Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tong
tong [boodskap #126762] Di, 25 Junie 2019 20:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19064
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hond wat se tong uitsteek.
'n Hond wat se tong uitsteek.
tong
Afbreking: tong
Uitspraak: /toŋ/




Selfstandige naamwoord: tong
Meervoud: tonge
Verkleinwoord: tongetjie
Meervoud van verkleining: tongetjies

Betekenis:
• (anatomie) Plat beweeglike orgaan in die mond van 'n mens of dier.
• (figuurlik) Iets wat soos 'n tong lyk of daaraan herinner (landtong; tong van 'n skoen, ens.)
• Taal van 'n volk.

Gebruik:
• Die tong is die primêre orgaan vir smaak (proe), omrede die boonste oppervlak daarvan met honderde smaakpapille bedek is.
• Die strand loop met 'n lang tong in die see in.
• Die Afrikaanse tong val soet op die oor.

Spreekwoord:
• Dis op my tong. [Ek kan my net nie die ding herinner nie.]
• Hy het 'n dubbele tong. ['n Mens kan nie op hom peil trek nie.]
• Hy het 'n gladde tong. [Hy praat goed en gemaklik.]
• Hy het sy tong ingesluk. [Iemand sê geen woord nie.]
• Hy is lank van tong. [Baie skinder.]
• Sy tong slaan dubbel. [Iemand praat moeilik omdat hy dronk is.]

Afgelei:
• biltong
• tongvis

Vertaling:
Engels: tongue
Nederlands: tong
Swazi: lulwimi
Venda: lulimi; luambo
Xhosa: ulwimi
Zoeloe: ulimi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sout
Volgende onderwerp: manlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 17:39:59 MGT 2024