engels: salt
Nederlands: zout


Byvoeglike naamwoord: sout
Vergrotende trap: souter
Oortreffende trap: soutste
Attributief: soute
Partitief: souts
Intensief: pekelsout

Betekenis:
• Wat sout bevat of na sout smaak.

Gebruik:
• Die vis is sout.

Antoniem:
• soet

Vertaling:
Engels: salty
Nederlands: zout


Werkwoord: sout
Verlede tyd: het gesout

Betekenis:
• Sout opgooi; met sout preserveer.

Gebruik:
Sout die biltong voordat jy dit ophang.

Vertaling:
Engels: to salt
Nederlands: zouten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sport
Volgende onderwerp: tong
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 07 05:46:29 MGT 2024