Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » so (só)
so [boodskap #125403] So, 21 April 2019 11:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
so
Afbreking: so
Uitspraak: /suə̯/




Byvoeglike naamwoord: so

Betekenis:
• Van die genoemde aard; op hierdie wyse.

Gebruik:
So is die lewe. So iets moes gebeur.

Vertaling:
Engels: such; like this, like that
Nederlands: zo


Bywoord: so

Betekenis:
• Wys hoe iets gedoen moet word; op hierdie manier; aldus.
• In hoë mate; baie.
• Ongeveer, naastenby, min of meer.
• In vergelyking met iets anders.

Gebruik:
• Saag die plank so.
• Ek is so moeg van al die moeilikheid. Ons is so dankbaar oor die reën.
• Die vrou is so vyftig jaar oud.
• Hy is so rooi soos 'n tamatie. Sy is so maer soos 'n kraai.

Vertaling:
Engels: so, like this, thus, as, so much, just, more or less, about, approximately
Nederlands: zo


Tussenwerpsel: so

Betekenis:
• As uitroep van voldoening of verbasing.

Gebruik:
So! Dan is dit waar jy wegkruip.

Vertaling:
Engels: so
Nederlands: zo


Voegwoord: so

Betekenis:
• Indien, as.
• In dié mate.
• Daarom, dus.

Gebruik:
• Die bus is vroeg, so ons moet gou klaarmaak.

Vertaling:
Engels: if, as much as
Nederlands: zo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: volgens
Volgende onderwerp: gehad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 19:15:48 MGT 2024