Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Assuransie (Versekering)
Assuransie [boodskap #125533] Wo, 01 Mei 2019 17:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Assuransie of versekering is 'n stelsel of middel waardeur die persoon of onderneming (geassureerde of assurant of versekerde) wat die assuransiepolis uitneem hom of sy naasbestaandes vrywaar van verlies of verseker van inkomste of van 'n sekere som geld as of wanneer 'n bepaalde gebeurtenis plaasvind. Hierdie gebeurtenisse sluit die volgende in:
• dood van die versekerde (lewenspolis);
• bereiking van een of ander leeftyd, bv. die aftree-ouderdom by 60 of 65 jaar (uitkeringspolis);
• wanneer die versekerde ongeskik raak om sy werk voort te sit en dus nie meer 'n loon of salaris kan verdien nie (ongeskiktheidsvoordele word dikwels by 'n lewens- of uitkeringspolis se voorwaardes ingesluit);
• 'n brand wat die versekerde se huis of houtbosse of ander eiendom vernietig of beskadig;
• diefstal van persoonlike besittings of bate;
• verlies van oeste weens hael en ongelukke.

Die versekerde moet maandeliks of jaarliks of in een som 'n premie aan die versekeringsmaatskappy (assuradeur of versekeraar) betaal. Die grootte van die premie hang af van een of meer van die volgende faktore:
• ouderdom van die versekerde;
• risiko waarteen verseker word;
• bedrag wat by intreding van die gebeurtenis uitgekeer word;
• of die polishouer in die winste van die maatskappy deel, al dan nie.

Indien die polis winsdelend is, word daar uit die winste bonusse by die versekerde bedrag gevoeg.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Werkersdag
Volgende onderwerp: Assurbanipal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:17:19 MGT 2024