Leksikograaf Boodskappe: 21079 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gehad
Afbreking: ge•had
Uitspraak: /χəˈɦat/, /χəˈɦät/, /χəˈɦɑt/
Werkwoord: hê
Verlede tyd: het gehad
Teenwoordige deelwoord: hebbende
Betekenis:
• Verlede deelwoord van hê. Vantevore besit; in die verlede oor beskik.
Gebruik:
• Hy het vroeër 'n safaripak gehad.
Spreekwoord:
• Nog nie nat of droog oor my lippe gehad nie. [Nog niks geëet of gedrink nie.]
• As die koningin baard gehad het, was sy die koning. [Gesê as iemand praat van "as dit gebeur het, dan sou dat die gevolg gewees het".]
• Het jy my gister gehuur, het jy my vandag gehad. [Omdat ek nie in jou diens is nie, kan jy my nie hiet en gebied nie.]
Vertaling:
Engels: had
Nederlands: gehad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.