Leksikograaf Boodskappe: 27162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
so
Afbreking: so
Uitspraak: /suə̯/
Byvoeglike naamwoord: so
Betekenis:
• Van die genoemde aard.
Gebruik:
• So 'n man verdien 'n medalje.
• So is die lewe, so is die lot.
Vertaling:
Engels: such; like this, like that
Nederlands: zo
Bywoord: so
Betekenis:
• Wys hoe iets gedoen moet word; op hierdie manier.
• In 'n hoë mate; baie.
• Ongeveer; naastenby; min of meer.
• In dieselfde mate of graad as iets anders.
Gebruik:
• Saag die plank so.
• Ek is so moeg van al die moeilikheid. Ons is so dankbaar oor die reën.
• Die vrou is so vyftig jaar oud.
• Hy is so rooi soos 'n tamatie. Sy is so maer soos 'n kraai.
Vertaling:
Engels: so, like this, thus, as, so much, just, more or less, about, approximately
Nederlands: zo
Tussenwerpsel: so
Betekenis:
• 'n Uitroep van verbasing of tevredenheid.
Gebruik:
• So! Dan is dit waar jy wegkruip.
Vertaling:
Engels: so
Nederlands: zo
Voegwoord: so
Betekenis:
• Om dié rede; daarom; aldus; gevolglik.
Gebruik:
• Die bus is vroeg, so ons moet gou klaarmaak.
Vertaling:
Engels: so, therefore, consequently
Nederlands: zo
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.