Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sout
sout [boodskap #126761] Di., 25 Junie 2019 20:10
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25912
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Soutkristal.
'n Soutkristal.
sout
Afbreking: sout




Selfstandige naamwoord: sout
Meervoud: soute
Verkleinwoord: soutjie
Meervoud van verkleining: soutjies

Betekenis:
• Die alledaagse naam vir tafelsout (natriumchloried); wit stof wat vir smaak in kos gegooi word.
• 'n Chemiese verbinding wat uit 'n metaal en 'n suur bestaan.
• Een van die hoofsmake wat 'n mens kan onderskei.

Gebruik:
• Die kos is laf, gooi nog 'n knippie sout oor.
• Magnesiumchloried is 'n sout van magnesium en soutsuur.
• Proe die kos soet, suur, sout of bitter?

Spreekwoord:
• Jy moet jou sout verdien. [Iets nuttigs verrig.]
• Hy is sy sout werd. [Hy is 'n verdienstelike persoon.]
• Iets met 'n knippie sout neem. [Nie as die volle waarheid aanvaar nie.]
• Hy het 'n sak sout met haar opgeëet. [Saam met iemand swaar gekry.]
• Iets met 'n korreltjie sout neem. [Met voorbehoud glo; nie alles glo nie.]
• Ek wis van geen sout of water nie. [Ek het daar absoluut niks van geweet nie.]
• Hy is die sout van die aarde. ['n Deurdringende gees wat ander moet help verbeter.]

Hiponiem:
• seesout
• tafelsout

Afgelei:
• soutgehalte
• southappie
• soutkorrel
• soutkristal
• soutlaag
• soutpan
• soutvleis
• soutwater

Vertaling:
Engels: salt
Nederlands: zout


Byvoeglike naamwoord: sout
Vergrotende trap: souter
Oortreffende trap: soutste
Attributief: soute
Partitief: souts
Intensief: pekelsout

Betekenis:
• Wat sout bevat of na sout proe.

Gebruik:
• Die sop is baie sout.

Vergelyking:
• So sout soos brem.

Antoniem:
• soet

Vertaling:
Engels: salty
Nederlands: zout


Werkwoord: sout
Verlede tyd: het gesout
Verlede deelwoord: gesoute

Betekenis:
• Om sout op te gooi; met sout preserveer.

Gebruik:
• Hy het die biltong gesout voordat hy dit opgehang het.

Vertaling:
Engels: to salt
Nederlands: zouten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 22 Julie 2026 15:15]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: sport
Volgende onderwerp: tong
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jul. 24 18:13:43 UTC 2026