Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Werkersdag (Arbeidsdag)
Werkersdag [boodskap #125532] Wo, 01 Mei 2019 13:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Gedramatiseerde weergawe van die bomaanslag op Haymarket, 1887.
Gedramatiseerde weergawe van die bomaanslag op Haymarket, 1887.
Werkersdag word in talle lande, en ook sedert 1994 in Suid-Afrika, gevier. Dit het sy oorsprong in die internasionale stryd van werkers en hul vakbonde vir solidariteit tussen werkers, hul soeke na regverdige indiensneming en regte in die werkplek.

In Suid-Afrika is werkersdag sedert 1994 'n nasionale vakansiedag wat op 1 Mei waargeneem word. Voor 1994 is hierdie dag gereeld deur vakbonde vir protesoptogte teen die regering ingespan.

Die viering van werkersdag op 1 Mei het sy oorsprong in die Haymarket-affêre van 1 tot 4 Mei 1886 in die VSA (Haymarket is 'n stadsplein in Chicago). Betogers het aangedring op 'n 8-ure werkdag, groter lone en beter arbeidsregte. Die optogte het relatief vreedsaam begin, maar het gou in 'n bloedbad ontaard. 'n Onbekende persoon het 'n dinamiet-bom na die polisie geslinger, waarna die polisie op die skare losgebrand het.

In 1888 besluit die Amerikaanse vakbondfederasie (American Federation of Labor) om voortaan jaarliks op 1 Mei optogte vir dieselfde rede as in 1886 in Chicago te hou. Die voorstel is in 1889, op versoek van Vladimir Lenin en Rosa Luxemburg, by die eerste kongres van die sogenaamde "Tweede Internasionale" te Parys aangeneem. In Amerika self vind die 1 Mei-demonstrasie slegs een keer plaas, in 1890, waarna president Cleveland die viering na die eerste Maandag van September verskuif, om te keer dat 1 Mei 'n herdenking van die Haymarket-oproer sou word.

Bron: Verskeie artikels op die Nederlandse Wikipedia.
Vorige onderwerp: Assisi
Volgende onderwerp: Assuransie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:14:11 MGT 2024